Die mens se afhanklikheid van geloof

  • 2

Geloof is ’n begrip wat vir party mense iets voorstel waaraan hulle nie deel het of selfs wil hê, nie. Vir ander weer, die meeste van ons, is ons geloof juis dít wat vir in sin in die lewe gee, die krag om die stampe, stote, valleie en heuwels van die lewe te deurkruis en in sommige gevalle selfs, te oorleef.

Maar tog is ons ganse lewensbestaan geloofsgedrewe. Dit geld vir algar, nie net vir mense wat in God glo nie.

Elke mens staan in die môre in geloof uit die bed op en gaan die dag tegemoet. Alle mense het die een of ander doel wat hulle die dag wil bereik, hoe eenvoudig of kompleks ook al. Daardie doel is nie bereik wanneer die mens uit die bed opstaan en die dag tegemoetgaan nie, maar in sy geloof dat daardie doel wel bereik sal word, staan die mens op en beweeg in die rigting vir die bereiking van daardie doel.

Mense skrywe by die universiteit in vir hulle kursusse in die geloof dat hulle dit mettertyd sal slaag en hulle kwalifikasie behaal. Ander gaan na hulle kantore in die geloof dat hulle die aan en ander dáár sal bereik.

Niemand van hulle weet werklik dat hulle hul doel sal kan bereik nie, want niemand weet die detail van wat werklik voorlê nie, maar almal gaan vorentoe in geloof vir die uiteinde, hoe gering of ambisieus ookal.

Maar as die mens nie ten minste die geloof het dat hy sal bereik wat hy ten doel stel nie, as hy nie glo hy sal ongeskonde by sy bestemming arriveer as hy met die motor soontoe ry nie, sal hy nie eens in die motor klim nie; as hy nie glo dat hy uiteindelik sy kwalifikasie sal bereik met sy studies nie, sal hy nie eens by die universiteit inskrywe nie; as hy nie glo dat hy sy doel by die kantoor kan bereik nie, sal hy nie eens die moeite doen om daarheen te gaan, nie.

Die krag van geloof is dus groot. Dit laat jou dinge doen, werskaf, ywer, uitsien na dinge, maar daarsonder, is daar vir jou niks... mense wat aan ernstige depressiwiteit sindroom ly, byvoorbeeld, sal vir jou bevestig dat die lewe vir hulle hopeloos is, geen geloof en dus geen vooruitsig van verbetering of prestasie of uitkoms nie. Vir baie sulke mense is die beëindiging van die lewe die enigste opsie in hul bedrukte, tragiese verwysingsraamwerk.

Geloof gee dus die krag en die motivering om voort te gaan en te presteer en te lééf.

Geloof is ’n wonderlike ding. Mens kan dit nie koop nie, jy kan glad nie daarvoor studeer nie, jy kan dit nie verklaar nie, jy kan die begin en einde daarvan nie vaspen nie.

Tog het algar geloof. Elke Godsgeskape mens hét geloof – selfs dié wat nie in God glo nie, soos hierbo uitgewys, al kan hulle nie met hulle verspotte darwinistiese evolusieteorie op enige manier hoegenaamd verklaar waar dié wonderbaarlike fenomeen vandaan kom, nie.

Geloof is dus die basies dryfveer van die lewe, dit is deur en deur ’n geskenk. Daarsonder kan jy nie lewe nie. Dit laat jou álles bereik wat jou aan die lewe hou en vir jou sin gee in die lewe. Dit laat jou hoogtes bereik wat onbeperkte potensiaal het. Dit laat jou ywer, hard werk, verbasende resultate bereik ... suksesvolle wetenskaplikes kan dit maklik bevestig.  

Dit Ís.

Dit is ’n geskenk van God (Efesiërs 2:8).

Maar soos met enige geskenk, kan geloof positief aangewend word maar ook gemanipuleer word. Dit kan misbruik word en afgeskeep word. Dit kan selektief aangewend word. Dit kan negatief aangewend word. Dit kan ook onderdruk word ...

Mense wat dus gesond en gebalanseerd met hulle geloofsgeskenk te werk gaan, bereik daarmee wonderlike positiewe resultate. Hulle lei ’n gebalanseerde lewe. Hulle put nut en krag uit die materiële, die natuur en die Spirituele.

Wetenskaplikes, byvoorbeeld, floreer op geloof. Hulle werk is absoluut geloofsgedrewe. As die wetenskaplike nie die geloof gehad het dat hy in sy vakgebied resultate sou bereik nie, sou hy nie ’n wetenskaplike wees nie. Hy gaan daagliks voort in die vaste vertroue dat hy die dinge wat hy nog nie kan sien nie maar hoop om te sien, wél sal sien materialiseer (Sien Hebreërs 11:1). Die toegewyde bona fide wetenskaplike doen in geloof ywerig navorsing en doen algaande meer en meer ervaring en kundigheid in sy vakgebied op en kan later tussen die kaf en die korrels onderskei en selfs ander daarin onderrig deur sy kennis en ervaring met hulle te deel. Hy weet, deur ervaring, dat daar geen plafon is aan die potensiaal om nuwe dinge te wete te kom en nuwe velde te ontdek, nie.

Daardie wonderlike krag van geloof ... Derhalwe nie verniet dat die HERE Jesus Christus vir ons sê dat dít wat ons glo, sal gebeur, nie (Mattheus 9:29; Markus 9:23). Wees dus versigtig met jou geloof ...

Net só ook met die bona fide gelowige in God. Dít is waaroor die Woord gaan. Die HERE Jesus Christus sê vir ons “... as julle geloof het soos ’n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! En hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie” – Mattheus 17:20.

Dit is dan ook nie vreemd dat mense het van nature ook dan die Godheid sal wil opsoek in geloof, nie. God is, na alles, die Gewer van die geskenk van Geloof en God gee dat aan álmal. Tewens, wetenskaplike studies, soos die The Cognition Religion and Theology Project van die Oxford universiteit, bewys dat die mens ’n natuurlike propensiteit tot Godsdiens en God het en is maar net bevestiging van wat duisende jare gelede reeds uitgesorteer, is.

Die HERE Jesus Christus is die Gewer van geloof en die krag tot geloof.

Ravi Zacharias, wat as ’n Hindoe opgevoed is, het ’n diepte studie gedoen van die wêreldreligieë en het op dié manier die verskil kon tipeer tussen al die mensgemaakte religieë en die ware Goddelike Godsdiens, die Godsdiens van die HERE Jesus Christus, die Christendom, wat op geloof gebaseer is – geloof in God, die HERE en dít wat daarmee gepaardgaan.  Dat die HERE nie maar net nóg ’n mens is, nie, maar inderdaad die God van die mens, weet nie net die opregte Christengelowige weens sy persoonlike verhouding met die HERE nie, nie, maar ook mense van ander religieë wat oopkop bereid is om die Waarheid van die geloof in die HERE te ervaar, mense soos Zacharias. Hy sê op ’n keer “In all of these (religions), there emerges an instruction, a way of living. It is not Zoroaster to whom you turn; it is Zoroaster to whom you listen. It is not Buddha who delivers you; it is his Noble Truths that instruct you. It is not Mohammad who transforms you; it is the beauty of the Koran that woos you. By contrast, Jesus did not only teach or expound His message. He was identical with His message” - Ravi Zacharias, Jesus among Other Gods (Nashville, TN: Word, 2000), 89. Zacharias maak net een fout hier by wyse van speke, weens die keuse van woorde, hoewel hy dit sekerlik nie so bedoel nie – hy moes eerder sê “Jesus does not only teach or expound His message. He is identical with His message” in die teenswoordige tyd, nie die verlede tyd, nie. Die HERE Jesus leer al vir die afgelope eeue der eeue en is steeds Één met Sy evangelie soos HY nog altyd in die verlede was en altyd sal wees.

Toe Bono, die leier van die wêreldbekende en beroemde popgroep U2 gevra is of hy meen dat dit vêrgesog is dat daar aanspraak gemaak word deur Christengelowiges dat Jesus van Nasaret, die HERE Jesus Christus, die Seun van God is, het hy geantwoord “No, it’s not far-fetched to me. Look, the secular response to the Christ story always goes like this: He was a great prophet, obviously a very interesting guy, had a lot to say along the lines of other great prophets, be they Elijah, Muhammad, Buddha, or Confucius. But actually Christ doesn’t allow you that. He doesn’t let you off the hook. Christ says, ‘No. I’m not saying I’m a teacher, don’t call me a teacher. I’m not saying I’m a prophet….I’m saying I’m God incarnate’ And people say: No, no, please, just be a prophet. A prophet we can take” - Bono, aangehaal in, Timothy Keller, The Reason for God (New York: Penguin Group Publishers, 2008), 229.

Dr Simon Greenleaf was destyds professor in die regte by Harvard. Maar ek twyfel of daar enige regsgeleerde in Amerika is wat nie van Greenleaf weet nie, want hy is uiters beroemd – hy word in meeste kringe genoem die ‘vader’ van die moderne Amerikaanse prosesreg en die Simon Greenleaf School of Law in Kalifornië is ook na hom vernoem. Hy is veral bekend vir sy gesogte en beroemde publikasie ‘A Treatise on the Law of Evidence’.

Maar Greenleaf was ook ’n ateïs. Soos dit maar met agnostici is, kan hulle maar net nie anders as om te tob oor die HERE Jesus Christus, nie. En soos te wagte, was Greenleaf ook uitgesproke daaroor in sy klasse en het hy kommentaar gelewer dat die HERE se opstanding uit die dood sommer maar net ’n legende is vir baie redes wat hy ook dan opgenoem het ... Maar daar was ’n paar ware gelowiges in sy klas, studente wat oortuig is van die Waarheid van die Woord en hulle geloof was só sterk dat hulle hul professor teengegaan het en hom selfs uitgedaag het. Hulle het hom, die deskundige op die gebied van die proses- en bewysreg, uitgedaag om sy eie beginsels toe te pas op die beskikbare getuienis oor die opstanding van die HERE Jesus Christus. Greenleaf het die uitdaging aanvanklik as ’n onbenulligheid probeer afmaak, maar omdat die drie studente daarop bly aandring het, moes hy toegee. Hy het gesê hy sal die bewysreg toepas en só bewys dat dit ’n vals aanspraak is.

Die uiteinde hiervan was dat Greenleaf moes toegee dat die getuienis vir die opstanding van die HERE eenvoudig oorweldigend was. Greenleaf het ook daardeur bekeerd geraak en ’n gelowige geword. Dié opspraakwekkende gewaarwording vir hom het hom só diep geraak dat hy nóg ’n boek geskrywe het waarin hy hierdie ekskursie in geloof wat in feit omgesit het, bespreek het - Simon Greenleaf, The Testimony of the Evangelists Examined by the Rules of Evidence Administered in Courts of Justice (1874; reprint, Grand Rapids, MI: Kregel, 1995).

Geloof is eie aan die mens. Dit laat die mens groei en floreer op elke vlak van sy menswees en bestaan hier op aarde. Daarsonder stagneer die mens blitsvinnig tot ’n duister poel van depressiwiteit. Geloof in God is egter die pinakel van menslike ervaring – dit lei mens op weë, wonderlike weë, wat die mens self uit eie krag en kennis nóóit sou kon vermag, bemagtig of bewandel nie. Dit verhef en veredel die mens wat dit beoefen en sódoende met God, die Gewer van geloof, werklik kennis maak en gemeenskap het, tot hoogtes en ervaringe wat die verstand te bowe gaan en tot gewisse nederigheid stem weens die besef van die verbysterende Krag van geloof in God en dié dinge wat met God en Godheid gepaard gaan en die besef van die onvermoë van die mens om dit in eie krag en vernuf te bereik.

Kobus de Klerk

  • 2

Kommentaar

  • Nee dankie, Kobus, op geloof vestig ek geen vertroue nie; dit lyk vir my te veel na Walter Mitty-drome. Dit het al te veel boere hier in SA  hulle lewe gekos.

    Groete,
    Angus
  • Kobus de Klerk

    Daar is 'n baie groot verskil tussen drome en geloof, Angus. Geloof in God is 'n rasionele, nugtere bewustheid en 'n besonder kragtige riglyn vir die lewe, gebaseer op eie en ander se ervaring en ook 'n nugter, gesonde en vaste toekomsgerighteid.

    Drome is soms baie verwyderd van die realisme maar tog nuttig en soms selfs nodig vir die mens om buite sy blote fisieke bestaan te kan visualiseer.

    En onthou tog, alle spirituele insette en ervaringe, om daarvan bewus te kan wees, manifesteer altyd op een of ander manier in die fisieke, al is dit net in die bewustheid weens breinfunksie, anders sou jy glad nie daarmee kon verbind of daarop reageer, nie.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top