Die wêreldbeeld van die Westerse Mens word die afgelope twee millennium gevorm deur die Joodse-Christelike mite, Copernicus/Galileo Galilei, Marxisme en Freud, Darwin en Einstein, en in die Engelssprekende wêreld deur Anglo-Saksiese geskiedenisskrywers, en die massamedia van die VSA en Brittanje.
Die paradigma van boosheid (evil) in hierdie verhaal (narrative) in sy mees ongenaakbare vorm word voorgegee as die massa-uitwissing van die Jode deur die Nazis tydens die Tweede Wêreld Oorlog. Tydens die Nuremberg-tribunale het Goebels daarop gewys dat die Nazis eenvoudig die voorbeeld van die VSA gevolg het met lg se genocide van die Amerikaanse inboorlinge tydens die vestiging van Westerlinge in die land. Die Amerikaanse regter was onkant gevang en het geen antwoord op hierdie stelling gehad nie, en die finale rapport van die verhorings het ook geen melding hiervan gemaak nie. Dit was verwyder van die rekords.
Die grootse mite waaraan die Westerling blootgestel is na die Tweede Wêreld Oorlog is die beeld van ‘n goedgesinde, altruïstiese VSA wat die wêreld van kommunisme sou red. Hierdie gedagte was vir ons soos manna gewees maar min het ons geweet van die werklike redes vir hierdie "eerbare" houding: om hulle invloed te laat geld selfs duisende kilometers van hulle landsgrense, om hulle hande te kry op olie en strategiese materiale, en om die pad oop te blaas vir Amerikaanse korporasies en besighede. In die proses is honderdduisende gewone siviele vermoor in lande soos Vietnam, Indonesië, Brazil. Guatemale, Nicaragua,edm deur Amerikaanse ondersteunde diktators en wapens.
Eienaardig dat ‘n land met 250-miljoen inwoners, en Westerse opvoeding, voor die dag kan kom met presidente van sulke lae kwaliteit wat nie die mees elementêre kennis van aardrykskunde besit nie, en ook nie die vaagste benul het nie van die geskiedenis en kultuur van die lande wat hulle inval om "demokrasie, made in the USA" wil bring uit die geloop van ‘n geweer. Ook geen kapasiteit het om te leer uit vorige foute nie. Maar hier sien mens die invloed op beleid van n skiet-bedonderde militêr wat probleme graag wil oplos uit die loop van ‘n geweer. Goed dat Obama geen ondersteuning in Europa gekry het vir sy planne om Sirië binne te val nie, en nou kan daardie land liewer skoongemaak word van chemiese wapens onder internasionale beheer.
Die ander afskuwelike tweegesig-hipokrasie van die VSA is om die besit en gebruik van chemise wapens as ‘n rede (causus belli) aan te voer vir sy beoogde aanval op Sirië. Het die VSA al vergeet van die chemiese stowwe wat hy gebruik het soos "agent orange", en fosfor, wat deur ‘n persoon se huid kon brand tot op die been toe, en ‘n verskriklike pynlike dood veroorsaak? En wat van al die chemiese- en kernwapens wat oral in die VSA gestoor word vir moontlike gebruik in die toekoms?
Wat my opval in hierdie verhaal is die onvermoë van godsdiens per se, of die Christelike Kerk, om enige deurgewende of noemenswaardige rol te speel in die vorming van beleid volgens Christelike standaarde op die internasionale terrein nie. Aanvaar hulle dan letterlik die dictum dat jy maar Caesar sy pad moet laat gaan en ‘n blinde oog moet draai? Die ironie van die hele saak is dat in die VSA die die regsgesinde Christene, veral van die "born-again tipe" juis dié mees aggressiewe en veglustig van die hele klomp is! Hulle preek die einde van die wêreld is om die draai, en hulle wag vir Armageddon.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
... en hoe regverdig dieselfde kapitalistiese Protestante VSA en Protestante elders in die wêreld, veral na die verskriklike 911-torings, hul aliansie met Al-Queda - en dit tot die ergste nadeel van die katoliek Kerk in Sirië vandag?
Hello Pieter
Daar is dalk 'n ander rede as die een wat jy gee hoekom Goebels se stelling tydens die Nuremburg-tribunale nie in die finale verslag is nie.
🙂
Waaargghhhhhhahahahaha ... Chris Dippenaar is te bang en geveinsd om Pieter as 'n "konspiritualis" te probeer raam ... hahahahahaha!!!!! ;-)))))))) ....
Hello Chris,
Ag nee, Chris! Dankie vir jou inset maar hoekom pynig jy my só? Wat is dan die rede wat jy suggereer/insinueer?
Nou brand ek van nuuskierigheid.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Pieter
Goebels was nie by die Nuremberg-tribunale nie. Hy het selfmoord gepleeg saam met Hitler in die bunker. Jy het dalk net die verkeerde naam beet. Dis moontlik dat Göring so iets kon gesê het, maar ek is nie seker nie.
Chris
Hello Pieter et al,
Hello Pieter
Daar is 'n baie belangrike waarheid in jou bydrae hierbo wat ons altyd in gedagte kan hou: Dit is so dat die wenners omtrent altyd die geskiedenis skryf; dat die wenners grootliks moreel opgetree het en die verloorders nie; dat die wenners selde verhoor word as oorlogsmisdadigers.
Die uitdaging aan ons is om sin te maak uit die verlede en uit die foute wat gemaak is te leer, nie net uit wat werklik gebeur het nie, maar ook uit die manier hoe dit geïnterpreteer word. Ons gaan dalk baie verskil oor hoe ons dit gaan regkry, maar hierdie gesprek bly altyd die moeite werd.
Ek het onlangs The Fog of War: Eleven Lessons from the Life of Robert S McNamara gesien, 'n dokumentêre film wat gaan oor McNamara se betrokkenheid in die Tweede Wêreldoorlog en Vietnam. Ek dink dat van die vrae wat jy hier op LitNet vra direk aangespreek word in hierdie film, al word dit selde direk geantwoord. Daar is natuurlik altyd 'n subjektiewe aspek in enige bespreking van die verlede, maar ek dink tog dat hierdie film die verlede probeer verstaan sonder om dit heeltemal te herskryf. As jy ooit die kans kry om dit te sien, ek kan dit regtig sterk aanbeveel.
Chris
Beste Chris,
Baie dankie vir jou inset wat hoogs waardeer word. Ek sal The Fog War google en dit waarskynlik opspoor op Amazon. co.uk.
Nogmaals baie dankie.
Groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Pieter et al,
Hello,
Beste Wouter,
Jou laaste bydrae bevat soveel stoffasie vir nadenke dat dit nie sommer hier onder die "has been" briewe mag kwyn nie. Dit kan die begin wees van 'n nuwe en aparte tema: McNamara kan as die vertrek dien, argitek van die Vietnam-oorlog. Die man wie verantwoordelik is vir die dood van miljoene mense. Die resultate van sy beleid verskil min van dié van Hitler hoewel die absolute getalle minder is. Ek sal geensins verbaas wees as hy 'n konserwatiewe katoliek is met wortels in Ierland.
Omdat die VSA 'n magtige bully is op die wêreldtoneel sal sy leiers nooit voor 'n Neurenberg-hof verskyn nie.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Wouter,
Ek het vergeet om te vra oor daardie verwysing van jou op http://www.youtube.com
Check asb. weer die adres. My computor het nie die "gelykaan- merk" na die v nie.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Pieter,
Hello Pieter,