saam jonk op Stellies, vol vonk,
g’kui’r by Oom Tas, papsak blou,
hetty ons liefde uithuis’g g’hou,
t’dikw’ls wassie lovers fisies dronk
sup’r-sado-masochisties int’rtrou g’knou,
solied agt’r goedkoop hedonika g’skaar,
jy my nogtans nog soos gist’r onthou,
selfs erg’ns skelmpies ’n foto b’waar
want is yt jou beeld w’t’k drome bou,
via dik-’n-dun bly jy my déjà vu vrou
Jacobus Faasen

