dié identiteit

  • 0

“slagoff’r een” v’n demokrasie, post-apartheid,
dié deng w’t alom b’kend staat, ’s identiteit,
vanselfsprek’nd staat taal heel voor innie ry,
wann’r Mens identiteitsrypheid b’gint b’ly

word moed’rtaal omstand’heidsg’wys ’n pejoratief,
b’skryf as iets eksklusief, iets ultra-ekstra-ordinêr,
aysh, Millennium Drie Homo, v’r moed’rtaal so lief,
re “ras”-b’heptheid gaat regime ongrondwet’lk ver

praat Mens oor “isiBhulu”, b’voorregte se medium,
“scheme” opponent Mens hou Mens pseudo-slim

Afrika-taal-status, werkl’k iets na yt te sien,
’s w’t Afrikaans na sov’l eeue tog nu v’rdien

kanti, “ras”, ’t lê basis v’r identiteitskrisis,
lat Afrikaans in so ’n viesl’k v’rknors’ng is

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top