een woord

  • 0

miernes v’n b’dryw’gheid, kapitaalmark, beurs,
finansieel b’wys, wie ferm, hier’p Aarde heers,
wie in werkl’kheid pas v’n vooruitgang b’paal,
wie’s v’rantwoord’l’k v’r volksmoord, wie faal

Afrika-status v’n Afrikaans noggie erken,
taalstryd’r via eige onv’rmoë vasg’pen,
staat “Vryheid”, grafittieus, tenie muur,
v’r TB, VIGS, “ras-klas”, glattie ’n kuur

sjeld makie kromgeid reg, heel g’n niks,
t’min g’niet “Groot Saal-effek”, v’n Kiks,
kapitaal’s illegitiem vrot, doer ytie kruks

meerd’rheidslot deur minn’rheid g’n’geer,
submissiwiteitsmentaliteit’s nu onb’sweer,
kan Mens banja yt daai een woord yt leer

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top