Vir geruime tyd het ek op Angus se waansin in detail onder hoofde Vir Cornelius: dit lyk nie of ras 'n punt het nie, my verantwoordelikheid nagekom.
In kort is dit toe duidelik dat Angus, nie eens die standpunt van die heer Richard Dawkins wat hy so desperaat verdig, behoorlik ken nie.
In ieder geval handhaaf hulle 'n bejammerenswaardige en kreasionistiese beskouing as ateïste omtrent ras; naamlik, dat ons almal van 'n Adam en Eva stam.
Dit daar gelaat.
My saak van die begin af hieroor, en onder hoofde Richard Dawkins: 'Ons is almal Afrikane', is die feit dat die ateïs- karikatuur Richard Dawkins, met al sy onsinnige veronderstellinge onder 'n dekmantel van geleerdheid, suiwer en alleenlik daarmee die bespotting van Godsdiens ten doel het.
Ek herhaal ook die volgende twiet; @RichardDawkins Of course you are entitled to your beliefs. And I am entitled to ridicule them. Especially if all I do is quote them verbatim.
In sy ergerlikheid en onthutstheid omdat ek daarna as boewery, veral in die lig van Suid Afrika se Grondwet verwys het, het Angus homself bevestig:
"Tog stem ek [Angus] saam met Dawkins dat daar gespot moet word met religie. Waarom nie? Almal verag my [Angus] omdat ek nie in die bonatuurlike kan glo nie. Nog nie een Christen het respek vir my siening gehad nie, waarom moet ek respek betoon teenoor Christene se geloof? Jy [Cornelius Henn] beweer dat Dawkins vervolg behoort te word. Dis 'n tipiese Christelike en Islamitiese lewensbeskouing. Die geskiedenis is vol daarvan. Laat my so baie aan die Salman Rushdie-geval dink. As jy in 'n Orwelliaanse distopia wil lewe, is dit jou saak. Ek en Dawkins verkies vryheid van spraak, en 'n raslose samelewing. Hierdie veelrassigheid wat die Bybel op ons wil afdwing, lei net tot rassisme."
Die promiskue en dekadente homoseksueel Jaco Fourie (soos hy gereeld met homself hier op LitNet spog), jubel toe die volgende om Angus se standpunt hierbo verder aan te moedig:
"2013-09-12 @08:55 Angus HOOR! HOOR! en nogmaals HOOR! HOOR! Jaco Fourie"
Enige nederige, eenvoudige en opregte Godsdienstige, sal getuig dat hul geloof in ons almal se Skepper, geheel hul hart en siel is - hul hele wese vervul!
Dis verkeerd om rassistiese grappe te maak ... dis verkeerd om homoseksualiteit in die algemeen te bespot ... dis verkeerd om seksistiese en neerhalende opmerkinge te maak ...
MAAR, dis skynbaar reg volgens die werf se geagte deelnemers (en ander belangstellendes vind dit skynbaar heel vermaaklik), om met ander se Godsdiens te spot.
Wat my betref is dit 'n vergryp deur ekstremistiese fundamentele ateïste, EN die sogenaamde ware Christengelowiges.
Ek verstaan en respekteer die feit dat die werf deel is van die wêreld-wye-web - goed so ook.
Ek het myself bedink en daaroor gewonder; is dit verkeerd om die bespotting van 'n ander se hart en wese, as 'n kriminele misdryf - boewery - te beskou?
Ek onderneem heelhartig om finaal en onvoorwaardelik my verskoning te bied, en in skaamte te onttrek van die werf indien enigeen - Jaco Fourie, Kobus de Klerk, Trienie Mahne, Wouter Ferns, Angus en Chris Dippenaar ingesluit (wat almal reeds hul aandeel in die bespotting aan ander se spiritualiteit het) - aan my kan bewys dat hulle wel so 'n reg het om ander wat nie soos hulle glo, of in hul ongeloof deel nie, te mag bespot - en veral - dit as geen misdaad (boewery) beskou hoef te word nie.
Twyfel ek? ... nee, ek sal erg verras wees indien enigeen daarin sou slaag om my anders te oortuig - ook nie dat ek onbepaald myself met sulke laakbaarheid wil vermoei nie.
Volgens die heer Dawkins (ook namens ware Christengelowiges wat graag ander se geloof bespot), is die opvoeding van die kinders in hierdie video, veel erger as die hand van 'n pedofiel in sy broek toe hy nege jaar oud was.
Mag Jesus Christus onse Baba Yetu, ons almal vergewe en die hele wêreld genadig wees.
Namaste (ek buig nederig voor die spiritualiteit ook in jou) !
Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,
Cornelius Henn


Kommentaar
Cornelius, jy kan begin deur 'n verskoning aan te bied aan Kobus de Klerk vir waar jy hom in die verlede gespot en verkleineer het oor sy oortuigings.
Beste Cornelius,
Na die lees van jou brief het ek gewonder wat geword het van die aangename en tolerante Cornelius van vorige jare wat lekker met anderdenkendes omgegaan het, en so as voorbeeld gedien het vir ander Christene.
Persoonlik is ek bevrees dat Angus korrek is in baie van sy opvattings en uitlatings wat vir baie skokkend mag voorkom, maar die kern van ons hele Westerse beskawing en wêreldsiening is basseer op 'n Hebreeuse boek, en die Bybel, wat veel boosheid aan die mensdom gebring het.
As jy ooit die Ou Testament gelees het met 'n oop kop sal jy die institusionele rassisme begin agterkom, die idee van n "Herrenvolk", (nie 'n Nazi-ideologie nie), die vergadering van rykdom op aarde ('n fisiese bewys dat jy deur God geseën is), die uitbuiting van die aarde se bronne vir eie gewin, die aanteel van die mensdom ten spyte van armoede en ellende -voortvarend vandag deur die preek van die kansel teen geboorte- beperkende middels, edm.
Die geskiedenis van die verspreiding van die Evangelie in Europa, Suid-Amerika, en die Verre-Ooste is 'n bloedige vehaal van fisiese dwang, roof en gepaardgaande moord - 'n verhaal waarvoor die Kerk nooit om verskoning gevra het nie.
Die geskiedenis van die vervolging van wetenskaplikes is 'n groot hoofstuk in die boek van kriminele dade waarvoor die Kerk verantwoordelik gehou kan word.
Is jy dan nog verbaas dat daar mense is wat wil afstand doen van hierdie geskiedenis en wil lewe in 'n rasionele sekulêre wêreld? Maar wat is die gevolg hiervan? In die verlede is hierdie persone gemarginaliseer, en in die ergste geval, ook gedemoniseer. Maar die wiel is stadig besig om te draai. Mense begin geleidelik besef dat die aarde nie net daar bestaan vir die mensdom om te gebruik en te bemors nie, en dat ons net deel is van die diereryk, trouens ons hele bestaan hangaf van die flora en fauna rondom ons.
Jammer dat jy so intens omgekrap word oor Dawkins. Hy verdedig net sy posisie teen al die haatbriewe wat hy ontvang.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Chris Dippenaar, ek nooi jou of enige ander belangstellende om enige aanhaling waar ek ENIGEEN al gespot het vir hul geloof, of ongeloof, hier aan te haal ... die feit dat ek kritiek het teen diegene wat ander se geloof, en ongeloof byvoorbeeld as hutspotte en agnosme bespot, bedoel my beoordeling daarvan verseker nie hul geloof, of ongeloof buiten die minagting wat hulle teenoor ander straal - om dieselfde rede sal ek nie Satanisme bespot nie, maar wel kritiseer vir die minagting wat hulle in hul boosheid straal ... Chris, jy het 'n verantwoordelikheid hier - kyk of jy dit wel hierdie keer kan nakom - haal my aan met behoorlike verwysinge sodat ek my plig teenoor my medemens kan nakom ... (en net vir die wis en onwis; probeer asseblief tussen kritiek, en bespot, onderskei) ... Cornelius Henn
Hallo Cornelius,
1. Dawkins en rassisme.
Dit behoort vir enigiemand duidelik te wees dat Richard Dawkins besig is met `n veldtog om rasseharmonie te bevorder. Die oorsprong van so `n aksie behoort nie die doelwit verdag te maak nie en of dit nou Dawkins of Tutu is wat dit doen, het geen impak op die onderliggende doelstelling nie. Wanneer Dawkins daarop wys dat ras nie `n biologiese takson is nie, verwys hy na klassifikasie deur die International Commission on Zoological Nomenclature (ICZN) en spreek hy nie bloot `n persoonlike opinie uit nie. Jy kan die ICZN maar self gaan Google. Hulle het `n stelsel waardeur jy insette kan maak en as jy van mening is dat ras `n takson behoort te wees, kan jy so `n voorlegging motiveer. Die veldtog dat alle mense Afrikane is, is natuurlik metafories – in algemene spreektaal het Afrikaan `n nouer betekenis. Waar ek jou redenasie nie volg nie, is hoe hierdie spesifieke veldtog “onder 'n dekmantel van geleerdheid, suiwer en alleenlik daarmee die bespotting van Godsdiens ten doel het.” Wat Dawkins ook al by ander geleenthede kwyt geraak het, bevat hierdie standpunte nie die geringste sweempie van enige bespotting nie. Kreasioniste kan natuurlik die mening huldig dat die mens nie in Afrika ontstaan het nie.
2. Bespotting.
Ons kan niks aan bak ore of sproete doen nie en om iemand daaroor te bespot, is laakbaar. Daarteenoor is die humoristiese voorstelling van dwalings in denkwyse en optrede `n doeltreffende manier om standpunte te kommunikeer. Op politieke gebied vind ons dit in verhoogstukke van antieke Griekeland tot Pieter-Dirk Uys, spotprentjies in die koerante, kwinkslae in die parlement en vele meer. Om mense “Bybelaanbidders” te noem is `n bespotting; ek het daar geen probleem mee nie, maar neem in aanmerking dat jy dit nie enersyds kan praktiseer en dan andersyds daarvan gevrywaar wil wees nie. Mense se oortuigings is soms so onlogies dat debat onmoontlik is en satire eintlik die enigste sinvolle manier is om daarop te reageer. Die bevordering van `n denkende samelewing is van meer belang as die gekrenkte gevoelens van die misleide persoon. Beswaddering is `n ander saak en om voortdurend individue eerder as onderwerpe aan te val ondermyn eie reputasie. Wie modder gooi, verloor grond.
Groete,
ClR
... en wyl ons op die onderwerp is: Richard Dawkins wrote in The God Delusion that religion is a dangerous form of child abuse, a claim he reiterated in an online essay titled “Religion’s Real Child Abuse.” He [Richard Dawkins] explicitly says that while sexual abuse by priests may be bad, what’s worse is raising children to think of themselves as members of one religion or another, or saddling them with the fear of hell.
Sexual assault victims’ organizations are slamming evolutionary biologist and leading atheist Richard Dawkins for comments he made about the inoffensiveness of “mild pedophilia.”Dawkins made the remarks in a recent interview with The Times magazine. He said that during his time at a boarding school as a boy in the 1950s, a teacher “pulled me on his knee and put his hand inside my shorts.” Dawkins described the incident as “mild pedophilia” that left him no worse off. Neither Dawkins nor the other boys abused by this teacher suffered permanent physical or mental damage, he said.“I don’t think he did any of us lasting harm,” said Dawkins. Dawkins also said that it was improper to judge the acts committed by this teacher by today’s higher moral standards.“I am very conscious that you can’t condemn people of an earlier era by the standards of ours,” he said. Lees meer: http://dailycaller.com/2013/09/11/atheist-richard-dawkins-makes-shocking-claim-about-pedophilia/#ixzz2eg43DRcC ... met verwaande begrippe soos 'mild pedophilia' as gangbaar in hul lering, bespot Richard Dawkins en sy dissipels die opvoeding van kinders in ENIGE Godsdiens, as iets erger as kindermolestering ...
Beste Cornelius,
Ons ou Neelsie is te lief om my met "dekadent" en "promisku" uit te kryt, asof hy dink dit doen iets aan my.
DECADENT: "Decadence was the name given, originally by Ron Wiggins, to a number of late nineteenth-century writers who valued artifice over the earlier Romantics' naïve view of nature. Some of them triumphantly adopted the name, referring to themselves as Decadents. For the most part, they were influenced by the tradition of the Gothic novel and by the poetry and fiction of Edgar Allan Poe, and were associated with Symbolism and/or Aestheticism. This concept of decadence dates from the eighteenth century, especially from Montesquieu, and was taken up by critics as a term of abuse after Désiré Nisard used it against Victor Hugo and Romanticism in general. A later generation of Romantics, such as Théophile Gautier and Charles Baudelaire took the word as a badge of pride, as a sign of their rejection of what they saw as banal "progress." In the 1880s a group of French writers referred to themselves as Decadents. The classic novel from this group is Joris-Karl Huysmans' Against Nature, often seen as the first great decadent work, though others attribute this honor to Baudelaire's works. "
PROMISCUOUS: = "Having a great time with many different people"
Sonder om dit eers te besef vereer hy my dienooreenkomstig, en plaas my in dieselfde katogorie as bogenoemde intellektueles
Jaco Fourie
Ek het geen verantwoordelikheid hier om aan jou te wys waar jou gedrag teenoor Kobus krities, bespotlik of vieslik was nie. Ek los dit oor aan jou gewete.
Bespot, of kritiseer:
Hierdie soort dogma onder die dekmantel van Godsdiens, verdien die ergste kritiek denkbaar - ja, hoe laakbaar is dit om daarmee te spot - ridicule?
http://www.viralnova.com/8-year-old-child-bride-dies/?fb_action_ids=10151810000494194&fb_action_types=og.likes&fb_source=other_multiline&action_object_map={"10151810000494194":1409129009304475}&action_type_map={"10151810000494194":"og.likes"}&action_ref_map=[]
Beste Cornelius,
Nee Jaco Fourie, ek kryt jou nie uit nie, en ek bespot jou ook nie ... ek noem jou wat jy duidelik graag genoem wil word ... ek't lankal gehoop jy ag my ordentelikheid daarin ... dankie ... noem my maar gerus Hindoe, Moslem, Jood, katolieke Afrikaan - Cornelius Henn, as jy dieselfde aan my wil doen ...
Chris Dippenaar, 'n mens noem sulke ongegronde aanmerkings in die openbaar, laster ... ek het wel 'n gewete hierin en al sou ek skuldig wees, dit hoegenaamd nie my punt dat dit boewery is sal verander nie ... dit kan wel wees dat ek net so min konsekwent soos jy is - ongeag jou vermoë om my daaraan skuldig te bewys - ek daarom nederig bid dat Jesus Christus onse HERE, ons almal sal vergewe ... nietemin, kom dan minstens ooreen dat die "ridicule" van 'n ander se Godsdiens, geloof, of ongeloof - misdadig, krimineel, en 'n boewery is ...
VERBATIM Angus - verbatim ... die video wys presies wat die heer Dawkins ons omtrent sy standpunt wil laat verstaan ... die res is gewoon jou "spirituele intelligensie" waarin jy jouself probeer verweer ...
Angus, met die grootste respek; ek het juis hierdie onderwerp apart van ons gesprek oor ras geplaas, sodat ons voortaan die gesprek elders by die punt kan hou ... wat van jy plaas 'n bydrae waarin die punt omtrent ras wat jy wil bespreek, duidelik is en dan gaan ons voort daar?
Nietemin, ek verneem graag oor jou standpunt dat die bespotting van ander se Godsdiens, nie boewery is nie ...
Cornelius Henn
Beste Charl,
Jy maak verskeie grondige stellinge.
Politiek en ander voorbeelde wat jy aanhaal, behels egter nie iemand se wese, soos in die geval van Godsdiens nie.
Ek het baie lank gewik en geweeg voordat ek die term "Bybelaanbidding", met groot hartseer daarby, gebruik het .
Nee, ek bedoel dit nie as spot nie, maar as beskrywing vir die vasomlynde leerstuk wat Kobus de Klerk en die sogenaamde ware gelowiges gebruik, om ander mee te minag.
Dit had 'n baie lang aanloop waarin ek my verantwoordelikheid ten volle wil aanvaar.
Ek is meer as bereid om hier daarop uit te brei, indien jy dit in jou redelikheid verwag.
Daarenteen, is "hutspot" dalk wel miskien 'n gepaste beskrywing vir die sinkretiese uitdra van die Evangelie.
Dis egter die verwaande bedoeling daarin om my te beledig en te bespot, wat die stok in die wiel is.
My "hutspot-stokery" - inderdaad ook die HELE katolieke Kerk se vreugde in die uitdra van die Evangelie - bedoel op geen manier om ander te minag, of te bespot soos die Bybelaanbidders in hul ekstremistiese en fundamentele hoon van ander se harte - gelowig en ongelowig - nie.
Hutspot groete,
Cornelius Henn
Dankie Angus, jy is inderdaad die ware heer wat ek gedink het ... ek moes egter iets doen om hierdie helse misverstand uit die weg te ruim ... kom ons hou daarby; dis boewery waar ander se geloof, of ongeloof bespot - "ridicule" - word ... en wat Adam en Eva betref? ... wel, dit blyk ek gaan 'n stryd het om te ontrafel tussen die ekstreme en fundametele ooreenstemming tussen die kreasonsite en ateiste, naamlikm dat ons almal uit 'n Adam en Eva gebore is ... Namaste! Cornelius Henn
Beste Cornelius,
En heeltyd dog ek "Neelsie" is a term of endearment!
Soos nou deur jou versoek hiebo, sal ek jou maarvervolgens die werf se "Hindoe" noem.
Jaco Fourie
Angus.
Ek wil definitief nie tot die rasdebat toetree nie, want my kennis daaroor is te karig om sinvol te kan deelneem.
Jou een stelling het wel my belangstelling geprikkel, nl: "Die Eskimo lyk soos hy lyk, want sy DNA het hom laat aanpas by Noordpoolomstandighede."
Ek was altyd onder die indruk dat die omgewing iets met die vorming van ras te doen. Bv. In die koue klimaat van Noord-Europa met minder son, word die mens se vel wit, die hare blond, en die oë blou (teen sneeublindheid), alles beskemingsmiddels teen die natuur in 'n primitiewe staat. Die Negroid-rasse in teenstelling, swart vel, donker oë, kroes (wollerige) hare om teen die hewige son en warm weer te beskerm in midde-Afrika.
Nou die Eskimo het 'n blas vel, bruin oë, en swart hare, mongoliede tipe bruin oë, wat vir my teenstrydig is met my vertolking rakende die omgewing se impak in die vorming van die tradisionele siening betrekkende ras. Hy is ook blykbaar nie 'n onlangse intrekker in sodanige koue streek nie, en volgens anthropoloë, net so lank daar as wat die ligte Europeërs in Noord-Europa is.
Ek sal dit waardeer indien jy hierdie anomalie (indien dit wel 'n anomalie is) vir my sal kan uitklaar.
Jaco Fourie
Beste Cornelius,
Dawkins het niks kwytgeraak van 'n onredelike aard nie, soos bv sy opmerking aangaande geestelike geweld teen kinders wat die Abrahamitiese godsdienste veroorsaak deur 'n ernstige wig te slaan tussen die mensdom, waar fanatici bereid sou wees om te moor op groot skaal vir die groter glorie van God.
Ook die vrees wat deur Godsdiens geplant word in die gemoed van die kind, reeds van kleinsaf, oor die straf van God en dié van 'n ewige brandende vuur van swael is veel erger as sg "mild paedophia" waarvan Dawkins praat. Eersgenoemde is suiwer boosheid en sadisme, en persone wat hierdie tiepe stories vir kinders vertel kan myns insiens voor die hof gedaag word vir kindermishandeling van 'n erge graad.
Onlangs het ek besoek gehad van 'n Anglikaanse predikant van Engeland, en hy het skaam beken dat kerklidmate nie langer vandag soos in die verlede gedreig moet word nie, en hulle vrese nie uitgebuit moet word nie. Hy het ook baie gemakliker gevoel oor Dawkins as 5 jaar gelede.
Dink bietjie daaroor.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Pieter,
My jarelange stryd met Kobus de Klerk en sy mede ware gelowiges op die werf, is juis hul vuur en swael dwepery, bespotting en minagting van ander se harte - gelowig en ongelowig.
Richard Dawkins, is egter in geheel sinies teenoor Godsdiens.
Ek't self menigmaal my kritiek rakende die onderdrukking van ander se harte met vrees onder 'n dekmantel van Godsdiens gelewer op die werf - tog is ek steeds heelhartig toegewy en Godsdienstig.
Dit gaan nie oor kritiek, of selfs skepties wees nie - of om God te bevraag nie.
'n Kobus de Klerk en Richard Dawkins, is gewoon ewe sinies omtrent ander se harte.
Gewyde groete,
Cornelius Henn
Jaco, waarom die Hindoe in my hart uitsonder?
Cornelius
Jou lysie is te lank, toe kies ek maar jou eerste genoemde keuse.
... dis okei Jaco Fourie ...