Dumela.
Vir meer as vyfhonderd jaar lank, is die mensdom deur imperialiste se meerwaardigheid mislei.
Min mense besef vandag steeds hoe massief ons pragtige kontinent werklik is.

Hierdie kaart dui relatiewe grootte van Afrika tot ander lande in die wêreld.

Die kaart hierbo is die sogenaamde Peters Projection World Map.
Dr Peters het dit in 1974 bekend gestel.
Die Ingelse het eers in 1983 hul weergawe daarvan vrygestel.
Sedertdien ontketen dit 'n storm tussen die gebreinspoelde massamedia lakeie en diegene wat vir hulself kan dink - die sogenaamde "conspiracy theorists".
Ja, 'n kaart skep wel vooroordeel as dit by die grootte kom - en die Ingelse, had nog altyd 'n liefde daarvoor om opgerolde kouse by plekke in te druk.
Afrikaliefde,
Cornelius Henn
... en o ja, glo wat jy wil - my bron is die erg alternatiewe: http://www.whydontyoutrythis.com/2013/04/the-true-size-of-africa-erroneous-map.html


Kommentaar
Cornelius, die kaart wat jy hier gee het nog steeds Europa in die middel met die tradisionele wes en oos. Verder het dit ook 'n bo en onder. Altwee hierdie "foute" het 'n invloed op ons perspektief van ander kulture: Wie is wes en wie is bo. Antropoloë is deeglik bewus daarvan dat wêreldkaarte 'n invloed het op mense se siening van die "ander", maar ek moet nog een kry wat hierdie onderwerp beskryf as 'n sameswering.
Chris, dankie vir jou meer sober belanstelling hier - nee, ek dink die sameswering kom maar uit jou eie verbeelding - nietemin, ek wou hierdie kaart ook byvoeg, maar het toe die "send" knoppie gedruk in plaas van plak: http://odt.org/Pictures/sideb.jpg
Cornelius, lees die opskrif en eerste sin van die skakel wat jy aanvanklik verskaf. Nie 'n sameswering nie? Regtig?
Nee hel Chris Dippenaar, sit neer daardie pyp ... dis wel Ingels, maar kon die woordjie "misled", jou dalk so die spoor byster gelaat het? ... wie kan tog vir ons 'n nugter en onafhanklike uitleg buite enige bron omtrent die Ingelse woorde "conspire", en "misled", gee? ...