Die maagdelike geboorte en betroubaarheid van die Bybel

  • 5

Ek sien ons vriende is weer terug met die ou storie om die maagdelike geboorte en die Bybel aan te val.

Dan ook weer die aanval op die “dae” van Genesis.

Eerstens: Die geboorte van Christus word in Jes.7:14 as 'n teken aangedui. “Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.”

Ek wil nou weet wat se teken sal dit wees as dit nie 'n maagd was nie, soos die vertaling van 1983 aandui “die jong vrou”. Dit sal mos nie 'n teken wees nie, miljoene “jong vrouens” is swanger.

Die woord hier is “almah” (Hebreeus) of “parthenos” (Grieks) en dit kan met niks anders vertaal word as maagd nie dankie.

Dit sê hy sal Immanuel genoem word. Hier is die wonder daarvan, Immanuel beteken “God met ons” Hy kan nie Immanuel wees as Hy nie maagdelik gebore was nie. As hy nie Immanuel was nie, maar 'n mens soos ons, was daar niks wat Hy vir ons kon doen nie. Nou is Hy ons verlosser!

Ek gee nie om as enigeen sê hy glo dit nie, maar moet nie sê dit is nie in die Bybel nie. Die enigste Jesus waarvan ons historiese rekord het is die Een wat maagdelik geboorte was. As jy 'n mening het dat Hy nie maagdelik geboorte was nie, waar is jou bewyse? Jy moet bewyse voorlê asb.

Tweedens: Die ses dae in Genesis en die 24 uur is al holrug. Evolusie is 'n geloof net soos Skeppingsleer 'n geloof is, so glo maar julle god dit is julle keuse. Daar is vir my genoeg “bewyse” dat hierdie aarde net 6000 jaar oud is dankie. Ek het hierdie saak al voorheen deurgetrap met die ou spul wat gedurig vir KdK aanvat.

God het die enigste aanduiding gegee van wat 'n “dag” bepaal soos gesien in Genesis 1. Die woord “yom” word tog hier die eerste keer gebruik en dit word aangedui met “En dit was aand en dit was môre” dit kan tog niks anders wees as 24 uur nie. Elke ander plek waar die woord “dag” met numeriese waarde gebruik word is dit 24 uur sien: http://www.cmfnow.com/pt555.htm

Derdens: Die aanval op die Bybel is maar julle saak ek hoef nie God te verdedig nie HY is GROOT genoeg om dit self te doen. En hy sê “Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God” (Hebr.10:31). Al wat ek wil deurgee is die volgende aanhaling: (Die Gideons)

The Bible contains the mind of God, the state of man, the way of salvation, the doom of sinners, and the happiness of believers. Its doctrines are holy, its precepts are binding, its histories are true, and its decisions are immutable.

Read it to be wise, believe it to be safe, and practice it to be holy. It contains light to direct you, food to support you, and comfort to cheer you.

It is the traveler’s map, the pilgrim’s staff, the pilot’s compass, the soldier’s sword and the Christian’s charter. Here too, Heaven is opened and the gates of Hell disclosed.

Christ is its grand subject, our good its design, and the glory of God its end. It should fill the memory, rule the heart and guide the feet. Read it slowly, frequently and prayerfully.  It is a mine of wealth, a paradise of glory, and a river of pleasure.

It is given you in life, will be opened at the judgment, and be remembered forever. It involves the highest responsibility, rewards the greatest labor, and will condemn all who trifle with its sacred contents.

Christusgroete

Louis

  • 5

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Louis, hoe lekker en bevredigend moet dit nie wees vir jou om elke aand jou kop op jou kussing te sit met die wete dat almal wat nie glo in jou godjie gaan brand vir ewig in die hel?

  • Beste Louis,

    Nee, wat! Jy het dit ver mis as jy beweer dat iemand maagdelike geboorte en die Bybel aanval. Die Bybel is wonderlike letterkunde met feitlik alles daarin: mites, legendes, sprokies, kortverhale, selfs romans en poësie, die lot. En Maria het maagdelik geboorte gegee aan Jesus. Daar staan dit in die Bybel, swart op wit.
     
    Dit is ook nie 'n kwessie van sommer net "aanval" nie, ons probeer maar 'n debat voer oor 'n belangrike saak, wat eeue gelede al begin het, en waarvan die omvang so groot is en die fasette daarvan soveel is, dat geen enkele mens daarby kan bybly nie. Noem dit wat jy wil: geloof vs. ongeloof, God se skepping vs. evolusie, onkunde vs. kennis, Christen vs. ateïs, Bybel vs. wetenskap, ens. 
     
    Kinders debatteer alreeds op skool: wat was eerste, die hoender of die eier, (en dan kan ek nog help), of ek bespreek die foute in die Bybel met ons dominee, tot op 'n vlak waar min mense kan byhou, bv. as my twee neefs debatteer (die een is 'n mediese dokter, en die ander 'n rekonstruktiewe sjirurg.) 
     
    As jy enige van hierdie sake kon "deurtrap", dan moet jy beslis 'n super mens wees, met 'n super brein.
     
     Ek glo dat ons maar nog net die boonste nerfie so liggies aan gekrap het.
     
    Groete
    Angus
     
     
     
     
  • Dagsê Louis

     
    As 'n mens aansprake maak rus die onus op jou om die bewyse vir jou aansprake te verskaf. As ek sou beweer daar is feetjies in my tuin is sou dit seker belaglik wees om van jou verwag dat jy as jy nie kan bewys dat daar nie feetjies in my tuin is nie dit as bewys dien dat daar wel feetjies in my tuin is. Dieselfde argument geld jou aanspraak op Jesus se maagdelike geboorte en die ouderdom van die aarde.
     
    Angus is heeltemal reg as hy sê dat die bybel 'n pragtige stuk letterkunde is - baie soos Raka van NP van Wyk Louw of Kennis van die aand van Andre P Brink. Dit sou egter net so absurd wees om die karakters in Kennis van die aand as werklike historiese figure te beskou, net omdat dit in die boek so beskryf word, as jou aansprake dat beskrywings in die bybel werklike historiese mense en gebeure was.
     
    Groetnis
    Thomas
     
  • Kobus de Klerk

    Van die drie kommentare hierbo - die van Chris, Thomas en Angus, is slegs Angus s'n van enige waarde. 

     
    Ek is nogal aangenaam verras deur die nugter benadering wat Angus vertoon in dit wat hy probeer oordra - daardie onpeilbare diep dinamika wat vereenselwig word met die Woord vir eeue al. 'n Bevestiging van die absolute meesleurende, boeiende Krag wat in die Woord opgesluit is, veel meer as net wonderlike letterkunde, want daaroor alleen kan die ganse mensdom nie soveel eeue aaneen praat nie... maar die inherente Krag daarvan wat maak dat selfs die ateïs Angus verklaar dat dit so ingrypend in kompleksiteit en so boeiend is dat, na al die eeue, nog slegs die boonste nerfie aan gekrap is.

     
    Waarom Chris hoegenaamd sy blerts gelaat het, weet nugter. Maar daar is dit. Wat hy wel ontbloot, is die tipiese doodsangs vir die hiernamaals waaraan meeste ateïstiese agnostici ly en dan juis die onderdrukte verklaring is vir sy ateïstiese agnostisiteit... omdat dit veel makliker is om dit te probeer ignoreer asof dit nie bestaan nie (die leuen-staat van ateïsme) as om daarmee te deel omdat hy onderlangs glo dat hy niks aan die wagtende oordeel kan doen nie. Al is hy verkeerd daaroor.
     
    Thomas se blerts? So bitter leeg dat daar so niks is om by aan te sluit nie. Soos gewoonlik.
     
    En tog is daar geen weerspraak vir die essensiële Waarheid wat Louis hierbo weergee nie. Die detail omtrent die skeppingsdae en die verskille daaromheen, behoort geeneen te laat struikel nie. Die Gees van die Woord, ook die geskrewe deel soos dit in die Bybel voorkom, is heeltemal te groot. Ek sal elders juis  ook daaroor  die een en ander weergee, nie om te verskil en te stry met my mede-gelowiges nie, maar om perspektief te weergee soos dit ontvang word as deel van die rykheid van die Woord. Die ganse geskrewe Woord in die essensie daarvan, is so aangrypend dat Louis se aanhaling aan die einde van sy artikel onomstootlike lewenswaarhede bevat.
     
    Kobus de Klerk
  • Beste Thomas,

     
    "Kennis van die aand" was mos eens op 'n tyd verban. Ek wonder net hoe die Bybel verby die destydse sensorraad gekom het. 
     
    Groete,
    Angus
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top