Dirk Rigter se raad

  • 3

Dirk het my op 'n ding gewys; ek skryf te lang briewe en my sinskonstruksie laat veel te wense na.  Ek werk daaraan.  Hier is dus 'n korter weergawe van die eerste gedeelte van my vorige brief, ek hoop dis meer verstaanbaar.  Ek sal later opvolg met ander korter weergawes van dieselfde brief.

Dinge gaan nou beroerd en hoe meer die land as 'n mislukte staat manifesteer, hoe meer word gewaande ou koeie uit die 'apartheidssloot' gegrawe.  Die rede is voor-die-hand-liggend:  Die wat bygedra het tot die totstandkoming van die huidige gemors, moet regverdiging vir hulle aksie kry.

Anders gestel; die wit regering, Afrikaners met ander woorde, word al hoe meer uitgekryt as die praktisyns van die mees bose beleid ooit.  Hierdie uitkryters is die sogenaamde liberales wat meegewerk het aan 'n swart oorname en, met einste toe daargestel en die daaropvolgende verval, soek hulle regverdiging vir die gedrog wat hulle help skep het.

Hierdie voorstelling – die onmenslike beleid – impliseer dan dat die geslag wat hierdie beleid gehandhaaf het óf onnosel was; hulle was aan die neus gelei, óf wreed was en die een is so erg soos die ander.  Verder, hierdie wrede en/of onnosel geslag, deur een of ander ingryping of iets, se kinders word toe met medemenslikhied en intelligensie gebore, vra verskoning vir hulle voorgeslag se onnoselheid en oorhandig die land aan die swartes.

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top