Drie pogings

  • 3

Dagsê Varkspek en Trienie

Hier is drie van my pogings.

Groetnis
Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • Jan Rap

    Jinne werklik!? Dis mooi. Gelukkig (of ongelukkig vir sommige) het jy onthou om jou naam onderaan dood te trek. Die skildery met die windpomp spreek vir my van ruimte tog rus. Die een met die ploegskaar van doelgerigtheid tog voorspoed, aangesien die perde blink en die boer netjies aangetrek is. Die derde een bring 'n frons: iets onheilspellend. Is daar 'n verwagting van reën? Die gras voor is droog en dor ...

    Dankie.

  • Jan,

    Ek is geen groot kunskenner nie, maar ek sal dit darem waag om te sê dis heel skaflik. Kan net nie sien hoe kom die twee perde vas aan die ploeg nie.

    Groete,

    Varkspek

  • Jan, ek hou hiervan - van al drie. Dit help seker ook om kalmte in jou gemoed te bring. Beste wense.

    George

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top