Die Holocaust het iewers begin, Wouter

  • 1

Wouter is vreeslik ontsteld omdat daar vergelykings getref word tussen die Jode in Nazi- Duitsland en Afrikaners.

Die doodskampe in Pole was egter die finale uiteinde van die Nazi's se wandade, en uitwissing was nie van meet af aan op die Nazi's se agenda nie. Daardie kampe se nywerheidsmoorde het eers in die 1940's begin, nadat daar 'n lang aanloop was.

Die sade van die volksmoord op Jode is egter reeds in die 1930's geplant, met veel minder dramatiese stappe as Treblinka of Auschwitz. In die 1930's was daar laegraadse geweld teen Jode, maar die sade is veral geplant met staatsdiskriminasie teen Jode in die professies.

Die Nazi's het begin kwotas toepas - daar mag slegs 'n paar persentasiepunte se Joodse akademici, dokters en prokureurs wees. Baie Jode moes onder dwang emigreer.

Presies dieselfde tipe kwotas en emigrasie wat tans teen blankes in SA gemik is. Ontken dit maar totdat jy blou is in die gesig, Wouter, maar Afrikaners is tans waar Jode in Nazi- Duitsland in die 1930's was.

  • 1

Kommentaar

  • Hello Joe, 
     
    Indien jy die vergelyking wil trek, doen dit asseblief meer omsigtig, nog beter, moet dit nie eers doen nie. 

    Daarom is die brief wat ek geskryf het se oogmerk gewees om die omstandighede en die aanloop duidelik te formuleer en dit is skokkend om dit te stel, maar werklik Joe, sien jy die twee tydperke as dieselfde. 

    Soos verwag kan word, is daar meer uitgelaat as wat aangespreek is, in my brief, maar die wetgewing wat die Jode van die tyd isoleer het en na die rand van die samelewing geskuif het, kan nie gelyk gestel word aan regstellende aksie van vandag nie. 

    Net soos die redes vir grondhervorming en regstellende aksie hier, kom na 'n 84 jaar onderdrukking en uitsluiting  van die meerderheid van die bevolking en bogenoemde programme 'n manier om die verlede reg te stel.

    Hoe moeilik dit ook al mag wees. 

    Ongelukkig is ek vas op die oomblik met 'n sperdatum by die werk en sal nie in detail die gesprek verder kan vat nie. 

    Baie dankie

    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top