Die grootste pes op aarde ...
... vir die rot is die mens. Ook vir die renoster, haai, bees, vink, hoender, skaap, aasvoël, jakkals en olifant en dis maar onder andere wat diere en wild betref. Dieselfde geld ook ten opsigte van bome, struike, gras, grond en insekte. Ook wat betref water en lug; die riviere is vuil, die see is vol plastiek en olie en die lug is vol onvriendelike gasse. Selfs die is ruimte is vol afval wat om die aarde wentel en selfs op die maan en mars lê van ons gemors.
Op byna daaglikse basis word groot stompe hout uit Mosambiek hoofsaaklik Ooste toe uitgevoer en binnekort gaan die Karoo verkrag word vir aardgas. Die regverdiging van owerheidskant? Werkskepping. Dis nie onwaarskynlik dat hotelle en allerlei ontspanningsoorde binnekort in die Krugerwildtuin gebou gaan word nie omdat dit ‘werk sal skep’. Ons besmet en plunder die aarde vir ons gemak.
Hierdie gebeur omdat die pyl van ons tegnologie dié van ons filosofie oortref; ons is meer vaardig as wat ons insig het, ons is meer ‘ontwikkel’ as wat ons beskaafd is.
Hoe kan ons regmaak waar ons verbrou het en besig is om te verbrou? Ek weet nie; jou raaiskoot is so goed soos myne maar ‘n begin kan wees bietjie meer filosofie vir die owerhede. Dit hoef nou nie ‘n PhD te wees nie maar net genoeg dat hulle besef jy kan nie werk skep nie; werk word veroorsaak deur ‘n gesonde en groeiende ekonomie, die gevolg van goeie landsbestuur.
Dit moet natuurlik al op skool begin, hierdie filosofie-opleiding. Latyn en Antieke Grieks moet skoolvakke tot op matriekvlak wees en so ook skaak en brug; behalwe grysstofoefening sal hierdie vakke ook tot gevolg hê dat daar nie tyd vir rondlê, droogmaak en aanjaag is nie. Universiteit is oop vir almal wat die toelatingseksamen slaag. As jy dop betaal jy daardie jaar se geld terug en haal op jou eie koste in. Dieselfde geld vir kolleges en ambagskole en ambagopleiding is weer terug na 5 jaar, soos in die tyd toe ambagsmanne meesters was.
Tegnologiese ontwikkeling kan (en wil en moet) mens nie vertraag nie. Mens moet net sorg dat dit nie in verkeerde hande beland nie, soos nagsigtoerusting en stil gewere vir renosterstropers, kettingsae vir houtstropers, die soort van ding. Tegnologie moet ook nie ligtelik weggegee word nie; jy ken die storie van gee ‘n man ‘n vis en hy is gevoed vir ‘n dag, leer hom visvang en jou bronne is uitgeput, tjop-tjop.
Heel eerste, natuurlik, moet gepoog word om die mensbevolking se uitbreiding te laat afplat. Ons produseer al hoe meer kos op al hoe minder grond (GM-gewasse, kunsmis, die soort van ding) sodat al hoe meer mense gevoed kan word sodat die bevolking gedy en dan moet, weer eens, meer kos produseer word wat deur verdere navorsing dan bewerkstellig word, so gaan ons aan. Té veel welsyn is teenproduktief.
Jan Rap


Kommentaar
Nou watter lande se voorbeelde moet ons dan nou volg in die verband? Jy seg ons moet Latyns leer, moet ons dus Italië se voorbeeldjie volg van nimmereindigende korrupsie en Camorra?
The skies will vanish like smoke,
the earth will wear out like clothing.
Those living on it will die like flies;
Yesha-Yahu (Isaiah) 51 - 6
Duitswester
Soois, jy lees weer soos jou gat ou maat, seker weer vol goedkoop oosterse alkohol. Ek praat van ANTIEKE Grieks, nie die Grieks van die ou wat met die kafee op die hoek nie.
Jy wil weet watter land se voorbeeld ons moet volg? Natuurlik die lande toe die Boere nog regeer het, soos die Transvaal en OVS, wat anders?
Jy praat van manne soos Mandela; dis vandat manne soos Mandela die land geskenk is dat staatskorrupsie, misdaad, plaasmoorde, stakings, gewelddadige optogte, bandebrandery en klipgooiery, verval van infrastruktuur, omkopery en rampokkery aan die orde van die dag is. Selfs by universiteite, soos Stellenbosch, moet studente nou met sekuriteitsvoertuie klaslokale toe vervoer word.
Ekweetekweetekweetekweet - ja, ou Jan, ons almal weet dat jy reg het in jou ontleding van die omgewing, maar jou voorstelle om dit op te los, weet jy seker ook, sal nooit werk nie. En net om Francois op sy perdjie te kry - 'n mens spel die word met 'n 'v', nie 'n 'f' nie.