dié wie Naaste respekteer
(v’r Rohlihlahla)
struktuurg’weld sprei, sosiologies, wese v’n apartheid,
vul voorheen b’nadeelde m’t angs, skrik, lyd’ng, vrees,
mos moeil’k ’n Sap Skwêr binne-in ghetto-land t’wees,
onn’rworpe aan tuislandpopp’ntje se “ras”-“klas”-b’leid
Self-d’struksie v’roorsaak erge banggat-b’noudgeid,
onkund’-ontkenn’ngskunde, neo-illusie, ’t willie wyk,
ivoortor’ng-ideoloë w’l so “Duiw’lspiek”-siekl’k pryk,
nu blameer Mens Skepp’r v’r krities p’narie, krisistyd
sou Wese, wet’nskapl’k-rasioneel, G’wete oopmaak,
Konsiënsie, so v’n nad’rby, sup’r-indring’nd, b’trag,
selfs geriatriekst’r kanne nuwe triek, hofnarl’k, leer:
Millennium Drie Homo vol bravado v’r Skepp’rsaak,
dag-in-uit, na herwinn’ng, van G’wete, t’wil smag,
ko-Aardl’ng, mede-Mens, volwaard’g t’respekteer
Jacobus Faasen

