Die verskil tussen mans en vrouens

  • 3

Dit is so dat mans en vrouens ewe knap ten opsigte van enige beroep is. Of sal ek sê omtrent enige beroep want ek was een keer in die hospitaal en ek sou dit gehaat het as daar verpleërs in plaas van verpleegsters was. Ook, in die dae toe jy nog van aangesig tot aangesig met jou sogenaamde ‘persoonlike’ bankier kon praat het ek die dames meer hulpvaardig gevind. Terloops, snaaks, die bekwaamste dames in die finansiesveld is gewoonlik die molliges, die meer gesettes, gewees.

Ewentwil en hoe dit ookal sy, daar is een GROOT verskil tussen mans en vrouens. Sal ‘n man sy vrou se ou klere gaan staan en uitdeel aan, sê, tuiniers en so aan? Sal ‘n man sy vrou se versameling leë bierbottels wat sy dalk nog in die helfte wil sny om whiskyglasies van te maak, of dalk wil gebruik as sy self begin brou, of dalk later wil probeer smelt om iets te mee maak, laat wegry? Sal ‘n man kla oor sy vrou se versameling takkies, latte en stompe van die vorige vyf jaar of so se snoeiery waarmee sy nog wil vuurmaak en dalk rustieke bankies en stoele maak?

Nog so nimmer as te nooit; mans sal dit nooit doen nie. Maar vrouens doen dit.

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • Jan, ek wil jou vriendelik dog ernstig vermaan om jou te weerhou van enige seksistiese verwysings, enige kommentare gerig op die vroulike wese en psige en sinspelings op die vrou. Jy sal die woede en gramskap van die moraliteitspolisie op jou laat loslaat. O wee jou Jan, ek sien swaarigheid. Sterkte.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top