Goeiedag.
Jare lank pleit ek dat ander se harte gerespekteer moet word - ongeag hul geloof of ongeloof; wete of bewusteloosheid ...
Hier is egter 'n handvol toegewyde misantrope wat duidelik in hul patologiese staat van narsisme nie 'n benul het hoe van toepassing hul kritiek eintlik op hulself is nie.
Sensuur is altyd 'n werklikheid - selfs in die vryste omgewings van spraak. Daarom is ek ook dankbaar vir ons Webvoete wat wel sensuur toepas waar ookal hulle dalk meen 'n ander se menswaardigheid geraak word.
Maar wat kan as 'n standaard daarin geken word?
Ek het werklik vrede wat enigeen glo of nie glo nie; weet of nie weet nie ...
Redelikheid, is egter 'n hoeksteen in enige beskawing. Daarom is dit 'n absolute noodsaak dat enigeen hul rede vry van enige bespotting of neerhaling mag voer.
LitNet is sekerlik een van die bruikbaarste plekke vir sulke geleentheid. Op die keper beskou ontstaan egter geheel 'n ander prentjie.
Gedurig word ander se geloof deur sogenaamde ware gelowiges verdag gemaak. Toegewyde Godsdiens ondermyners, sal ook nie eens 'n tienerdogter se belydenis hul naakte haat hier spaar nie. Dan is daar die slimjanne wat enigeen wat hul erfenis ag as sogenaamde gekkegrensers sal beledig, net om in die volgende asem te kerm omdat hulle byvoorbeeld linkse apologete vir moord en Anglofiele genoem sal word.
Persoonlik is ek oortuig daarvan dat enige redevoering wat ander kan beledig, summier verbied moet word.
Ware gelowiges veroordeling en verdagmakery van ander se Godsdiens is nie net onwettig in Suid-Afrika nie, ek dink ook dat dit aan beskaafde norme gemeet by LitNet verbied moet word.
Dis egter geheel beskaafd as 'n ware gelowige gewoon hul redevoer byvoorbeeld waarom hulle die Bybel as Jesus Christus (die Woord van God) verheerlik - sonder om ander gelowiges of ongelowiges daarby te betrek. Dis ook ewe beskaafd as enige ander gelowige en ongelowige gewoon hul redevoer waarom hulle nie die Bybel as Jesus Christus (God) verheerlik nie - ook sonder om die Bybelaanbidders daarmee te krenk.
My belydenis ingevolge ook artikel 27 van die Nederlandse Geloofsbelydenis van 'n heilige algemene of katolieke (met 'n klein k) Kerk, is byvoorbeeld reeds menigmaal en blatant as my eie versinsel bespot. Dis verkeerd aangesien geen waardige rede gevoer word waarom artikel 27 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, alleen en as iets besonder aan my toegedig word nie. Die bedoeling van sulke sinici is dus duidelik om my persoonlik te probeer kwets.
Dieselfde omtrent my vraag rakende die sinici se aanname dat die Britte se segregasie, kwansuis van apartheid in ons geskiedenis sou verskil. In antwoord daarop is daar reeds duidelik baie moeite gedoen om gewoon net die Boere te beledig.
Die lys is eindeloos lank ...
Die Bybel is egter baie duidelik oor hoe ek myself hier moet toewy.
Soos daar geskrywe staan:
Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees; met behoud van 'n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster (uit 1 Petrus 3)
As nederige kind van die HERE, bely ek heelhartig my skuld hieraan aangesien ek beslis hard geraak het hier en daar. Ek handig dus hierdie kennis uit die Bybel aan enigeen wat deur myself, of enige ander onder 'n dekmantel van Godsdiens, hulself probeer befaam ten koste van 'n ongelowige of ander gelowige se waardigheid.
Ek is egter steeds ook oortuig dat die vlak van argument voering op die werf, tans ernstig patologies van aard is.
Ek het my riglyn uit die Skrif, maar wat van diegene wat nie die Bybel as 'n maat in hul lewens aanvaar nie en roekeloos hul laster saai?
Hier is beslis enkele nie- gelowiges wat 'n vlak van opvoeding handhaaf wat deur min gelowiges geëwenaar kan word!
Maar wat van die res?
Is enige van die ongelowiges en ander gelowiges hier ook bereid om die uitdaging te aanvaar en te wys dat hulle dieselfde vlak van beskaafdheid sonder 'n Bybel in die openbaar omtrent ander se harte kan handhaaf?
Wel, ek trek vir myself ook die lyn net hier en gun enigeen juis hierdie lat om my goed mee te wetter as hulle wil, of meen dat ek hard en gewetenloos my redevoer!
Heilige Maria, moeder van God, bid vir ons sondaars - nou, en tot in ewigheid.
Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke, Boere en Afrikaliefde,
Cornelius Henn


Kommentaar
Hierdie doen jy soos klokslag.
Foeitog, waar kan Mamma vir seuntjie 'n pleistertjie plak?
Ek bemerk hier 'n erge graad van paranoia.
Beste Angus, ek is werklik dankbaar dat jy ook Wouter Ferns en Chris Dippenaar se vervolgingswaan bespeur! ... wyl die slimjanne graag ook vir jou wil dink, jy duidelik een van die intelligente belangstellendes op die werf is ... die punt is dat nie een van Wouter Ferns se aantygings hierbo waar is nie - of altans - nie een daarvan kan met 'n woordelikse aanhaling (verbatim) gesteun word nie ... dis alles veronderstellinge uit sy vervolgingswaan (paranoia) gebore - veral rakende sy status! ... siestog ... dis ook hartseer om die stryd te aanskou wat 'n patologiese narsis moet voer om hulself in hul geskel te lees ... ek hoop egter wel elders geleentheid te kry om aan die denkendes die geleentheid te bied om Wouter Ferns se aantyginge VERBATIM te staaf ... intussen bely ek as 'n Godsdienstige, my moraal aan menige heilige Skrif en kan ek met oorgawe daaraan verantwoordelik gehou word ... Angus, as 'n uitgesproke godslasteraar; waaraan word jou moraal en sedes bepaal? ... dis tog duidelik dat Chris Dippenaar en Wouter Ferns, geen sulke verwysing in die bepaling van hul moraal ken nie ... Namaste! ... Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke, Boere en Afrikaliefde, Cornelius Henn
Ek verwys voorts en na slegs enkele van al die ongegronde aantygings deur Wouter Ferns hierbo hierin: https://www.litnet.co.za/Article/brief-n-veldtog-vol-modder ... dis onmoontlik en hoegenaamd nie moontlik om op al Wouter Ferns se leuens te reageer nie ... indien daar enigiets is waaroor enige ander belangstellende my wil bevraag, sal ek dit met die grootste liefde verantwoord ... Cornelius Henn
Beste Cornelius,
Beste Angus,
Jy is verkeerd rakende jou veronderstelling omtrent die woord "uitgesproke".
Jy tik: Ek [Angus] sal graag wil weet hoe daarby uitkom dat ek 'n godslasteraar is, en nogal "uitgesproke" daarby. Wat vir 'n ding is is 'n "uitgesproke godslasteraar"? Sover my kennis van die Afrikaanse grammatika strek, is "uitgesproke" die verlede tyd van "uitgespreek" soos in 'n uitgesproke woord. Miskien moet Jan jou Raps want jy dink aan "outspoken".
Angus, dis algemene kennis dat die werf se slimjanne 'n sterk afkeur aan woordeboekverklaringe het aangesien sulke standaard hul sogenaamde gawes om te interpreteer ondermyn. Ek steur my egter nie aan sulke patologiese egotjies nie en deel die volgende verklaring uit die woordeboek om my bedoeling te verklaar:
uitgesproke; =ner, meer uitgesproke; =ner ~, =nste, mees uitgesproke; =ner ~. 1. Soos uitgespreek. 2. Openhartig, niks verbloemend, reguit. 3. Taktloos gesê. uitgesprokenheid.
Enige deel aan hierdie verklaring pas my bedoeling.
Jy tik ook: 'n Godslasteraar kan ek [Angus] ook nie wees nie, want God is die karakter in 'n fiktiewe verhaal. Sou jy dit ook as laster beskou as ek Hamlet se karakter uitmekaar trek?
Angus, kon jy al bewys dat God nie bestaan nie en bloot 'n karakter in 'n fiktiewe verhaal is?
Derhalwe, indien jy Hamlet in iemand se gesig bespot wat met hul hele wese in Hamlet se bestaan glo, dan sal dit gewis laster wees. Dis ewe laakbaar om ander se kultuur te bespot net omdat jy nie die werklikheid daarvan deel nie.
Jy vra ook: Sou jy [Cornelius Henn] dit as laster beskou indien dit wat ek sê, die waarheid is, soos bv dat die God-karakter nie liefdevol is nie, maar wreed?
Weereens Angus, jou waarheid is 'n ander se leuen - en omgekeerd. Dit hang natuurlik ook af met wie jy jou redevoer.
Elkeen is by 'n ander mylpaal in die lewe en wyl ek meer as mans genoeg is om jou godslasterlikheid te hanteer, 'n dertienjarige dogter wat die moed het om haar belydenis in die openbaar te deel, maklik gekrenk kan word deur "manne" soos jy en Chris Dippenaar. So is daar ook verseker ander wat graag hier sou wou deelneem maar jeens jou, Kobus de Klerk, Chris Dippenaar en ander lasterlike sinici taktloosheid (uitgesprokenheid), sal hulle dit nie waag nie.
Jy tik ook: Buitendien is daar nie wetgewing wat die sogenaamde godslaster verbied nie; daar is so iets soos vryheid van spraak.
Angus, dit bewys juis jou kinderagtigheid en bewusteloosheid. Het jy in iedergeval 'n wet nodig om jou te beheer?
Google gerus die volgende aanhaling en leer iets daaruit: "Every person has the right to religious dignity, which includes not to be victimised, ridiculed or slandered on the ground of their faith, religion, convictions or religious activities. No person may advocate hatred that is based on religion, and that constitutes incitement to violence or to cause physical harm."
Lees ook paragraaf 4(f) hierin: http://www.iclrs.org/content/blurb/files/MalherbePaper, South Africa revised.pdf met aandag, ook die voetnotas daarin.
Jy tik ook: My [Angus se] moraal en sedes word deur my menswees bepaal, beslis nie deur onderhorigheid aan gode, wat per slot van rekening tog maar net die skepping van die menslike verbeelding is; en beslis nie deur wat in 'n immorele boek voorgeskryf word aan Christene nie.
Angus, ek wil dit graag respekteer. Gee my rede daarvoor. Intussen is jou uitgesproke minagting vir ander se geloof, gewis nie 'n moraal of sede in jou menswees wat my aanstaan nie.
Namaste!
Cornelius Henn
Beste Cornelius,
Hello Angus
Cornelius moet vir ons 'n enkele voorbeeld gee van 'n morele waarde wat uniek Christelik is en dan verduidelik hoekom dit nie bespot of ondermyn mag word nie.
Beste Angus,
Ek is bly dat jy wel die betekenis aan die woord "uitgesproke" kon agterkom.
As jy wil, lees gerus my beskouing dan omtrent jou godslasterlikheid "wat uitgespreek, geuiter, is" ... alhoewel ek vrede met die res ook het (ek onthou ook nie juis dat ek myself ooit as 'n taalpuris voorgegee het nie).
En dan; wat laat jou dink dat ek dink dat jy sou seg dat jy Hamlet gaan bespot?
... hahahahahah!!! ... tog aardig ...
Nietemin, dit het niks met die onderwerp te make nie...
Derhalwe, as God elders in jou aansprake kwansuis nie bestaan nie, waarom wil jy "bewys dat hy wreed is, dat hy smag na menslike aanbidding, ens"?
Angus, jy verwar my beslis ook met jou strooipoppe wat die Bybel as die Woord (God) verheerlik.
Jou verwysing na my as " bybel-onder-die-arm (Maar ook net as dit jou pas.) ", is kleinlik.
Nes my gebruik van woordeboeke en ander bronne as 'n verwysing, "cherrypick" ek uit enige heilige Skrif op aarde as genade uit die hand van ons almal se Skepper, en om my ervaring daarmee te verklaar. Elkeen is by 'n ander mylpaal in die lewe, en het volreg om my dit na te doen.
Geen heilige Skrif is belangriker as jou hart in die liefde en genade van ons Skepper nie.
Angus, jou waansin om ENIGE iets omtrent ons Skepper te probeer bewys, is dieselfde as die ware gelowige Kobus de Klerk wat God as 'n instrument in sy sogenaamde spirituele intelligensie probeer voorhou.
Gelowige en ongelowige sinici, is gewoon twee kante van dieselfde munt.
Minagting vir ander se geloof of ongeloof, is steeds nie 'n moraal of sede wat ek aan jou sal bewonder nie.
Nederige groete,
Cornelius Henn
Beste Angus, soos gewoonlik het Chris Dippenaar nie die moed om my te vra nie en daarom kruip hy so in by jou ... ek weet ook nie of jy regtig in 'n antwoord daarop sou belangstel nie ... nietemin, ek sal met graagte daarop antwoord indien enigeen my daarvoor vra ... nederige groete, Cornelius Henn
Beste Cornelius,
Beste Angus,
Ek maak altyd 'n punt daarvan om enige belangstellende en/of deelnemer se kommentare en bydraes weldeeglik te lees; enersyds uit respek, andersyds ter wille van myself.
Ek het 'n leeftyd se behoefte om minstens 'n uur per dag nie-fiksie te lees, en minstens nog 'n uur myself in Godsdiens te wy.
Die Bybel is deel van vele heilige Skrifte waarin ek myself verdiep / die werf deel van my toewyding in die onderwerp.
Nodeloos, dog teleurgesteld om te seg; meeste kommentaar en bydraes hier neig na fiksie.
Angus, ek het werklik vrede met jou ongeloof. Jy het ook geen verpligting om jouself daarin te verduidelik nie. Ek het ook geen behoefte om jou, of enige ander te oortuig nie.
Ek deel my redes en waarom ek bepaalde beskouinge huldig. Een daarvan is my vaste vertroue daarin dat God alleen geloof in elkeen se hart bewerk.
Wat my wel raak is die drang van onderdrukkers wat so graag ander se vrede en harte (waardigheid) wil ondermyn deur dit gedurig te bespot en verdag te probeer maak. Hierin het Chris Dippenaar reeds bewys dat hy selfs nie 'n kind se hart sal spaar nie.
Sulke onderdrukkers is wat my betref ook maar een en dieselfde as enige ander misdadiger wat nie 'n ander se aard en bestaan respekteer nie, en daarop inbreuk maak.
Jy het al voorgegee dat jy deur ware gelowiges geminag is in jou lewe.
Maar hoekom jou so wreek op ander wat jou niks gedoen het nie, en hul geloof in God so hard wil bespot?
Ek kan jou 'n brief gee dat daar menige is wat van slegte ervaring met ateïste sal kan getuig.
Eweneens, ek jou verseker dat ek ook reeds 'n weersin en uit ervaring aan besigheid mense met bybels-onder-die-arm het.
Dit alles tersyde: hoe bewys jy dat God 'n fiktiewe karakter is? Wat weet jy van 'n ander se hart en/of ervaring? Wat weet die wetenskap van die mens se bewussyn? ...
'n Wyse mens het op 'n dag geseg: om die VERSTAND te onderrig wyl die HART nagelaat word, is dwaas.
Namaste!
Cornelius Henn
Beste Cornelius,
Beste Angus,
Ek is gewis nie 'n "Christengelowige" nie.
Ek herhaal my absolute medelye met jou (dis ook glad nie iets besonder nie aangesien sulke respek, algemene Katolieke katkisasie is).
Elkeen van ons is by 'n ander mylpaal in die lewe. Ek wil jou weereens verseker dat ek ook al nes jy vir my geloof, en ongeloof bespot is (veral aangaande sekere politieke aspirasies van die Gereformeerdes).
Derhalwe is dit algemeen bekend hoe ek reeds jare lank vir my rede deur sogenaamde ware gelowiges en ongelowiges skande probeer doen is (lees gerus net die kommentare by hierdie bydrae van my).
Daarom ook my ooreenstemming gegrond op my ervaring grotendeels met jou.
Angus, indien ek ooit gevra sou word om 'n mosie te aanvaar waarin gestel word dat godsdiens die samelewing ondermyn, dan sal ek dit in die letter van sulke aanname so doen. Godsdiens, het werklik geen ideologiese funksie wat my betref nie. Daarom ook my sekuliere Godsdiensbeskouing en deelname aan gemeentes waar Kerk en Staat geskei word.
My pleit is egter waar Godsdiens 'n enkeling se wese raak, dit in alle opsig gerespekteer moet word - ongeag enige gebreinspoelde slimjan of sogenaamde ware gelowige se minagting daaromtrent!
Sodra jy egter vir my kan bewys dat die mens se algemene en individuele spiritualiteit iets onsinnig en skadelik is, dan sal ek erken jy wel meriete in jou ondermyning en bespotting daarvan het.
Intussen ywer ware gelowiges en ongelowiges hulself lustig daarin om op 'n erge selektiewe manier almal se spiritualiteit behalwe hul eie verdag te maak. Die werf se "liewe Trienie", is ook reeds op rekord waar sy selfs tot "geesvervulde trane" gedryf is met die klug "Lilly White Wouter Ferns" se minagting vir ander se geestelikheid - behalwe kamstig haar en Kobus de Klerk se soort spirituele intelligensie!
Die feit dat jy ook 'n spirituele sy aan jou wese het, nodig mos respek vir ons almal se Gees daarin - welke God daarin vir jou geopenbaar is of nie (dis byna nes 'n heer 'n dame kan respekteer sonder dat hy presies dieselfde anatomie het).
Angus, dis gewis ook nie fiksie dat daar gees gevang kan word met iets soos spiritus nie. "If all else fails", probeer dit (verkieslik 'n goed veredele vorm daarvan) en ervaar jou sinryke sielelewe waarvolgens jy alles terug kan bring tot 'n verskyningsvorm van jou eie geestelikheid. Ek weet van 'n hele paar Bergies wat ewe geestesskerp nes jy die Bybel ken, sulke raad ter harte geneem het en vandag maklik selfs die vroeëre Kobus de Klerk en sy meelopers se spirituele intelligensie in groot vreugde en geloofstevredenheid sal oortref!
Die punt is: die mens is 'n spirituele wese en elkeen se menswaardigheid daarin moet gerespekteer word - nes enige ateïs (spirituele opgedroogte?) se gemiddelde intellek en veeleisende dikvelligheid (slimmigheid) ook gerespekteer behoort te word.
Die werklikheid wat ek in my hart ervaar en beleef is absoluut God se genade. Daarom kniel ek nederig daarin met gebed en bid dat Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe en die hele wêreld sal seën - en dat God, self in elkeen se hart sal openbaar ...
Katolieke groete,
Cornelius Henn