Daar is weer ’n polemiek oor die relevansie van die Christelike kerk in die hedendaagse samelewing. Jean Oosthuizen het die gesprekke gelei en daar is gesels met dominees en ateïste en dié tussenin wat vertel waarom hulle die kerk verlaat het. Laasgenoemde ‘bedank’, belaglik genoeg, uit die kerk asof dit ’n politieke party is waarvan jy lidmaatskap opsê. Ander weer, soos die ateïs Jurie van den Heever, klou blykbaar steeds aan sy kerklidmaatskap – wat ’n klug.
Het die tradisionele hoofstroom kerke ’n klug geword? Is die samelewing werklik besig om te sekulariseer?
Op die eerste vraag kan mens, as daar na die tendense gekyk word en ag slaan op die kerkbase se manewales by die moderatuurvergaderings en waar kerkbeleid geformuleer word, aflei dat dit waarskynlik nie ’n vergesogte afleiding is om te maak, dat daardie kerke besig om ’n klug te word, nie. Omdat hulle rondskarrel met die uitleg van God se Woord en só geweldig baie onsekerheid en onstandvastigheid bewerkstellig, omdat hulle God se Woord probeer aanpas by die giere en grille van die gemeenskap. Waarom anders sal ’n ateïs soos van den Heever (en hy is sekerlik nie die enigste nie) dan steeds ‘tuis’ voel met sy lidmaatskap aldaar én terselfdertyd sy ateïstiese religie vertroetel?
As die Heilige Gees van God oor die verrigtinge van daardie kerke vaardig sou wees, sou jy ateïste soos van den Heever nie met stokke en slae naby só ’n kerk kon kry nie, wat nog te sê amptelik lidmaatskap van só ’n kerk behou. Sal jy van den Heever by ’n volbloed diens van, byvoorbeeld, Hillsong kerk aantref? Onwaarskynlik, hy sal daarvandaan wegvlug soos ’n rot voor die stormwaters. Die feit dat die uitgesproke onversetlike ongelowiges hul tuis voel in kerke waarvan hul steeds lidmaatskap hou, is ’n aanklag teen daardie kerke. Natuurlik sal dit leegloop. Daar is weinig vir die gelowige... en vir die ongelowige. Lippediens beïndruk niemand vir baie lank nie.
Daar is egter altyd gemeentelike uitsonderings, maar oor die algemeen is daar Skrif aan muur vir dié kerke.
Oosthuizen rapporteer ook van die sogenaamde sekularisering van die hedendaagse samelewing. Dié afleiding maak hulle op grond van die tendens dat die tradisionele hoofstroom kerke lidmaatskap verloor. Maar hierdie is ’n totaal misleidende faktor en die tanende lidmaatskap van tradisionele hoofstroom kerke beteken nié sekularisering nie.
Nou meer as ooit, soek mense, verál jongmense, ’n heenkome vir hulle ingebore en natuurlike propensiteit vir Spiritualiteit en veral ’n werklike, dienlike persoonlike verhouding met God. Vind hulle dit nie vinnig nie, word ’n geringe hoeveelheid van hulle tydelik spiritueel verbitter, sekulêr en selfs agnosties. Agnostisisme is die (meestal tydelike) heenkome van die spiritueel verbitterde onvergenoegde. Arme mense... totdat hulle hul heenkome by God vind. Sommige van hulle vind dit nie want hulle voed hul verbittering daagliks en raak al verder verwyderd en meer verbitterd en antagonisties, soos byvoorbeeld die uitgesproke George Claassen en Hans Pietersen.
Maar God is die God van en veral ook vír die individu én die gemeenskap. Tanende lidmaatskap by die tradisionele hoofstroom kerke beteken wins vir die kerke waar God se Heilige Gees vaardig is want mense belééf God daar. Hierdie kerke gaan van krag na krag en gedy uit hul nate uit – regoor die wêreld. Hulle hou hul dienste vir ure aaneen en mense stroom daarheen en daarvandaan en is verryk deur die ervaring daarvan.
Interessant is ook die redes waarom sekere mense die tradisionele kerk verlaat en dan kerkloos ploeter. Lina Spies vertel ons iets daarvan. Hierdie mense het klaarblyklik gehoor van God by hul tradisionele hoofstroom kerk, maar Hom nooit daar ontmoet nie. Hierdie mense dink die opgetekende Woord van God, soos dit in die Bybel aangetref word en die verkondiging daarvan, is oudmodies en het tred verloor met die hedendaagse uitvindsels, wetenskap en behoeftes van die hedendaagse mens en samelewing in sy Goddelose skakerings...
Maar God is die ewige God. Ewig, standvastig en só is God se Woord óók (Psalm 102:25, 26; Jesaja 51:6; Markus 13:31; Lukas 21:33; 1 Petrus 1:23–25; 2 Petrus 3:10). As sodanig is God se Woord deur die Heilige Gees ingegee en geïnspireer (2 Timoteus 3:16; Romeine 15:4) om vir altyd vir almal te dien. Watter dwaas kan dus dink dat die ewige Woord van die ewige God sal moet aanpas by die vlietende oomblik van lewe van ’n paar generasies nietige mense?
Só ook met die wetenskap. Die natuur getuig van God en SY standvastige, onveranderlike Woord (Romeine 1:20; Handelinge 17:24; ). Dus moet en kan die wetenskaplike uitvindsels, insluitende dit wat van die historiese getuig, verstaan word in versoening met die Woord, Wie vir ons reeds kursories oor dáárdie dinge getuig, soos byvoorbeeld die skeppingsgebeure in Genesis 1 en 2, want God en SY Woord is geheel en al te versoen met SY skepping waaroor die wetenskap behoort te getuig.
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus, dankie vir jou brief. Ek het nie die reeks gekyk nie, want ek kyk nie TV nie. Wil net sê dat 'n mens deesdae 'n verskeidenheid van menings in die NG Kerk hoor. Dit het nog 'n 'broad church' geword. Daar is een predikant wat die orrel uitgegooi het. Die mees 'liberale' opleier van jong predikante het gelukkig afgetree, maar 'n verskeidenheid magte is aan die werk. Bid vir die kerk.
Hiermee enkele gedagtes oor die 'kerk in die hedendaagse samelewing'.
Die eerste vraag wat 'n mens jouself moet afvra is onder watter omstandighede Psalm 102 geskryf is,wat Kobus de Klerk aanhaal.
Uit vers 15 wil dit voorkom of dit in die tyd van die Babiloniese gevangenisskap geskryf is, want daar staan:
"Nou is die tyd ryp dat U vir hulle baie goed moet wees. Alles in Jerusalem is platgeslaan. Maar u sal dit weer opbou."
In vers 24 tot 26 lees 'n mens.
"24.Die Here het my krag weggevat.
Hy het my lewe korter gemaak toe ek nog jonk was.
25.Daarom het ek vir Hom gesê:"My God, ek wil nie so jonk doodgaan nie.
Vir U is dit nie 'n probleem nie.U is altyd daar.
26.In die begin het u die aarde gevorm.Ook die hemel het U gemaak."
Hierdie belydenis stem dan ook ooreen met die eerste skeppingsverhaal wat tussen 586-539 vC
tydens die ballingskap geskryf is as 'n weerlegging van die Babiloniese skeppingsverhale met baie gode.
Die Jode in ballingskap getuig dus kragtig. Daar is net een 'EERSTE OORSAAK' van alles en deur HOM
het alles tot stand gekom en dit sluit ook die mens in.
Dit getuig dus kragtig God het geskep, maar dit sê nie HOE geskep is nie - dit was van sekondêre belang.
En dit is waar die wetenskap inkom. Die wetenskap verklaar die hoe.Daarom is die Bybel en die wetenskap
nie in stryd met mekaar nie.
Hoe verder die wetenskap vorder hoe groter word die wonder van die skepping vir ons blootgelê en daarmee die ondeurgrondelikheid van die OORSAAK agter dit alles.
Ai tog Kobus
Beste Kobus,
Groete,
Angus,
George, jy kan gerus as jy wil, bietjie meer omtrent Oosthuizen se projek waarna ek verwys gaan lees en dan ook die skakels in daardie artikel volg.
Beste Kobus,
Angus,
Jean,
Kobus,
Beste Kobus,
Jy wil niks sê van die Hillbillie-songdienste nie, dus moet ek my maar tot utube wend. Daar sien ek 'n skare mense wat toeoog sing terwyl hulle die die hande daarbo hou en wuif. Ek is seker, een of ander tyd sal hulle die gees vang en in tale begin praat. Die enigste rede waarom ek van so 'n diens sou wegvlug, is as ek fisies aangeval word. Laat my assblief weet waar ek so 'n diens kan bywoon.
Beste Angus
Google http://religion.blogs.cnn.com/2012/04/05/jews-reclaim-jesus-as-one-of-their-own/
Jean,
Angus,
Kobus,
Goeie, insiggewende skakel,
'n Mens moet besonder versigtig wees om onmiddellik 'n besonder eng betekenis aan 'n enkel teksvers te koppel.
Kobus de Klerk haal Johannes 14 vers 6 aan.
Wat staan nou eintlik daar?
Jesus wys die pad na God.
Johannes 14 volg op Jesus se voorspelling dat Petrus Hom gaan verloën, nadat Jesus sy dissipels vertel dat Hy weggaan.In vers 33 van hoofstuk 13 sê Jesus: "My liewe vriende,my tydjie by julle raak nou min.Ek gaan weg en julle sal My soek maar My nie kry nie.Julle sal nie kan kom waar Ek gaan nie.Ek het dit mos al vir die Jode gesê.34 Nou sê Ek dit vir julle ook.
Hierdie uitspraak ontstel Petrus en maak hom ontevrede en selfs as Jesus hom troos ,dat hy wel later met Jesus kan saamkom stel dit hom nie tevrede nie.
In hoostuk 14 vertel Jesus dat sy Vader 'n huis het en dat Hy daar vir hulle 'n plek sal regmaak.
'n Huis het 'n adres en dan sê Jesus vir hulle 14.:4 "Julle weet eintlik goed waarheen EK gaan en hoe om daar te kom.
Dan praat Tomas in vers 5 namens almal en sê:
5."Met alle respek,Here," sê Tomas , "ons ken nie die adres waarheen U gaan nie.Hoe op aarde sal ons weet watter pad om te vat?"
Nou die vers wat Kobus aanhaal:
6.Jesus sê toe"Laat ek dit so stel:Ek is die 'pad' en my Vader die 'adres." Wie hierdie pad loop kom by die ware lewe uit.As iemand 'n ander pad loop, sal hy nooit by my Vader uitkom nie."
En dit is die waarheid, die pad na versoening met ons Skepper loop dwarsdeur Jesus, en niemand anders nie, want in Jesus is die skrifte vervul .Slegs die volkome aanvaarding as Jesus Christus as ons enigste Saligmaker en Verlosser sal lei tot volkome versoening want dit is Hy wat ons van ons sondes - ons rebellie teen ons Skepper verlos en daarom staan daar in Mat1:21 :"Sy gaan een van die dae 'n Seun hê.Jy moet hom Jesus noem.Hy sal sy volk van al hul sondes vrymaak."
Daarom staan daar daar ook in Hebreërs 7 vanaf vers 18:Jesus kan vir ons doen wat gedoen moet word.
Daar moes altyd nuwe priesters aangestel word want die oues gaan dood. maar dan vers 24: Met Jesus is dit glad nie so nie.Hy leef vir ewig en daarom sal Hy vir altyd priester bly.Ons hoef dus nie 'n ander priester te soek nie. 25.Juis daarom kan Hy ons saak by God regmaak wanneer ons deur Hom na God toe gaan. Hy sal altyd daar wees om ons saak by God te stel,want Hy leef vir altyd.
En dit is die Waarheid.En so verklaar die skrif dan die skrif.
Jean,
Boot,
Ek stem saam dat die verloop van sake tydens die Romeinse verset van Jerusalem en die doen en late van die Israeliete nie klopdisselblom die stroewe van die moderne samelewing ontlok nie. Ek sou nie sê dat ek my Sondagoggend beter sou kon spandeer deur om 'n boek te lees of te gaan golf speel nie. Tog sou ek myself elke Sondag in die kerk bevind. Miskien was die kerk van ouder gewoonte 'n heenkome wat nie vandag meer dieselfde dringendheid vervul nie - 'n herberg vir verwerpte vrouens wie alleen as nonne kon lewe, of 'n bastion vir geleerdes. Miskien wanneer ons magies vol is en ons pensies dik, voel ons nie die nood vir 'n gerusstellende stem wat ons lei in samesyn. Miskien in oortuiging van die mag van saamstaan teen die woedende onbekende. Die vraag wat dan woed is hoe ervaar ons weer daardie betrokkenheid by ons gemeenskap. Elke plek wat ons betree is soos 'n episode van Survivor in ons samelewing. Wil jy nie dalk die vertroue hê dat jy 'n heenkome het wanneer hulle jou van die eiland afstem?