Die delusionele wêreld van Kobus de Klerk

  • 30

Kobus de Klerk trek weer op sy gebruiklike manier los en veroordeel almal wat nie sy delusionele wanvoorstellings wil aanvaar nie. In die proses spreek hy egter nie die vrae aan wat aan hom gestel is nie en beweer hy dat ons met persoonlike aanvalle teen hom besig is. Kobus ek daag jou uit om reguit op die volgende twee vrae/stellings te antwoord.

 1. Om ons uit te daag om jou wanvoorstellings verkeerd te bewys is tog gewoon onsinnig. Die bewyslas is op jou. Jý moet bewys wat jý beweer. Selfs jy moet saamstem dat as ek beweer dat daar feetjies in my tuin woon, dit gewoon onsinnig sou wees om te beweer dat as jy nie kan bewys dat hulle nie bestaan nie, dat hulle wel bestaan. Ek hoef jou sekerlik nie vir die hoeveelste keer aan die wentelende teepot van Bertrand Russell te herinner nie. Indien jy egter hardnekkig weier om die grondbeginsels van logiese redenasie te aanvaar kan jy maar solank begin dink daaraan om die nie-bestaan van die Vlieënde Spaghetti Monster te bewys. Onthou net ek het ’n boek, Die Evangelie van die Vlieënde Spaghetti Monster, geskryf deur Bobby Henderson, wat die bestaan van die Vlieënde Spaghetti Monster bewys.

2. Jy is die grootmeneer wat die sigbaarheid van die mane van Jupiter hier op die Sê betwyfel het. Volgens jou is dit bloot ’n optiese illusie en glo jy heimlik dat die son om die aarde draai. Ek het so pas weer na die duidelik sigbare mane van Jupiter deur my teleskoop gekyk en kan ek bewys, deur fisiese waarneming, dat die mane van Jupiter wel sigbaar is. Weereens moet jy bewys dat dit wat ek en die hele wêreld se astroloë sien, nie bestaan nie.
 
Kobus, jou kredietwaardigheid is weglaatbaar klein. Bogenoemde is maar twee voorbeelde van die delusionele wêreld waarin jy jouself bevind. Met elke plasing hier op die Sê maak jy ’n totale krater van jouself en my sterk vermoede is dat jou antwoord op hierdie skrywe alle twyfel oor jou vermoë om logies te redeneer uit die weg gaan ruim – ons kan nie wag nie!

Groetnis
Thomas

  • 30

Kommentaar

  • Beste Thomas,

    Al vrae wat Kobus kan en sal beantwoord is vrae uit die Heidelbergse kategismus. 
     
    Groete,
    Angus
  • Kobus de Klerk

    Thomas,

    Hoe kan jy bewys dat dit Jupiter se mane is wat jy sien? Sit dit vir ons uiteen, asseblief. Vertel vir ons terselfdertyd van die kontroles wat opgestel is om die teorieë daaromtrent te kontroleer. Ek betwis nie dat jy met jou teleskoop hemelliggame sien nie, maar ek wil hê jy moet bewys dat dit werklik Jupiter se mane is wat jy sien, en nie dalk iets anders wat veel, veel nader is wat jy as sulks aansien nie. Jy sien, jy sal uit jou eie moet bewys dat in die afstand van ongeveer 588 miljoen kilometer tussen hier en jupiter, daar niks is wat in die pad kan kom en wat jy sal aansien vir jupiter se mane nie. Dit is die een ding. Dan sal jy ook moet bewys - nie teorieë nie - hoe jy met jou relatief klein teleskopie en selfs verkyker (soos jy tevore gesê het)  daardie relatief klein objekte oor so 'n massiewe afstand so "duidelik" kan sien ... Dink daaraan. Jy gaan Johannesburg toe en bestyg die Hillbrow-toring, of die eerder die Brixton-toring, as jy wil. Hulle is lekker hoog. Dan neem jy jou verkyker waarmee jy jupiter dophou en jou teleskoop waarmee jy die mane dophou, en dan sê jy vir ons of jy die Drakensberge kan raaksien. Dit behoort mos baie, baie maklik te wees, of hoe, hulle is 'n katspoegie van jou af weg. Die grootte van die Drakensberg oor die afstand van ongeveer 420 kilometer van jou af vergelyk besonder gunstig in vergelyking met die jupiter mane wat wel vele male groter is, maar inderdaad ook vele male verder is as die Natalse Drakensberge - 420 kilometer teenoor 588,000,000 kilometer. Jy sien, Jupiter met sy vermoedelike deursnee van 140,000 kilometer, is dus ongeveer 140 keer groter as die Drakensberge. Maar die afstand is waar die probleem vir jou lê - Jupiter wat net 140 keer groter is, is nie 140 keer nie, maar ongeveer 1,4 miljoen keer verder van jou af as wat die Drakensberg van jou af is. Die tamaaie Drakensberg wat relatief menigvuldig male nader is aan jou en sommer in jou eie biosfeer, kan jy nie sien nie, maar jy kan Jupiter se mane (wat baie kleiner as jupiter is en waarvan die grootste net ongeveer 5 keer die Drakensberg se grootte is) sien met dieselfde toerusting? Bewys jy dit.

    Nou ja, jy gaan nie die grote Drakensberg op daardie piepklein afstand gesien kry nie, want dit is te ver. As jy na die hemelruim kyk, sien jy blote refleksies van iets. Nou daarom moet jy vir ons bewys, kontrole en al, hoe jy die relatief kleiner mane van Jupiter oor die relatief veel langer afstand van 588 miljoen kilometer kan sien met jou goedjies waarmee jy speel ...

    En moenie nou kom gorrel oor luminositeit van die planete en mane nie - die Drakensberg is nie van die son beskerm en is boonop baie, baie nader aan die son - en aan jou - as Jupiter en sy mane.

    Maar jy sê dit soos 'n papegaai en glo dit al kan jy dit nie self bewys nie - dit is jou probleem. Jy glo dit sonder bewyse.

    Wat sake Gods aanbetref, as jy my weergawes nie verkeerd kan bewys nie, dan kan jy dit ook nie kritiseer nie. Die dinge wat ek weergee, is nie sulke onnosel voorbeelde soos wat jy van Russel en Henderson aanhaal nie.

    Jy sien, niemand op aarde het ooit al beweer dat daar sulke snert bestaan nie. Dit spreek van die mentaliteit van die twee agnostici (skynbaar kenmerkend van hulle - net hulle skryf en publiseer sulke absolute snert en julle wat waarde daaraan heg). Maar massas mense oor heelparty eeue heen het al bevestig dat God bestaan - vandag nog - want hulle het 'n persoonlike ervaring van en verhouding met Hom en jy is in geen posisie om dit te weerlê nie.

    Dit is mense se ervaring, se kennis en wete. Dit behoef absoluut geen bewys nie. Daar is dinge in die lewe wat so algemeen ervaar en aanvaar word, dat dit gewoon geen bewys verg nie.

    Maar daar is klein groepie mense wat ongelukkig hierdie dinge selfs nie kan begryp nie - dit is julle - en dan van ander, die massas, wie glad nie dieselfde probleem ervaar nie, stuitige dinge soos bewyse van die ooglopende en normale vereis. Dit is dus julle wat delusionêr is, glad nie die massas gewone, intelligente en ingeligte volwaardige mense nie.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Thomas, bewys vir ons waar ek sou gesê het die son draai om die aarde ... dan sal ons almal sien dit is jou integriteit en en betroubaarheid wat nie eens die kuberpapier werd is waarop dit verskyn nie. Jy is dus nie een om ander se integriteit te beoordeel nie.

    Kobus de Klerk

  • Dagsê Kobus 

     
    Baie dankie vir jou antwoorde. Alle twyfel oor jou vermoë om intelligent te redeneer is nou uit weg geruim en pragtig gedemonstreer. As ons jou logika volg is alles wat ons in die hemelruim waarneem dus potensieel optiese illusies (dis baie verder as die Drakensberge!) - die maan is dus heel moontlik een of ander ronde voorwerp  wat net hier bo ons in die lug ronddryf! Weereens Kobus jý moet bewys wat jý beweer. 
     
    Die bepaling van die afstand wat hemelligaame vanaf die aarde is, is gebaseer op baie eenvoudige en gevestigde wetenskaplike beginsel en behels ’n paar wiskundige berekenings. Deur hierdie metode toe te pas kan ons vasstel dat die mane van Jupiter inderdaad om Jupiter wentel en dat hulle nie iewers halfpad tussen die aarde en Jupiter in die ruimte ronddryf, volgens jou model nie. Hierdie is egter konsepte wat ’n grondige kennis van die wetenskap en die wiskunde verg – iets wat mens jou nie kan verbeel deur jouself met spirituele intelligensie te beklee nie. Ek besef dat dit moeilike begrippe is om jou kop om te kry in die delusionêre wêreld van pratende slange en swanger maagde. Kortom Kobus, jy sal nie verstaan nie. 
     
    Kobus, jy moet maar self teruggaan in jou argiewe en gaan kyk hoe jy vol bravade hier op die Sê verklaar het dat die teorie dat die aarde om die son draai (en nie andersom nie), nog lank nie bewys is nie en dat ons almal bloot agter die hoofstroom wetenskaplikes aan papegaai. 
     
    Groetnis daar in kammaland 
    Thomas
  • Ewe skielik is alles vir my so helder soos daglig. Jare gelede kon ek nie verstaan waarom Kobus so beserk raak en spirituele spoke doer in die verste vertes van die heelal sien ronddwaal as hy die woord parallaks sien nie. Nou kom ek agter hy is 'n ware Christen en 'n aanhanger van Samuel Birley Rowbotham, wie se skuilnaam Parallax was. Saam met Parallax, glo hy dat wat in die Bybel staan, letterlik waar is en dat as die Bybel sê die aarde is plat, dan is hy plat.  

     
    Volgens hierdie plat-aardeteorie, behoort 'n mens mos die Drakensberge maklik vanaf Johannesburg te kan sien. 
  • Beste Kobus,

    Jy mag dit nie in soveel woorde gesê het dat die son om die aarde draai nie, maar omdat jy 'n plat-aardegelowige is, gee jy soveel te kenne. Volgens die Bybel en die plat-aardeteorie, is die son mos maar net 'n lig. Die aarde staan onbeweeglik standvastig op sy pilare, en die son maak mos sy verskyning in die ooste, beweeg oor na die weste waar dit weer ondergaan. Die plat-aardeteorie verduidelik hoe die son en sterre om die aarde draai: dit is die draaiing van die eter om die aarde. By die pole is daar sulke maalgate in die eter. 
     
    Jy verdedig mos al die stories in die Bybel as ware gebeure; jy kan nie nou die Bybel verloën en die wetenskap aanhang deur te sê jy het nog nooit gesê die son draai om die aarde nie.
     
    Groete,
    Angus 
  • Kobus de Klerk

    Thomas en Angus,

    Kom, wys vir my waar ek geskrywe het dat ek ooit glo aan 'n plat aarde of dat ek gesê het ek glo die son draai om die aarde. Julle twee is intellektueel baie oneerlik en kan julle sinnelose aansprake nie gestand doen nie - die uitdagings aan julle in hierdie verband staan dus steeds.

    So ook het julle niks gedoen om dit wat ek hierbo weergee, te weerlê nie. Simpel aanmerkings is daar van julle kant wel, en ook irrelevante aanmerkings.

    Thomas,

    Geen wetenskaplike formules kan as bewys dien dat jy met jou goedjies wat jy gebruik die mane van Jupiter 'duidelik' kan raaksien nie. Dit is 'n kwessie van wat fisies haalbaar is - dit is die realiteit - nie 'n teoretiese wiskundige formule nie. Jy skuld ons dus nog die bewyse - ek sê vir jou dit is fisies nie moontlik nie. Jou formules kan aandui dat daar op sekere wentelbane op sekere tye hemelliggame verbybeweeg (dit is mos darem na alles die rigiede patroon van hemelliggame - dat hulle volgens vaste en dus voorspelbare patrone wentel), ja, en ook dat die sagteware wat jy vir jou teleskoop (nie verkyker nie) gebruik waarskynlik daarvolgens geprogrammeer is, maar jy kan steeds nie bewys dat dit Jupiter se mane is wat jy met jou goedjies sien nie - jy kan maar net raai en verkeerd raai.

    Jy glo in wat jy nie kan sien nie ... en glo dan dit jy dit wel kan sien.

    Angus,

    Jy verstaan tot vandag toe nie wat ek oor parallaks geskrywe het en hoe die foute aanleiding gee tot optiese illusies en onakkurate lesings nie. So, hoe op aarde kan jy verstaan wat in die geskrewe Woord staan? Jou aanmerkings daaroor demonstreer dit duidelik. Weereens, die Woord maak gebruik van gesegdes en dies meer. Vandag nog praat ons daarvan dat die son in die ooste opgaan en in die weste sak - lees jou koerant, luister na die radio. Natuurlik is die aarde, wat in die rondte draai (die ou testamentiese profete wis dit al) geanker op sy wentelas en nie onbeheersd wegtol die verskiet in nie - so het die profeet dit met bekende beeldspraak en metafoor verduidelik en die mense verstaan dit, maar jou agnostiese botheid laat jou geen begrip toe nie.

    Ek hoef nie die geskrewe Woord te verloën om aan die ware wetenskap erkenning te verleen nie - die twee vul mekaar aan. Goddank, dit hang nie van agnostici af om vas te stel wat die betekenis van die geskrewe Woord is nie.

    Kobus de Klerk

  • Ek het berekeninge ingestuur hoe hoog die Brixtontoring moet wees om die Drakensberge daarvandaan af  te sien, maar dit lyk my dit het met beurtkrag verdwyn. Hierdie berekeninge was natuurlik gegrond op Kobus se 420 kilometer vanaf Johannesburg na die Drakensberge toe. 

     
    Ek het my vriend wat in Reitz se omgewing boer en 'n vliegtuig besit, die afstand gevra en dis heelwat nader. Dis 255 km soos die kraai vlieg, van Johannesburg na Harrismith. Kom ons las nog 45km by om die Drakensberge vanaf die Amfiteater tot by Giant's Castle te sien. Dis 300 km. 
     
    Hiervolgens sal die toring 61.8 km hoog moet wees om die Drakensberge te sien. Volgens Kobus se 420km moet die toring 73 km hoog wees. 
     
    Hiermee trek ek my vorige berkeninge terug, indien dit dalk êrens verskyn.
     
    Groete,
    Angus
  • Ek sien nou, ek het so 'n klein berekeningsfoutjie gemaak. Om die Drakensberge te sien, moet die Brixtontoring so effens verleng word van 234 meter na 15 kilometer. Dan sal Kobus kan kyk vanaf Brixtontoring tot by Platberg by Harrismith en tot by Giant's Castle by Mooirivier. 

     
    Ek trek my vorige berekeninge, indien dit verskyn, terug. 
     
    Groete,
    Angus
  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Wys vir ons jou berekening asseblief - en vermeld ook die topografiese gegewens waarop jy dit baseer. Dalk het jy opgelet,maar die Drakensberg is 'n tamaai lange bergreeks.

    Maar jy bewys nog steeds nie dat jy die bergreeks sal kan sien, selfs op die korter 255 km nie...

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Johannesburg is geleë op 'n hoogliggende binnelandse plato wat so ongeveer 1,753 meter bo seespieël is - baie hoog inderdaad. Ek dink net Mexico City is hoër, as ek dit nie mis het nie. Die twee torings wat ek vermeld is die hoogste punte in Johannesburg. Hillbrow toring is die hoogste,maar ek dink die feit dat Brixton toring op 'n koppie geleë is, maak dit effens meer geskik.

    Die afstand van 420 km is min of meer gemiddeld. Hierdie bergreeks strek vanuit die Oos Kaap en om te sê dit is net 255 km, is mos misleidend ('n gunsteling tegniek by julle, wanneer julle in gesprekke betrokke raak).

    Die Drakensberge is die hoogste bergreeks in Suid Afrika  en sluit die Maluti in en is ongeveer 3,450 meter bo seespieël - meeste van die pieke is meer as 3,000 meter bo seespieël. Al berge tussenin is die Witteberge en die Rooiberg, maar hulle is ongeveer bykans 1,000 meter laer as die Drakensberg bo seespieël. Laat staan dus Platberg, wat relatief laag is en probeer eerder Thabana Ntlenyana, Makheka, Mafadi Njesuthi, Champagne Castle, Lithobolong, kaNtuba Piek, Trojan Wall, Pampiring, Botlolong, Popple Piek, Mashai, Mont-aux-Sources, Namahadi Piek, Monk's Cowl, Cathkin Piek en verskeie ander raaksien - hulle is algar meer as 3,000 meter bo seespieël.

    Maar selfs op 'n afstand van net 255 km, sal Thomas met sy goedjies nie die Drakensberg raaksien nie, meen ek.

    Jou beweringe is dus absoluut nonsens, soos gewoonlik.

    Kobus de Klerk

  • Kobus

     
    Dis duidelik dat jy n wetenskaplikle analfabeet is. Jy besef baie duidelik nie dat jy met elke skrywe 'n groter krater van jouself maak nie.
     
    Ek gaan een laaste maal vir jou die eenvoudige beginsel herhaal. Jy moet bewys wat jy beweer. As jy beweer Jupiter se mane wat ek en die hele wêreld se astroloë waarneem, bloot optiese illusies is, moet jy dit bewys. Die onus is op jou om jou bewerings te bewys - niemand hoef jou drome en hersenskimme verkeerd te bewys nie. Dis hoe dit in die regtige wêreld werk en verskil waarskynlik van jou eie verbeelde delusionele wêreld.
     
    Groetnis 
    Thomas
     
  • Kobus de Klerk

    Hou op snert praat Thomas en sê vir 'n slag iets sinvol of bly gewoon stil. Jy het nog nie en kan blykbaar ook geen bydrae lewer tot die gesprekke wat plaasvind nie.

  • Beste Kobus,

     Die formule vir die kromming van die aarde is: d = 3.57√ h, (vir berekening in kilometer).
     
     Ek gaan die berekening doen met jou gegewens. 
     Johannesburg hoogte bo seespieël: 1753 meter 
     Brixton toring: 255 meter
     Hoogte van waarnemer met verkyker: 1753 + 255 + 2 = 2010 meter.
     Hiervolgens het die waarnemer ? horison van 160 kilometer. Miskien sal hy so ver as Warden kan sien, as  lugbesoedeling, dynserigheid en lugbreking buite rekening gelaat word. 
     
     Om ? horison van 422 km te hê, moet nog 12 kilometer by die 2000 meter bo seespieël gevoeg word. Die Brixtontoring sal dus 12 kilometer hoog moet wees, om die Drakensberge te sien.
     
     So terloops, jou kennis van die Drakensberge is nie watwonders nie; dit kan ek sien aan die lys van pieke wat jy opnoem. Tabana Ntlenyana kan jy maar vergeet. Dit die hoogste piek in die reeks, maar lê suid van Giant’s Castle. Selfs as jy bo-op Champagne staan is T N amper nie sigbaar met ? verkyker nie. Makheka is nie ? piek in die Drakensberge nie. Dis ? koppie in Lesotho. Jy moet feitlik teenaan Monk’s Cowl staan om dit te sien, want dis ? rots tussen Champagne Castle en Cathkin. Champagne Castle is deel van die grens tussen Lesotho en Natal, terwyl Cathkin saam met Sterkhoorn in Natal lê. Ek sal jou maar die verleentheid spaar en nie verder ingaan op die ander wat jy noem nie. 
     
     Kobus, ek het jou gewaarsku teen parallaks, maar jy wou nie luister nie. Jy dink nog steeds, na al die jare, dat wanneer sterrekundiges gebruik maak van die parallaks om die afstand van hemelliggame te meet, dat dit verband hou met parallaksfout. ? Parallaksfout kry jy as jy verkeerd met jou liniaal meet. Jy kyk nie reg bokant die merkie op die liniaal nie maar van die kant af. Parallaks het te make met driehoeksmeting, en dis net waar parallaks vir Kobus vang wat betref Jupiter se mane. Volgens parallaksberekening is Jupiter en sy mane amper ewe ver van die aarde af. As jy sommer deur jou verkyker kyk (sorg dat hy stewig gemonteer is, want jou handjies sal te veel bewe) en jy sal Europa, Io, Jupiter, Ganymede en Callisto so in ? ry sien lê. Bel jou naaste Sterrewag en hulle sal dit bevestig en vir jou sê almal is so 4.57 AU weg van die aarde. Hulle is beslis sigbaarder as die Drakensberge van die Brixtontoring af.
     
     Groete
     Angus
  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Jou teorie gaan jou nie help nie. Die formule vir die kromming van die aarde is vir 'n perfekte balvormige oppervlak, wat die aarde hoegenaamd nie is nie - nie in sy basiese vorm nie, ook nie in sy tipografiese hoedanighede nie. Die Drakensberge se hoogtes en die invloed wat dit het asook die feit dat daar laagliggende oppervlak tussenin die twee punte voorkom, word glad nie deur jou in ag geneem nie. Daardie formule neem nie die hoogte van altwee punte bo seespieël sowel as die kromming en insinking van die grond tussenin,  in ag nie - dit is glad nie in praktyk funksioneel nie - daarom het ek jou gevra om die tipografiese gegewens vir my ook uiteen te sit, wat jy natuurlik nie kon doen nie.

    Selfs al sou mens vir argumentshalwe jou snert toepas, is die kanse dat Thomas met sy verkykers selfs vir Warden sal kan sien, heeltemal onwaarskynlik.

    Maar dit is soos dit met julle is. Formules moet vir julle instaan waar praktyk nie haalbaar is nie - kyk maar na Thomas se snert wat hy kwyt raak ook.

    Ek sien jy verleen darem (onbewustelik) erkenning aan die fenomene wat tot optiese illusies aanleiding kan gee op die kort afstand van blote 160 kilometer, maar julle is nie bereid om te aanvaar dat daar oor die ruimtelike afstand van meer as 588 miljoen kilometer, ook artifakte en fenomene (wat ook 'getrou' wentelbane volg en dus altyd op 'n tyd opgemerk sal word in daardie wentelbaan) wat optiese illusies kan veroorsaak nie. Daar is juis toenemend besorgdheid oor die gemors net hier om die aarde heen, wat nog te sê dieper in die ruimte in.

    Vir jou inligting, Makheka, wat jy misleidend 'n "koppie" noem (tipies van jou onbetroubare verhaling), is deel van die Maluti Drakensberge en is op hoogliggende gebied geleë en naas Thabana Ntlenyana die tweede hoogste piek op 3 462 meter bo seespieël.

    Gegewe hoe dikwels jy op hierdie forum uitgewys word vir jou onbetroubare, misleidende en onakkurate verhalings, kan mens ook nie peil trek op enigiets wat jy oor die Drakensberg se hoogtes kwytraak nie en sal mens dit een vir een moet verifieer, waarvoor ek werklik nie nou lus het nie - feit is, hulle is baie hoog, almal bokant 3,000 meter bo seespieël.

    Kobus de Klerk

  • Nee wat nou gee ek op.

    Kobus sê jy kan nie die mane sien nie? Dit hang af wat jy verstaan onder sien. Nee jy gaan nou beslis nie die oppervlakte van die mane sien soos die van die maan nie. Nee met 'n gewone veldverkyker soos myne kon jy darem die flou ligstippels sien.

    Gaan na http://earthsky.org/astronomy-essentials/visible-planets-tonight-mars-jupiter-venus-saturn-mercury as jy wil sien hoe lyk dit deur 'n teleskoop.Op http://www.nasa.gov/press/2015/march/nasa-s-hubble-observations-suggest-underground-ocean-on-jupiters-largest-moon/ kan jy 'n voostelling van die grootste maan sien .

    As jy nie van die voorstellings hou nie gaan dan direk na http://hubblesite.org/gallery/album/solar_system/jupiter/om 'n ongelooflike mooi fotovoorstelling (nie optiese illusies nie) te sien.

  • Beste Kobus,

    My voorafgaande berekeninge was volgens JOU gegewens. Jy het beweer dat Johannesburg 1753 meter bo seespieël is en dat dit in ag geneem moet word. Soos ek verstaan het, wou jy hê dat die omgewing skielik tot seespieël moet sak.
     
     Volgens werklike berekeninge en as jy in ag neem dat Harrismith maar 100 meter laer as Johannesburg is, dan maak Johannesburg se hoogte bo seespieël nie saak nie. 
     
    Hiervolgens het die waarnemer met sy verkyker op Brixton toring 'n horison van 57 kilometer as die lug onbesoedeld is. As jy die toring 12 kilometer hoër bou, het jy 'n horison van 428 kilometer. 
     
    Dis JY wat beweer het dat 'n mens met 'n verkyker vanaf die Brixton toring eerder die Drakensberge behoort  te sien wat soveel nader is as die mane van Jupiter. 
     
    Bou dus eers die toring, dan praat ons weer.
     
    Natuurlik moet 'n mens die kromming van die aarde deur formules bepaal. Of dink jy rêrig die aarde is plat?
     
    Vir jou inligting, Makheke is in die binneland van Lesotho geleë, in 'n westelike rigting vanaf Giant's Castle. Daar lê twee pieke: die naaste aan Giant's Castle is Injisuthi en verder aan is Makheke. Vra my, ek was sowat vyf jaar gelede op Giant's Castle en kon vandaar die twee pieke sien.  Mens sien eintlik weswaarts Popple peak, dan Injisuthi, dan die rotswand bekend as Trojan Wall, en noord weer daarvan lê Makhete. 'n Mens sien Makhete ook as jy op Champagne Castle of Cathkin staan en jy kyk in 'n noord-oostelike rigting.   Ek weet wat ek gesien het, want ek het 'n betreklik nuwe landkaart gehad en 'n kaart wat in 1888 geteken is deur Stocker. Laasgenoemde kaart het ek gekry in R O Pearse se Barrier of Spears. Drama of the Drakensberg. 
     
    Tabana Ntlenyana is die hoogste piek in die Drakensberge, nie die tweede hoogste nie. Om daar te kom, is die beste om met Sani-pas op te ry, dan lê dit verder oos as jy bo is. Daardie deel van die Drakensberge ken ek nie so goed nie. Ek ken eintlik maar net die deel vanaf Giant'sCastle tot by die Amfiteater. Die deel vanaf Champagne Castle tot by die Amfiteater ken ek goed. Ek het al een keer vanaf Champagne Castle tot by die Amfiteater gestap. 
     
    Groete,
    Angus
  • Kobus de Klerk

    Flou ligstippels, Boot!? Dit is heel waarskynlik heeltemal iets anders, waarvan daar duisende in die ruimte ronddryf, soos jy behoort te weet, wat ook lig reflekteer en verantwoordelik is vir ligstippels. Magtig, hoe meer jy skrywe, hoe meer sien mens hoe maklik jy gefop kan word - die Engelse het 'n woord daarvoor - jy is  'gullible'.

  • Kobus de Klerk

    Angus,

    As darwinisme na soveel jaar nog steeds op onbewese  - of eerder onbewysbare - teorieë moet staatmaak om staande te bly, het dit reeds gefaal. Niemand betwis die feit dat daar intra-spesifieke veranderinge plaasvind nie, maar dit, weens die kompleksiteit daarvan, is die resultaat van ontwerp - Goddelike ontwerp (daar is geeneen wat dit kan betwis nie - SY Handewerk getuig elke dag oor Hom).

    Soos ek weergee, is dit nie die chromosoom-ooreenkomste nie, maar juis die verskille wat bewys dat die een nie van die ander afkomstig is nie. Wat die ooreenkomste aanbetref, het ek 'n heeltemal ander verklaring weergee wat baie logies is  en nie weerlê word deur jou bewerings nie. As jy dit steeds nie begryp nie, help dit nie ek herhaal dit keer op keer nie.

    Dit is goed jy erken dat evolusie nie die oorsaak is van die beweerde chromosoomsamesmelting nie, en dit wat daarop volg. Dit het nie gebeur nie. Maar julle beweer daar was sulke fusie - as dit dan nie evolusie is nie, hoe het dit gebeur? Nou moet jy mooi dans op die eier ...

    Soos uitgewys kan jy nie beweer die wat jy noem sentromeer-oorblyfsels is, is inderdaad nie oorblyfsels nie, maar veel eerder onontwikkelde (latente) sentromeer.

    Jy kan nie bewys dat fusie tussen 2A en 2B plaasgevind het nie - dit is na bewering 'n proses wat in die onbepaalde verre verskiet sou plaasvind - hoe bewys jy dit? Jy kan nie - jy kan maar net afleidings maak, maar dit is nie bewys nie, dit is konjektuur.

    Ons sien met talle eksperimente dat navorsers alles in hulle vermoë doen om resultate te kry ooreenkomstig die vooropgestelde evolusieteorie - hulle hou aan deur 'n proses baie na verwant aan gerigte tref-of-fouteer totdat hulle uiteindelik die 'gewenste' resultaat verkry. Hulle formuleer eers die teorie en probeer dit dan bewys (in plaas van verkeerd bewys).

    Die beweringe rondom chromosoom 9 is glad nie kreasioniste se bewering nie - jy dink nie voor jy praat nie. Kreasioniste sal nie probeer om hierdie teorie vir julle te bewys nie. Dit is deel van die teorie wat jy probeer bewys en stel ten doel om 'n verklaring te bied vir die ongeveer 150,000 basispaar sekwense wat by die menslike chromosoom 2 voorkom, maar nie ook by 2A en 2B voorkom nie en aangesien menslike chr 2 beweer word te 'ontstaan' het deur samestelling van aap 2A en 2B, daar inplanting van die p-end van chr 9 se basispare plaasgevind het. Maar natuurlik is dit snert. Wys jou hoe desperaat julle ouens is om julle teorieë te probeer 'bewys'.

    Natuurlik sal jy meen kreasioniste en mense wie glo in Goddelike skepping eerder as darwinistiese evolusie, maak kraters van hulself. Maar dit is maar net jou en ander wat soos jy dink, se eie onsinnige opinie wat regtig nie die saak enigsins verder neem nie. As jy kon verstaan wat aangaan, sou jy nie die snert geglo het wat jy wel glo nie, maar besef het God is in beheer ...

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Jy misgis jou, Angus. Wragtig, jy verstaan weereens nie wat ek sê nie. Ek sê juis dat mense nie eens die Drakensberge kan sien nie - ook nie vir Warden (waar kom jy aan Harrismith - jy het van Warden gepraat) nie, juis vanweë die afstand - wat nog te sê van jupiter en sy mane.

    Kyk, teoretiese formules sal nooit kan instaan vir fisiese realiteite nie - verstaan dit nou maar. Jy en Thomas moet julle teorie aanpas om met fisiese realiteite rekening te hou. Anders is julle niks anders as maklik fopbaar nie.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Die Hubble-teleskoop, daardie hoogs gesofistikeerde en uiters kragtige 2800 watt, 2,4 meter spieël-teleskoop met versterkers, wentel maar ongeveer 552 km bokant die aarde en selfs met daardie uiters kragtige teleskoop, is die detail van die aarde se bergreekse niks besonders nie. Wat nog te sê met Thomas se goedjies waarmee hy kyk.

    Hier is die hubble se fotos van jupiter se beweerde grootste maan te sien - http://hubblesite.org/newscenter/archive/releases/solar-system/jupiter/2008/42/ - Let op die feit dat die maantjie (as dit hoegenaamd die maan is) eintlik niks meer as 'n kolletjie is nie ten spyte van hubble se spesifikasies as ultra super teleskoop.

    Nou hoe op aarde kan die mane van jupiter wat baie dikwels véél meer as 588,000,000 km ver weg is, werklik fisies – of soos Thomas insinueer, duidelik - met sy goedjies gesien word? Hy sê hy sien dit duidelik – Maar ons weet van Thomas, hy oordryf geredelik en gereeld en wissel dit af met niksseggende beledigings en onsinnige stellings. Dit is nie moontlik nie. Boot sê hy sien ligspikkels en neem aan dit is die mane wat hy sien ... Wie praat die waarheid?

    Maar daar word gesê dat die hubble-teleskoop se 'lock on' akkuraatheid onder mees gunstige omstandighede gekalibreer kan word tot die akkuraatheid-ekwivalent aan die dikte van 'n mens se haar, dit wil sê 'n aberrasie-faktor van ongeveer 0.00709 duim oor 'n afstand van 1 myl oftewel 0.0180086 cm oor daardie afstand.

    Indrukwekkend, inderdaad ... maar oor 'n afstand van ongeveer 773,000,000 – 900,000,000 km (die vermoedelike gemiddelde tot verste afstand van jupiter vanaf die aarde in sy elliptiese baan) is die aberrasie-faktor van hubble, op die mees akkurate instelling en kalibrasie, tussen 82,5 km en 162 km.

    'n Optiese aberrasie van net 60 haarbreedtes, en hubble mis die grootste maan van jupiter heeltemal ...

    Besef jy hoe min 46 haarbreedtes is? Hoe maklik so 'n aberrasie kan intree? Maar oor 'n astronomiese afstand van miljoene der miljoene kilometer maak dit 'n aansienlike verskil.

    Hubble is, relatief tot sy soort, 'n groot meganiese en elektroniese stuk werk met 'n primêre spieël van 2,4 meter in deursnee, wat instandhouding en verstelling benodig van tyd tot tyd. Om te verwag die tamaaie stuk meganika en elektronika moet akkuraatheid gemeet in haardiktes handhaaf, is pure wensdenkery en onhaalbaar. Soos enige mensgemaakte ding, funksioneer dit nie altyd reg nie. Soos dit is, moes daar al in 1993 relatief ingrypende verbeterings en verstellings gemaak word. Dit beteken dat, as daar net selfs geringe versteuring in hubble se instelling of stabilisering of posisie is terwyl die beeld (foto) geneem word, dan sal die aberrasie faktor eksponensieel vererger en sal die teiken waarskynlik glad nie afgeneem kan word nie ... of sal op iets anders fokus. Hoe gereeld gebeur dit? Al wat nodig is, is aberrasie van 46 haarbreedtes ... 'n aberrasie van net 10 cm sal 'n onakkurate lesing van ongeveer 60,000 km veroorsaak oor daardie afstande. 'n Skamele 24 cm, en die hele jupiter word 'misgekyk', deur die hubble-teleskoop ...

    Afgesien daarvan dat dit nie prakties waarskynlik is vir hubble om altyd perfek te fokus en te posisioneer nie, hoor ons deesdae van al die rommel wat in die ruimte rondbeweeg waar hubble ook wentel – sekerlik tref sommige daarvan die teleskoop. Die kanse dat hubble dus haarbreedte akkurate fotos kan neem van hemelliggame soos jupiter, dié se mane en verdere planete met hul mane, is in praktyk feitlik nul of ten beste, baie wisselvallig.

    Ons weet dat omstandighede nie perfek is nie – hubble weeg net ongeveer 11 ton (die lanseergewig binne die volle effek van swaartekrag en magnetiese veld van die aarde), maar in die wentelbaan beteken hierdie gewig maar min of bykans niks aangesien die aarde se magnetisme en swaartekrag aansienlik minder effek het. Dan beweeg hubble in sy wentelbaan teen ongeveer 7,5 km per sekonde (ongeveer 27,000 kpu) – dit is vinnig – en as dit iets tref, sal dit sekerlik 'n aberrasie van baie haardiktes oor 'n kilometer veroorsaak en oor die astronomiese afstande waar beelde geneem word, heeltemal van koers af. Boonop beweeg die teleskoop relatief baie vinnig soos uitgewys, en al die omstandigheidsfaktore in ag genome, is dit hoogs onwaarskynlik dat die teleskoop relatief kleiner objekte soos planete en hul mane werklik akkuraat kan afneem.

    Hoe weet ons in ieder geval, dat die informasie wat ons gegee word, akkuraat is? Watter kontroles is daar? Hierdie mense het almal 'n konflik van belange wanneer dit by 'n morele openbaarmakingsplig kom. Hulle moet resultate lewer, kort-kort, anders word hulle befondsing ingekort of afgesny. Onlangs het hul kamstig (na die teleskoop al byna 25 jaar aktief is) vir die eerste keer kwansuis 'n baie groot en diep watermassa op ganemede 'gesien'. Werklik? Hoekom, nou eers na 25 jaar waar dieselfde teleskoop gedurig na jupiter loer? Wie kan dit kontroleer? Om na die sogenaamde beelde te kyk, sê niks. Wat is werklik afgeneem? Hoe kan die rou (raw) data van die beeld gekontroleer word om seker te maak dat daar nie met die beeld gepeuter is nie? Hulle woord moet daarvoor geneem word. Maar dit is weer befondsingtyd. Boonop is hul van hul werk afhanklik vir 'n inkomste. Hulle reputasies is ook vir hulle belangriker as meeste ander dinge ... en daar is net mooi geen manier om hul aansprake en informasie te laat kontroleer nie. Nie een van hulle sal die fluitjie blaas as hulle op disinformasie afkom nie. Hulle almal het dieselfde persoonlike belange en streef dieselfde doelwitte na.

    Ek dink werklik mense is besig om vir diegene wat maklik fopbaar is, stories op te dis met 'indrukwekkende' formules en al, want waarom sou mense dit in twyfel trek?

    Maar as mens bietjie begin ondersoek instel ...

    Kobus de Klerk

  • Angus

     
    Jy skryf: "Vir jou inligting, Makheke is in die binneland van Lesotho geleë, in 'n westelike rigting vanaf Giant's Castle. Daar lê twee pieke: die naaste aan Giant's Castle is Injisuthi en verder aan is Makheke. Vra my, ek was sowat vyf jaar gelede op Giant's Castle en kon vandaar die twee pieke sien.  Mens sien eintlik weswaarts Popple peak, dan Injisuthi, dan die rotswand bekend as Trojan Wall, en noord weer daarvan lê Makhete. 'n Mens sien Makhete ook as jy op Champagne Castle of Cathkin staan en jy kyk in 'n noord-oostelike rigting.   Ek weet wat ek gesien het, want ek het 'n betreklik nuwe landkaart gehad en 'n kaart wat in 1888 geteken is deur Stocker. Laasgenoemde kaart het ek gekry in R O Pearse se Barrier of Spears. Drama of the Drakensberg". 
     
    As ek Kobus se redenasie reg verstaan is dit heel moontlik dat dit wat jy gesien het, nooit die twee pieke was nie. Dit was moontlik voëls of iets dergliks wat tussen jou en die berge beland het en toe sien jy dit aan vir pieke - jy weet amper soos daai vreemde goed wat in die ruimte ronddryf en lyk soos mane wat om Jupiter wentel!
     
    Wat my verder interesseer is dat die ganse wêreld se astronome nog nie van Kosie se teorieë gehoor het nie. Wat my verder verbaas is dat hy nie sy teorieë opskryf en publiseer nie en sodoende in die proses 'n Nobelprysie optel nie. Bewyse is tog so 'n lastige ding!
     
    Groetnis
    Thomas
  • Beste Kobus De Klerk

    Gratis stukkie raad vir jou. Kom 'n slag by.Het jy darem die skakels wat ek gegee het geaktiveer en gesien hoe ongelooflik mooi die skepping is?

    Koop vir jou 'n ordentlike teleskoop en oortuig jouself. Jy sal sien jy is die een wat wat nog altyd in 'n dwaal verkeer.

  • Kobus,   

    Ek neem aan jy het ’n teleskoop, Jy het mos darem in ’n stadium so geskryf. Hier  is vir jou enkele wenke wat jou behoort te oortuig daarvan dat die ligstippeltjies wat altyd by Jupiter aanwesig is, inderdaad  die sigbaarheid van Jupiter se Galileaanse mane bevestig, sodat dit onnodig behoort te wees om vir Thomas om bewyse lastig te val.

    As jy nou weer na Jupiter deur jou teleskoop kyk sal jy die vier lig ‘stippeltjies’ wat min of meer in lyn met Jupiter se ewenaar te sien is, behoort waar te neem. Hulle is maar altyd daar. Soms is hulle minder omdat van hulle agter Jupiter is. Indien jy hulle lank genoeg of gereeld genoeg dophou, sal jy gou agterkom dat hulle al om Jupiter beweeg. Wanneer hulle voor Jupiter verbybeweeg, val hulle skaduwees wat nog duideliker as die ligstippels self is, dikwels op Jupiter,  afhangende van die hoek tussen die son en Jupiter en die ‘ligstippel’. Op ’n sekere punt draai  die ‘ligstippel’ weer om en dan verdwyn dit agter Jupiter om skielik weer aan die ander kant van Jupiter te voorskyn te kom. Al vier ‘ligstippels’ openbaar presies dieselfde gedrag, maar hulle draaipunte verskil as gevolg van die verskillende afstande vanaf Jupiter. Hoe op aarde kan enigiets wat nader as Jupiter aan die aarde is, agter Jupiter verdwyn en weer aan die anderkant van Jupiter verskyn?

    Terloops. Die tydsverloop tussen so ’n ‘Jupiter-maansvertduistering’ en die presiese oomblik dat dit omtrent 40 minute later op die aarde waargeneem kan word, is deur Sterrekundiges akkuraat gemeet en dit was een van die eerste metodes wat aangewend is om  die spoed van lig te bevestig.

    Groete
    Panda

  • Kobus de Klerk

    Thomas, hierbo het ek vir jou goeie raad gegee - ek weet dit vat lank om by jou in te sink,maar hier is dit weer - Hou op snert praat en sê vir 'n slag iets sinvol of bly gewoon stil. Jy het nog nie en kan blykbaar ook geen bydrae lewer tot die gesprekke wat plaasvind nie.

    Nou ja, jou laaste aanmerking hierbo spreek weereens daarvan.

    Natuurlik het jy my argument nie korrek verstaan nie. Jou verspotte gebrabbel bewys dit weer.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Panda,

    Dit klink wel na 'n gangbare argument wat jy voorhou. Maar die aspek wat die ergste teen die argument militeer is juis die fisiese beperkings van sigbaarheid met die beskikbare toerusting waarmee dit gedoen gepoog te word.

    By ontleding daarvan bewys dit ongelukkig nog nie die punt bevredigend nie. Die eerste probleem daarmee is, soos jy self ook uitwys, dat die skaduwees dikwels (dus net soms) op jupiter se oppervlakte te siene is. Maar dit bring ons ook by die tweede probleem. Aangesien dit ligstippies is, kan dit netsowel ander objekte wees wat in 'n wentelbaan beweeg om iets anders wat glad nie jupiter se luminositeit het nie en selfs dus nie altyd sigbaar sal wees nie. Daar is verskeie soortgelyke waarskynlikhede. Dan ook, enigiets wat onderweg oor die afstand van ongeveer 600 000 000 km tussen jou en jupiter inbeweeg op sy wentelbaan sal soos 'n skaduwee op jupiter lyk en dan veral soos jy sê, selfs duideliker as die ligstippie.  Daar is net te veel waarskynlike variasies as die onwaarskynlike een dat julle vir jupiter en veral sy relatief piepklein maantjies van hier af kan opmerk.

    Ek hoor wat jy sê van die spoed van lig - tog is daar verskeie ander teorieë wat leer dat lig deur artifakte en fenomene in die ruimte gedeflekteer, reflekteer en selfs gebuig word - hoe sal mens dus weet watter afstand die lig werklik aflê voor dit op aarde sigbaar word - of verlore raak? Die punt wat ek telkens beklemtoon is die astronomiese afstande waarvan gepraat word  - ongeveer 600 000 000 km - alles dinge wat 'n invloed het op gedrag van en die afstand wat die lig (radioaktiewe partikels) moet aflê binne 'n tydsbestek vanaf die bron daarvan tot by die sigbaarheidspunt op aarde. Dit sal uiteraard aandui dat die ligbron (refleksie) verder vanaf die aarde is as wat dit werklik is en dan is die spoed van lug beslis ook nie 'n konstante nie, slegs in 'n steriele vakuum is dit 'n konstante. Om dit te weerlê, sal daar bewys moet word dat daar niks oor die afstand van ongeveer 600 000 000 kilometer is wat so 'n invloed op die koers van die radioaktiewe partikels (lig) kan bewerkstellig nie. Dit lyk besonder onwaarskynlik om reg te kry.

    Dan is die eintlike probleem steeds die onvermoë van die mens en sy 'gewone' toerusting om fisies so ver te kan sien. Dit gee daartoe aanleiding dat dit eerder iets veel, veel nader is wat gesien word, juis omdat dit sigbaar is.

    Jy sal moet erken dat 'n blote ligstippie werklik te min data beskikbaar maak om enigsins oor die identiteit daarvan te bepaal - dan kom ons by die enigste kontrole en dit is die posisie van die ligstippie van tyd tot tyd. Die ernstige probleem daarmee is hierbo uitgewys - daar is te veel waarskynlike variante.   Die probleem is dat daar nie gekontroleer kan word of dit wat aangesien word, wel vanaf jupiter en veral sy mane afkomstig is en nie van ander fenomene veel, veel nader, sodat dit sigbaar is van hier af nie.

    Kobus de Klerk

  • Kobus 

     
    Jou argument is dat Jupiter se mane nie sigbaar is vanaf die aarde nie en dat dit wat ons sien optiese illusies is. Deur my uit te kryt dat ek snert praat, verleen geen bewyskrag aan jy storie nie. Die hele ding is eintlike baie eenvoudig. Baie lank gelede het jy die sotlike bewering gemaak dat Jupiter se mane nie van die aarde af sigbaar is nie. Jy is onmiddellik deur kundiges daarop gewys dat jy bog praat en foto’s is selfs in sekere plasing ingesluit om jou te wys dat jy verkeerd is. Soos verwag het jy eenvoudig aangegaan en die ganse wetenskaplike wêreld tot leuenaar gemaak en jou eie drogredenasies tot wetenskap probeer verhef – sonder enige bewyse en natuurlik sonder sukses. 
     
    Met elke skrywe sak jy dieper in jou eie drogredenasies weg en openbaar jy ’n kinderlike gebrek aan basiese wetenskaplike kennis. Kan jy miskien vir ons net een gesaghebbende wetenskaplike opnoem wat jou belaglike teorie van Jupiter se mane ondersteun? Kan jy vir ons enige lewensvatbare verklaring gee vir die verdwyning en verskyning van die mane soos wat dit agter Jupiter inbeweeg? Die model dat die mane wat om Jupiter wentel is ’n eenvoudige en geloofwaardige verklaring oor hoekom ons die mane soms sien en dan nie. Die model voorspel ook dat die mane op ’n gegewe tyd weer sal verskyn en soos klokslag doen hulle dit. Die model verklaar en voorspel dus, net soos die model van evolusie en word aanvaar deur almal met bloot basiese kennis en insig in die wetenskap. 
     
    Die insluiting van irrelevante inligting wat jy op Google sit en uitkrap beïndruk niemand hier op die Sê nie en verleen nie geloofwaardigheid aan jou pogings om wetenskaplike argumente te voer nie. 
     
    Kobus, hou jou eerder by die salf van mense uit olie-flessies wat nooit leeg word nie en probeer jou slimstreke op goedgelowige godsdienstige mense uithaal. Hier gaan ons jou nie laat wegkom met twakpraat nie.    
     
    Groetnis
    Thomas
  • Kobus de Klerk

    Thomas,

    Jy kan maar net nie sinvol redeneer nie - kyk na jou snert hierbo... 'n klomp veralgemenings en baie snedigheid sonder 'n enkele bewys, ooit. Dit is hoe ons jou ken. Bewys dat die mane hier van die aarde af sigbaar is - jy sit met die probleem dat jy moet bewys dat jy met jou goedjies die mane duidelik kan sien.

    Julle kan nie eens bewys jy kan met jou goedjies die Drakensberg (enige deel daarvan) of selfs Warden, soos wat Angus dit wil hê, sien nie.

    Bewys jou aansprake, of bly stil. Jy weet nie hoe om die kundiges waarop jy so steun, se aansprake te kontroleer nie - jy eet dit vir soetkoek op. Dit maak van jou en almal anders wat dit doen, die gekke.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Boot,

    Jy sit met presies dieselfde probleem is Thomas. Jou webtuiste is geen weerlegging van die besware wat ek opper nie, maar jy skyn nie genoeg insigte te hê om dit in te sien nie. Ek moet sê, jy probeer darem nog. Thomas het  nie eens nie. En wanneer hy probeer, sal hy maar net uitsoek wat hom pas en dit soos 'n papegaai herhaal.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top