My naam is Cherissa Blignaut.
Ek was 12 toe ek die boek van Dis ek, Anna begin lees het. Ja dis nie dalk vir sulke jong dogters bedoel nie, maar dit leer vir almal van ons ‘n les, dit help ons om meer dinge te verstaan, en om te weet wat in die lewe aangaan, dit help ons ook om te verstaan as so iets met iemand gebeur kan ons nie net terug sit en toekyk wat met daai persoon gebeur nie - ons moet kyk, waar ons haar/hom kan help, ens.
Ek moet sê die boek het my baie gehelp met die probleme wat ek het, wat ek nooit met iemand kon praat oor nie, ens. Maar dit het my ook geleer dat ‘n mens wys moet dink, kyk en praat. "Jy kan nie jou familie kies nie, maar jy kan jou vriende kies. So kies hulle versigtig."
Ek het die boek binne 4 dae klaar gelees, toe begin ek met Die staat teen Anna Bruwer. Dit het my 5 dae gevat toe het ek hom ook klaar gelees. Maar al wat vir my tel is dat dit jou ‘n lewensles vertel, jou help, jou raad gee, en die beste van als is dit help jou om dinge beter te verstaan. Jy kan ‘n beter mens word, dit hang net van jou af (ek meen kyk vir Anna - sy het ‘n sukses van haar lewe gemaak en sy was deur hel).
Jy moenie dat jou drome in stukke val as so iets met jou gebeur nie. Ek meen kyk waar staan Anna, sy het my gehelp, sy het van my ‘n beter mens gemaak en al ken ek haar nie persoonlik nie, het die boek my gehelp. Ek is vandag 13 en ek is beter persoon nadat ek die boeke gelees het. Ek bekommer my nie meer oor wat met my gebeur het nie, ek fokus net op die toekoms en wat vir my voor lê en wag.
Die lewe is ’n lied – geniet! Jy lewe net een keer - moenie eendag terug dink aan die ou dae en huil nie, geniet die lewe, leef dit voluit, sodat jy eendag kan terug dink aan al die goeie ou dae in plaas van die slegtes.
((Sterkte aan almal van julle wat deur sulke pyn moet gaan, maar onthou ons GOD is daar al voel dit nie so nie. Moenie selfmoord pleeg ens nie - JESUS het jou geskape vir ‘n doel om te lewe, moenie dit weg vat nie.))
Cherissa Blignaut


Kommentaar
Jinne Cherissa
Hoe wys is jy net nie vir 13 jaar oud! Kosbaar. Ek kan sommer sien jou omstandighede het jou eerder sterk gemaak terwyl jy ook deur swaar dinge dalk moes worstel?
Die twee boeke is kosbaar en verwys ek ook graag na hul in raadgewing. Ek is bly jy staan sterk en weet waarheen jy op pad is. Mag jy as voorbeeld aan ander in die skool 'n verskil maak en gereeld Jesusliefde uitdeel. Jou fokus is reg Cherissa - got for it girl!
Sterkte
Baie dankie.
Ek waardeer dit baie. Soms voel ek of daar niemand is wat my ooit sal verstaan nie om rede ek van babatyd af sonder 'n ma groot geword het. Maar die 2 boeke wat ek gelees het, het my baie gehelp. As Anna sterk kan staan en kon uithou, hoekom kan ons ook nie? Jesus het haar die krag gegee om sterk te bly staan. Al voel dit soms dat God ons nie help nie, moet ons altyd net ondou dat God daar is en ons sal help. Baie dankie aan almal van julle wat 'n verskil in 'n mens se lewe probeer maak, maak nie saak waar deur hy/sy gaan nie.
Cherissa
Ek dink jy skryf goed vir jou ouderdom. Maak jou lewensverhaal bymekaar. Eendag sal jou boek weer 'n verskil maak aan ander wat dit bitter nodig het. Mag jy van krag tot krag opgroei. Ek kan sien jy het die ware lewe gevind.
Hello Cherissa,
Beste Cherissa
Cherissa,
Wanneer jy weer voor slapenstyd jou Bybel lees, lees gerus Pred. 11:9.
Daar staan dat die Here wil hê dat jy jou jong lewe moet geniet. Daar is ook 'n maar by.
Mooi bly.
( Oom ) Raed-na-Gael
Hallo Cherissa,
Jy maak dat `n 'groot' mens weer 'humble' word.
Gaan van krag tot krag, en weet dat dit van Jesus afkom; moenie van jou pad met Hom wyk nie - anders gaan jy soos baie van ons baie hard en seer val.
Beste wense
Mea Culpa
Hi daar. Dankie vir jou bydrae. Dit laat my as ouer persoon 'n bietjie introspeksie hou. Ek kan my jeugjare baie goed onthou. Ek was besonder bevoorreg om erg lekker jeugjare te kon beleef. Ongelukkig moes ek sonder 'n vaderfiguur (pa) klaarkom. Hy is oorlede toe ek ses was. Daar was 'n termyn van so drie/vier jaar wat nie so lekker was nie, maar het daaroor gekom (14 tot 17 jaar). Almal is gou om te sê dat deesdae se kinders groter druk gehad het, is moontlik waar, maar ek glo ons het ook dieselfde emosies as kinders ervaar. Ek kan onthou, van my grootse vrese was dat my ma sou sterf en dat ons huis kan afbrand. Dit is 'n besondere voorreg om op 'n jong ouderdom die wonderllike ervaring te beleef van die liefde van Jesus Christus. Indien jy Hom as stuurwiel gebruik en nie net as noodwiel nie, gaan jy die krag leiding en kennis ontvang om die vraagstukke en probleme van die lewe te hanteer. Hy sal jou nie om probleme neem nie, maar daardeur. Hy sal jou ook nie meer beproef as wat jy kan hanteer nie. Geniet jou jongmenslewe, dit is so gou verby. Sterkte.
Om eerlik te wees, ek was nogals skrikkerig om te skryf, maar ek het my moed bymekaar geskraap en toe besluit om te skryf. My lewe is hel hier by die huis, maar ek probeer altyd my bes om dit te "ignore".
Ek is baie gelukkig met my vriende - hulle beteken die wêreld vir my. Ek sal my lewe gee om net saam hulle te wees (te bly vir altyd ook). Saam met hulle is dit asof niks saak maak in die lewe nie - "ek voel soos ‘n mens sonder probleme saam met hulle". Hulle is altyd daar vir my as ek hulle nodig het en wanneer ek hulle ook nie nodig het nie, net soos ek daar is vir hulle en hulle my met enigiets kan vertrou.
Ja nee kyk, tieners is moeilik om te hanteer. My registeronderwyser sê altyd die stadium waar tieners in gaan is: "shut up, klap die deur toe en hou bek".
Reusedwerg
Ek is rêrig baie jammer om te hoor (maar so gaan die meeste jong kinders daar deur). Jesus is my lewe. Hy is die rede omdat ek lewe dat ek ‘n "smile" op my gesig sit en my kwaad, hartseer, ongelukkige gesig wegbêre en die lewe aanvat soos dit kom. Ek weet dis moeilik om oor dit te kom as ‘n mens ‘n ouer verloor het. Ek sukkel nog steeds om oor my ma te kom en sy is al 11 jaar oorlede. En die ergste is, niemand vertel my van haar nie - niks nie. Al wat ek van haar kan onthou is dat sy op die 24 ste Junie oorlede is die aand. Ek weet nie hoe nie, ens Maar ons moet die lewe aanvat soos dit kom, want God gee vir ons nuwe krag.
Trienie
Baie dankie. Ek waardeer dit baie. Dit beteken regtig baie vir my. Soms kan ‘n mens getuig en soms nie. Maar soms moet mense weet waardeur jy as kind of grootmens gaan.
Baie dankie ( Oom ) Raed-na-Gael. Ek sal dit vanaand lees voor ek gaan slaap. Of sommer nou, en dan sal ek dit more voor die klas lees. ((X0X hugs X0X))
Baie dankie Wouter ek waardeer dit baie.
So gepraat van sielkundige - ek wil graag een word maar is nie seker of dit die regte beroep is vir my nie. Ek wil graag mense help waar ek kan met enige iets, daar wees vir hulle as hul ‘n skouer kort om op te huil. Omdat ek weet waar deur hulle gaan (omdat ek daar deur gaan as kind). Dis als reg Wouter ek verstaan darem die eng "dis baie na aan die hart".
Ek is "speech list" om die waarheid te sê dat ek ‘n grootmens weer laat "humble" word. Maar baie dankie Mea Culpa ek waardeer jou moeite baie. Ek sal nooit van Jesus se pad wil af gaan nie. Hy is my steunpilaar. "He's my ?edisine ω?eη ι'? iη ρaiη ?y ??ile ω?eη ι'? ?a∂ ?y ?aηd?er¢?!eƒ ω?eη I ¢?? aηd ?y liƒe ω?eη I ∂ie ?e¢aυse ?iνiηg ωi?? J€δ?δ is the best"
Hello Charissa,
Ek ruik 'n rot.
Maya, ek ruik ook daai rot(te). Ek aanvaar dat die twee boeke waarna Cherissa verwys gaan oor wat met 'n jong meisie gebeur wat seksueel gemolesteer word deur haar stiefpa. Plaas dat daar deur LitNetlesers praktiese raad aan Cherissa gegee word hoe om die bliksem in die tronk te kry, word daar 'ge-oe-en-ge-ah' oor sy vir Jesus gevind het. Niemand gee vir haar 'n telefoon nommer om te bel nie of stel voor dat sy met 'n onderwyser praat wie sy kan vertrou.
Liewe Cherissa,
Ek wil jou heelhartig gelukwens met die moed wat jy het om jouself op die werf te kom voorstel.
Glo my; ek het groot bewondering vir jou vermoë om jouself so wel te bewoord.
Ek is meer as vier keer ouer as jy en sal dit daarom ook geheel fatsoenlik in jou mooi maniere beskou, as jy maar na my as oom Cornelius Henn verwys.
Die rede wat ek my ouderdom aan jou noem, is sodat jy kan weet dat ek reeds 'n paar keer deur die meul van die lewe is, en het minstens al 'n keer of wat iemand soos jy se hand deur die golwe van grootword gehou.
Daarom het ek ook aanvanklik myself stilgehou in jou bydrae - want dis gewoon nie gepas vir ooms om hulself met tieners in die openbaar in te laat nie.
Oom Chris Dippenaar se verdagmakery hierbo, is egter net so verkeerd soos die veronderstelling wat hy omtrent jou pa en jou omstandighede maak.
Ek wil nie hê dat jou hart verder hier deur die modder gesleep word nie.
Ek bid dat oom Chris Dippenaar se veronderstelling hierbo, jou tog gespaar is.
Oom Chris Dippenaar lees die Bybel - tog spog hy graag hoe godslasterlik (ateïsties) hy is. Die feit dat Oom Chris die Bybel lees, maak hom nie 'n Christen nie.
Hoe maak dit dan so vanselfsprekend jou 'n slagoffer van kindermolestering, net omdat jy bemoediging uit 'n pragboek soos Dis ek, Anna vind?
Daar is menige maniere waarop kinders gemolesteer en mishandel word - seks is net een daarvan.
Dit blyk egter wel dat jy ietwat gefrustreerd in jou omstandighede is - grootword is nie vir sussie nie!
Ek lees egter nie dat jy enigeen openlik van molestering beskuldig het nie; as jy het, sou onse Webvoete nie die keuse gehad het behalwe om jou brief vir die owerhede te stuur, in plaas daarvan om dit te plaas nie.
As iemand wel so 'n misdaad teen 'n kind pleeg, moet jy asseblief ook altyd onthou dat jy die res van jou lewe het om dit behoorlik by die owerheid aan te meld. Ons land se owerhede is ongelukkig ook nie maklik te vertrou nie, daarom moet daar tyd gevat word daarmee (onthou, jy het genoeg TYD om so te doen - die res van jou lewe - want sulke kriminele misdaad verval NOOIT nie).
Die skuldigbevinding van aangeklaagdes in sulke sake is ongelukkig ook baie laag, en vernietig op die end net die slagoffers se lewe met al die tegniese prosesse daarin. Daarom is dit belangrik dat sulke sake behoorlik gebou en berekend aangemeld word. As jou lewe egter bedreig word, stap nou na die naaste vertroueling aan jou!
Jy het geen misdaad in jou netjiese brief geopenbaar nie Cherissa.
Ek hoop jy verstaan dit alles sonder om benoud te raak.
Cherissa, ek sou ook nie al hierdie met jou gedeel het, was jy nie so volwasse in jou brief hierbo nie, en had Oom Chris Dippenaar, nie sy rot hier kom sleep nie.
Die feit dat jy jouself hier in die openbaar kon vertel het, verseker my ook dat al jou tannies en niggies van jou omstandighede sal weet, en selfs al weet hulle nog nie, jy nog hierdie brief van jou op LitNet aan hulle met trots sal kan wys - sonder dat jy vreemde telefoonnommers hoef te bel.
Jy is werklik baie besonder Cherissa, daarom glo ek ook jy die kaarte wat die lewe jou nog gaan toedeel, met gemak sal kan speel.
Ek is ook dankbaar om te lees hoe Jesus jou troos, en in jou hart is.
Ek hoop ons lees nog baie van jou hier.
Onthou asseblief net ook altyd om jou privaatheid, ORAL op die Internet te beskerm.
Mooi grootword Cherissa!
Jy is pragtig!
Spesiale groete aan jou,
Oom Cornelius Henn
Cornelius, vergeet vir 'n oomblik dat jy my nie kan verdra nie.
Nes jy, het ek 'n dogter vir wie ek baie lief is. As jy 'n brief moet lees van haar, soos hierdie een hierbo deur Cherissa, hoe sou jy gevoel het? Sou jy regtig gedink het die goed wat haar pla is normale tiener-probleme?
Soos jy, hoop ek dat ek verkeerd is oor Cherissa. As ek verkeerd is, en Cherissa lees hierdie, hoop ek sy verwyder hierdie brief van LitNet se werf. As jy wil getuig van jesus, is hierdie die verkeerde manier om dit te doen.
Chris
Liewe Cherissa,
Moet jou asseblief nie aan die ooms se stryd hier met mekaar steur nie.
Oom Chris Dippenaar, nes 'n paar ander wat jy nog op jou lewensweg gaan oorkom - word kwaad as jy van Jesus getuig.
Nes 'n vuurtoring sy lig langs die see skyn om skepe hul weg aantedui, net so skyn Jesus se lig in jou hart hier op LitNet se werf.
Mag Jesus Christus onse HERE, jou hart tot in ewigheid bewaar en dit altyd so mooi laat skyn - waar jy ookal gaan.
Spesiale groete,
Oom Cornelius Henn
Hello,
Henn & Chris
Jul is verniet bekommerd oor hierdie dametjie. Lees julle nie 'tussen lyne' nie? Inteendeel, sy is alreeds besig om haar godgegewe skeppingsdoel in te stap. Let op haar stellinge:
"Sit nie terug - moet help
Vriende versigtig kies
Jy kan beter mens word
As Anna sukses van haar lewe kon maak
Kommer nie wat met my gebeur het nie - fokus op toekoms
Moenie selfmoord pleeg - Jesus gee jou doel om te lewe
As Anna kon uithou...ook sonder ma grootgeword
Lewe is hel maar 'ignore' ..." Awsome! Hierdie kind is besig om volwassewording te bereik in haar doel. Ek sien dit ook in haar 'stilbly' op julle kommentare. Mooi Charissa - ek is trots op jou!
Wouter
Jy praat van 'n "moeilike brief in nabetragting"? Het jy dan nie antwoord vir die kind? Dis eenvoudig: God laat ALLE dinge vir die mens VOORSPOEDIG uitwerk wat by Hom skuil. Ek is so opgewonde vir hierdie kind. Omrede sy alreeds ander wil begin help. Wens ek het haar by my gehad. Ons vrouekampe het mense soos sy baie nodig!
Trienie Mahne
Hello Trienie,