Dis verkeerd om te sê slegte goed is nie nou meer apartheid se skuld nie …

  • 2

… want dit sou beteken daar wás op 'n kol iets leliks wat wel (sogenaamde) apartheid se skuld was. Ek sê spesifiek 'sogenaamde' apartheid want met 'apartheid' word bedoel die onderdruk en uitbuit van mense deur spesifiek die Afrikaner.  Laat ek dit weer sê:  Waar die woord 'apartheid' gebruik word, soos in '... oorblyfsel van apartheid ...' byvoorbeeld, word bedoel 'bose onderdrukking van swartmense deur die Afrikaner'.  Daar was nooit so iets nie; die Afrikaner het, anders as veral die Engelse, nog nooit iemand onderdruk nie.

President Zuma, met die Marikanadebakel, het gesê daardie soort van ding het hom elke dag afgespeel gedurende 'apartheid'.  Dis natuurlik nie waar nie.  Freek Robinson, nou die dag, sê die haglike omstandighede waarin swart mynwerkers bly is 'n 'oorblyfsel van apartheid'.  Natuurlik ook 'n leuen; die myne het swart mynwerkers ingevoer omdat dit goedkoper arbeid was (daardie arme myners het skaars 'n keuse gehad) en die aard van hulle behuising was nie voorgeskryf deur die vorige regering nie.

Hierdie terloopse verwysings na 'die tyd van apartheid' soos deur Zuma, Robinson, Crous, Claassen, Du Preez en ander 'verligtes' is niks anders as propaganda nie en hoe meer hulle dit doen sonder teenspraak hoe meer word dit aanvaar as evangelie deur die publiek.  Hulle speel dit vies soos die Hollanders sal sê.

Die feit is die Afrikaner het nooit daardie soort apartheid toegepas nie (apartheid kom buitendien van die destydse Engelse regering af).  Daar was, wat genoem was 'petty'  apartheid, ook 'n oorblyfsel van die Britse goewerneurs en Smuts-hulle maar dié was lank voor 94 al van ontslae geraak.

Natuurlik was daar Afrikaners wat onnodiglik lelik teenoor swartes opgetree het maar  dis uit hoofde van 'n swak  opvoeding en nie weens die vorige beleid nie, net soos hulle lelik opgetree het teenoor mede-Afrikaners, Engelse, Hollanders of Duitsers.  Op dieselfde manier is daar dan ook Engelse, Duitsers, Belge, Hollanders, Zoeloes, Franse, Xhosas, Amerikaners, noem maar watter volk jy wil, wat lelik opgetree het teenoor 'n lid watter volk jy ookal wil noem en natuurlik onderling ook. 

Die Afrikaner het dus niks erger as die Franse, Engelse, Duitsers, Xhosas, Belge, Zoeloes ens gedoen nie so hy het niks, maar NIKS, om voor verkoning te vra of boete te doen nie.  Indien hy wel, 'om vredeshalwe', verskoning moet vra staan hy ver agter in die ry en sommer ver agter enige van die ander nasies hierbo genoem (veral die Britte).

So, vir balans (en dan sogenaamde versoening) moet die swartes dan ook verskoning vra vir hulle lelike optrede destyds (en sommer vir die teenswoordige slaggate en stukkende rioolpompe ook) en hulle moet hulle diskriminasie teen die Afrikaners staak en groot askies vra daarvoor.  Die enigstes aan wie wel 'n verskoning verskuldig is, is die bruines; hulle moes destyds nooit van die kiesersrol verwyder gewees het nie.  Die swart regering moet ook sy diskriminerende houding teenoor hulle staak en verskoning aanbied daarvoor.  Die bruines is dus die enigstes wat op regstellende aksie geregtig is.

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Ek het tot nou toe regtig gedink niémand kan Kobus de Klerk oortref met onsin skrywe nie, maar helaas, hier's dit wraggies nou. Verdere kommentaar is oorbodig. Onsinnighede soos hierdie verdien om doodgeswyg te word.

  • Daar word gesien hierdie is jou tweede poging in 'n kort rukkie en nog steeds het jy geen skaamte nie. Het jy hierdie by jou Jack Russel gehoor? 

     
    Kom by oom....
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top