Lank, lank gelede ...
Nes Raponsie, het elkeen van ons 'n droom wat wel eendag waar sal word.
Baie van my drome het al waar geword.
Dis altyd lekker om te droom en diep daaroor na te dink.
Anders as wraak en haat, is 'n droom 'n reënboog vol belofte met goeie vooruitsig wat jy aan jouself en jou medemens bring.
Drome is 'n kosbare kleinood in die eng wêreld waarin ons leef.
Deel dit altyd met liefde aan al jou geliefdes om jou.
Mag elkeen se drome waar word!
Cornelius Henn


Kommentaar
Dit was onafwendbaar, ek moés die ironie raaksien: Cornelius "boeregroete" Henn gebruik waaragtig 'n direkte vertaling van Martin Luther King se "I have a dream..." toespraak as opskrif vir sy brief. "Boeregroete" parafraseer 'n Amerikaanse swart burgerregte leier. Kan jy nou meer!
Dirk Rigter, die werklike ironie is natuurlik hoe linkse gekkegrens kruipers soos jy gedurig sentimente soos "ek is lief vir jou" en "ek het 'n droom", aan die een of ander ekstreme en fundamentele probeer verdag maak ... ja, jou maatjies Wouter Ferns en die trotse dekadente promiskue volbloed Afrikaner Jaco Fourie, het lankal reeds 'n stryd om hul lapelle om my nek te hang ... my Hindoe, Moslem, Jood, Katoliek, Anglikaan, Boeddhistiese en Afrikaliefde, sal jou verseker ook van stryk bring ... veral die feit dat ek elke leier van meneer FW de Klerk, doktor Hendrik Verwoerd, Generaal Jan Smuts tot by Oom Paul Kruger verby, se besondere eienskappe respekteer ... voeg daarby leiers soos Nelson Mandela, Cyril Ramophosa, en veral ons geliefde emeritus aartsbiskop Desmond Tutu, en dan sal jy seker jou koerant waaruit jy so gebreinspoel word moet neersit en 'n oomblik probeer nadink voor jy jou twak plak ... dis egter hartseer om te sien hoe jy jou lafhartige ergerlikheid en onthutstheid hier kom uithaal het ... ek hoop jou weldra geleentheid elders te gee om die onderwerp onder 'n gepaste hoof te bespreek ... Boeregroete, Cornelius Henn
'n Wyse hart het op 'n dag geseg: If your actions inspire others to dream more, learn more, do more and become more, you are a leader ... dis ook my boodskap in 'n bottel wat ek in hierdie oseaan van haat pos met die hoop dat dit wel eendag die regte hart sal vind ...