Die probleem met Coenie de Villiers …

  • 3

… is dat hy te veel hoede dra wat tot gevolg het dat mens sy waarde as sanger miskyk. Coenie is 'n virtuoos en mens moet ver soek om iewers in die wêreld nog 'n sanger van daardie formaat te kry. Ek moet sê, ek het nie veel erg aan sy nuwer 'etniese' aanslag nie maar dis maar omdat ek al gatvol vir 'uitreik' en kamtige versoening is.

Nog sangers en musikante wat (na my beskeie mening) nie genoeg waardeer word nie is Danie Niehaus, Nico Carstens, Manuel Escorcio en Richard van der Westhuizen. Daar is nog, ek sien hulle gesigte, onder andere 'n hele paar vrouens ook maar kan nie nou aan hulle name dink nie. Daardie hoofsanger van die Campbell-broers het ook 'n besonder musikale stem; gee daardie ou meer kans en hy bereik groot hoogtes.

Daar is Johan van Rensburg toe oorlede sonder dat hy die nodige erkenning gekry het. Ons moenie dieselfde fout maak met van ons goeie sangers, sangeresse en musikante nie.

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • Is dit Johan v  Rensburg van die Musiekfabriek-faam wat oorlede is? Dit is Rina Hugo se man.

  • Coenie is een van my gunsteling-sangers. Sy lirieke lewer 'n groot bydrae tot die Afrikaanse kultuurerfenis. 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top