etiket’s illegitiem

  • 0

virre taal w’t superioriteit v’rsinn’beeld’t,
kultureel, “ras”-dominansie g’spieëlbeeld’t,
v’rhef’s tot staats-, kerk-, Sondagskooltaal,
lyk kans’p Afrika-status nu taaml’k skraal

kanti, waar ’n wil’s, dáá’s ’n weg, hef-aan lê voor,
sou Afrikaanses’l skaar by anti-“isiBhulu”-koor,
sosio-linguïsties nie somm’rso gat moed v’rloor,
rykdom, skatte, in moed’rtaalargiefplek g’stoor

m’t inagnem’ng v’n pejoratief, kwetswoord,
eksploitasie vanne taal, oneties, ong’hoord,
minn’rheid, ytie minn’rheid, met’t akkoord

ironies hou struktuurg’weld Afrikaans só in stand,
in ghetto, buitewijk, lokasie, dwarsdeur die land,
“isiBhulu”(-etiket) illegitiem, in linguïsties v’rband

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top