Dankie, Jaco, en laat ek jou tog maar reghelp

  • 19

Eerstens, baie dankie vir die skakel na ‘n uitstekende artikel van dr Dan Roodt.

En ja, die Roelf Meyers, FW’s, Brinke en Slabberts van die nuwe SA het onnosel opgetree! Inderdaad, ja. Hulle is die mense wat al sedert 1989 vir ons vertel dat perde-drolle eintlik heerlike najaarsvye is, by wyse van spreke.

En toe is dit inderdaad nie. Soos Cyril Ramaphosa tydens ‘n latere televisie-onderhoud na afloop van Kodesa gesê het oor Roelf Meyer: “I saw him afterwards on the dance floor and I said to myself: I wouldn’t be dancing if I were in his position, because they (the NP and the Afrikaners) have lost everything”. Dit sê alles.

Jy sien, Jaco, wanneer mens alles verloor het en alles weggegee het waarvoor jou voorgeslagte bloed, sweet en trane geoffer het, en jy kan daaroor lag en dans asof jy iets groots vermag het, dan is daardie mens mos onnosel en dom. Dit behoef geen groot intellek om dit te besef nie.

Jaco, jy skryf: “Maar natuurlik maak hy (Dan Roodt) daarop staat dat sy volgelinge te dom is om dit wel agter te kom.”

Ek vra: Hoe op aarde sal dr Roodt enigsins daarop “staat maak”, Jaco? Jy sê daarmee eintlik dat al “sy volgelinge” dom en onnosel is! Dus, wat maak JOU die uitverkorene om ander mense dom te noem, maar Dan Roodt mag volgens jou nie? Soos hulle in Engels sê: “Your own conceit is colossal”.

Die uitsprake van ‘n groot aantal ontnugterde liberaliste getuig sedert 1994 oor die korrektheid van dr Roodt se stelling. Mense soos Helen Suzman, André Brink, Breyten Breytenbach, Max du Preez, die weduwee van die skrywer Allan Paton, en talle ander se uitsprake wat getuig van hul ontnugtering oor die nuwe SA. Soos die Ingelse sê: “I rest my case.”

Die probleem met politici is dat die ware wyse mense in enige nasie en volk altyd in die minderheid is, maar tog laat ons die meerderheid regeer! Die verdere probleem is dat intelligensie ‘n plafon het, maar onnoselheid het geen plafon nie! Dit sien ons ten oorvloede in die nuwe SA. Daarom dat ons sedert 1994 ‘n degeneritiewe staat geword het. ‘n Regte “roofdierstaat”, soos Vavi van Cosatu al by geleentheid gesê het.

Die mense wat hulle vir hierdie roofdierstaat beywer het, was inderdaad onnosel. Sela.

Gawerjal

  • 19

Kommentaar

  • George Bekker

    Gawerjal, as ek dit met permissie mag sê: jou brief klink baie soos jou naam. Nogtans welkom en mag jou reguit eerlikheid 'n aanwins vir die werf wees. Hou van jou kommentaar oor onnoselheid. George.

  • Gawerjal

     "Die mense wat hulle vir hierdie roofdierstaat beywer het, was inderdaad onnosel".

    "Jy sien, Jaco, wanneer mens alles verloor het en alles weggegee het waarvoor jou voorgeslagte bloed, sweet en trane geoffer het, en jy kan daaroor lag en dans asof jy iets groots vermag het, dan is daardie mens mos onnosel en dom."

    Jy sien Gawerjal.  Jou mense wat nie eers gepoog het om vir daardie "bloed, sweet en trane", by Kodesa te veg deur weg te bly, en nou die gevolge daarvan dra, was mos onnosel en  dom.  Now you cry "foul"

  • CorneliusHenn

    Idiote is en was nog altyd lede van 'n groot en magtige stam wie deur hul invloed eerbare mense se sake domineer en beheer  ... die geskiedenis het reeds geleer dat KODESA so 'n verspotte samekoms was ... Jaco Fourie se loopgraaf ruik soos altyd maar na 'n longdrop ... hy is gewoon 'n ywerige naprater van die "slim" meerderheid wat meen populêre mening bepaal morele hoë grond ... met absolute en diepe respek aan sy edele doktor Andries Treurnicht; hy was baie beslis dat hy nie deel sal wees aan nog 'n Vereniging waarin die Boere Afrikaners gebuit word nie ... ja, die mag van die dag het lankal bewys hulle piepie op KODESA - siestog - kyk maar hoe "huil" Pik en FW deesdae - dis die een hof na die ander om te baklei vir ons "regte" met FW se "wigte en teen wigte" aan't hand en min  bly oor tyd om te groei en leef in hierdie "onderhandelde" KODESA piesang demokrasie...

  • George

    Jy sê jy hou van Gawerjal se uiteensetting van onnoselheid! Het jy Roodt se rubriek gelees? Nog nie? Sodra jy dit gelees het, gee my jou persoonlike mening of jy dink die man het met sy opponente beskaafd opgetree soos wat van 'n "geleerde" met 'n doktorsgraad ten minste verwag word, veral oor sy beskrywing van Van Zyl Slabbert se pens.

    Miskien sal jy agterkom dat Gawerjal se rookskerm hierbo, maar net 'n plooi is om Roodt se onvermoëns om sy argument met logika uiteen te sit, te probeer versluier

    J

  • Lyk my die stryd tussen HNP, KP en AWB aan die eenkant en die NP aan die ander kant, woed nog steeds na 20jaar, selfs hier op SêNet, al het hierdie partye lankal van die toneel verdwyn. Dit is die uitkenmerk van ons Afrikanergekkegrens. Die ewigdurende vingerwys, ons was reg, julle was verkeerd. Ons wat niks gedoen het nie (weggebly) is slim, julle wat iets gedoen het (Kodesa) is dom.

    Nie die ANC, maar mede Afrikaners is die teiken van hulle gramskap, inteendeel teenoor die meerderheid van die volk wat lankal aanbeweeg het. Hierdie minuskule 30 tal groeperinge het selfs hulle eie vetes onderling. Hulle verlustig hulle in alles wat in hierdie land verkeerd loop, maar bied geen alternatiewe of oplossing aan nie. Durf nie, want dan doen hulle iets, en as jy iets doen en dit loop skeef, dan trap jy klei, en dit wil hulle beslis nie ondervind nie, die dat hulle liefs sal wil wegbly.

    Die meerderheid vorige HNP, KP, AWB en NP ondersteuners dink nie meer eers in terme van hulle vorige ondersteuning nie. Daar is ander dringende “issues” wat hoog op hulle prioriteitslys staan om afgehandel te word. Die meerderheid stem selfs vir die DA en nie eers vir die Afrikaner VF+ nie.

    Die hoof van Solidariteit en AfriForum was voorheen AWB. Vandag in ‘n ander hoedanigheid vermag hy meer vir die Afrikaner as enige Afrikaner-gekkegrens-groep. Deur middel van sy energieke optredes, word aan Afrikanersake GEWERK tot die misnoeë van die gekkegrens wat net wil stront PRAAT.

  • Ek stem ten dele saam met jou Jaco. Jyself is egter een van die grootste strontpraters op hierdie webwerf. Dit gaan nie hier oor praat teenoor doen nie. Dit gaan hier oor die spul liberaliste en verraaiers wat geen erg gehad het aan die Afrikaner se soewereiniteit nie. Ook nie aan ons outonomiteit nie. Ook nie aan ons vryheid nie. Dit gaan ook oor dieselfde javels wat nou nog steeds probeer beduie dat hulle "geen ander keuse" as eerlose kapitulasie gehad het nie. Dis nonsens. Solank as wat mense dink dis reg en oulik om hul volk se voortbestaan, taal, kultuur, geskiedenis, herkoms, vryheid en outonomiteit sito-sito weg te gee EN hulself daarna om die skouer klop en mekaar se ruggies warm vryf, solank sal daar donder en bliksem wees. Die verraaiers, jellievisse, renegate en sikofante mag nooit vergeet wat hulle gedoen het nie.

  • CorneliusHenn

    In die tweede 'kommintaar' van bo tik Jaco Fourie: "Jy sien Gawerjal. Jou mense wat nie eers gepoog het om vir daardie "bloed, sweet en trane", by Kodesa te veg deur weg te bly, en nou die gevolge daarvan dra, was mos onnosel en dom. Now you cry "foul""...

    Twee kommentare intussen wat die "slim" Jaco Fourie se longdrop waansin uitwys, tik ene "Jaco": "Lyk my [Jaco] die stryd tussen HNP, KP en AWB aan die eenkant en die NP aan die ander kant, woed nog steeds na 20jaar, selfs hier op SêNet, al het hierdie partye lankal van die toneel verdwyn. Dit is die uitkenmerk van ons Afrikanergekkegrens. Die ewigdurende vingerwys, ons was reg, julle was verkeerd. Ons wat niks gedoen het nie (weggebly) is slim, julle wat iets gedoen het (Kodesa) is dom"

    Dit kan verseker nie dieselfde "Jaco" wees nie - al weet enige ander dat dit wel is.

    Siestog "Jaco", dis net in jou dwase, onthutste en gesplete retoriek wat "aanbeweeg", geheueverlies impliseer.

  • Gawerjal

    Jy herhaal dieselfde ou deuntjie ad nauseum.  

    Soos ek reeds  hierbo geskryf het."Lyk my die stryd tussen HNP, KP en AWB aan die eenkant en die NP aan die ander kant, woed nog steeds na 20jaar."  Dan weer: "Nie die ANC, maar mede Afrikaners is die teiken van hulle (die gekkegrens) gramskap, inteendeel teenoor die meerderheid van die volk wat lankal aanbeweeg het".

    Kom by ou.  Kodesa is 20jaar gelede se antieke geskiedenis.  Bring tog asseblief iets oorspronklik tot die debat.

  • Jaco, jy is een van daardie mense wat niks leer uit die geskiedenis nie. Jy moet tog jou idees oor die geskiedenis aan die ANC oordra en dan kyk ons of hulle met jou saamstem. Gaan sê jy vir die ANC dat apartheid "ou nuus" is na 20 jaar en dat hulle dit nou moet vergeet. Tans is daar verskeie museums wat uitsluitlik fokus op apartheid. Die swart mense vergeet nie die onregte wat hulle aangedoen is nie, volgens hulle persspektiewe. Maar jy sê dat die Afrikaner moet vergeet? Waarom propageer jy kollektiewe geheueverlies? Wat is jou aganda? Die volk wat sy geskiedenis vergeet  is gedoem om dieselfde foute te herhaal", lui die spreekwoord. Sela.

  • CorneliusHenn

    ... en so het die arme "Jaco ad nausium" toe wel darem 'n manier gevind om te bely dat hy en Jaco Fourie wel die een en selfde onthutste karakter is ... nou moet "Jaco" nog net self probeer uitwerk dat hy eintlik die een is wat KODESA in sy longdrop laat val het ... hahahahahaha!!!!

  • Gawerjal

    Nêrens het ek voorgegee dat geskiedenis ooit vergeet moet word nie. Prof Herman Giliomee, as voorbeeld, sal een van my betroubaarste bronne wees om 'n OBJEKTIEWE weergawe van SA en veral Afrikaner geskiedenis te verkry. Beide die ANC en die Afrikanergekkegrens misbruik GESELEKTEERDE DELE van die geskiedenis tot elkeen se eie listige agendas. Dit is so ironies dat beide die ANC en die gekkegrens vanuit dieselfde geskiedenis, nie tot dieselfde gevolgtrekkings kom nie.

    Jy noem die museums. Die ANC apartheid museums is eensydige propaganda-middels en is nie objektief opgestel nie. By objektief bedoel ek daar is twee kante tot elke konflik wat eerlik ten toon gestel behoort te word, sodat die aanhoorder sy eie gevolgtrekkings onafhanklik kan maak. En dit vind jy nie by hulle nie.

    Jy HERSKRYF geskiedenis als volg: "Die verraaiers, jellievisse, renegate en sikofante (geliefde gekkegrens retoriek) mag nooit vergeet wat hulle gedoen het nie". In dieselfde trant kan die ander party jou mense als volg uitkryt, nl. "Die verraaiers, jellievisse, renegate en sikofante wat nie 'n vinger gelig het om vir hulle volgelinge se "bloed, sweet en trane" te baklei waar baklei nodig was nie, nl by Kodessa, is te blameer dat daar nie beter beskerming vandag vir die Afrikaner bestaan nie. Deur weg te bly, het hulle daadwerklik "ge-hensop. Het hulle van die Majuba stryd weggebly!

    Die gekkegrens wil die ou vetes tussen politiek opponente van pre-1994 steeds vandag voortsit. Die dat ek gesê het: "Kom by ou. Kodesa is 20jaar gelede se antieke geskiedenis.

    Aan Kodessa kan daar niks verder aan gedoen word nie. Die Afrikaner het vandag groter gevare wat sy bestaansreg in die gesig staar, as om onderling te kibbel wie was reg en wie verkeerd. Wie was slim en wie dom. Dit is soos wat: "Nero fiddled while Rome burned". Die dat ek jou gevra het om iets meer oorspronkliks na die debat te bring als net die steriele ou vetes van die verlede.

  • CorneliusHenn

    Dis gewoon arrogant van Jaco Fourie om enersyds te gorrel: ""Die verraaiers, jellievisse, renegate en sikofante wat nie 'n vinger gelig het om vir hulle volgelinge se "bloed, sweet en trane" te baklei waar baklei nodig was nie, nl by KODESA, is te blameer dat daar nie beter beskerming vandag vir die Afrikaner bestaan nie. Deur weg te bly, het hulle daadwerklik ge-hensop. Het hulle van die Majuba stryd weggebly!" ... en in die volgende asem probeer weghardloop met: "Die gekkegrens wil die ou vetes tussen politiek opponente van pre-1994 steeds vandag voortsit. Die dat ek gesê het: "Kom by ou. Kodesa is 20jaar gelede se antieke geskiedenis" ... Jaco Fourie se onthutste voortvarendheid hierin gee egter weldeeglik betekenis aan die gedagte "politieke idioot" ...

  • Hmm, laat ek sien hoe jou logika werk: As ek volstrek weier om deel te neem aan die weggee van my vryheid en ek weier die oorgawe en verraad van skoenlekkers en jellievisse, dan is EK skielik die verraaier en jellievis?! Huh? Hoe werk dit? As my vreedsame en aanhoudende protes daarteen deur die skoenlekkers en papperds geïgnoreer word en belaglik gemaak word, dan is EK die verraaier en die jellievis?! Huh? As ek wel aktiewe of gewapende protes teen daardie bedrog, verraad en oorgawe pleeg, dan word ek gearresteer en tot 35 jaar tronkstraf gevonnis. EN dan word ek steeds as die verraaier en jellievis uitgekryt?! Huh?

    Nee, wat. Jaco, jy is mos nou belaglik. Dis soos 'n laerskool kind wat met grootmense wil redeneer. Sulke fatale gebrek aan logika is selfbedrog en die sekerste manier om jou eie naam met 'n plank te slaan. Jaco, as jy die dag skrik, skrik dan net wakker. Tot daardie dag moet jy liewer nie met alles wil stry nie.

  • Gawerjal

    Alle moontlike opsies VOOR Kodessa het die wegblyspan ontgaan.  Genoemde protesaksie sou ooglopend geen kans tot enige oplewering in enige vorm voorgehou het nie.  Wat bly oor is om, al is dit 'n "last stand", jou geveg  by die onderhandelings-tafel vir jou sieninge te veg. (nie wapen opneem soos jou kinderlike stelling hierbo deur jou weergee is nie).

    Almal was op gelykevoet, die DA opposisie ook.  Die wegblyspan was ook op gelykevoet genooi. Die feit dat die wegblyspan GEEN insette gemaak het nie, het die uitvloeisels van die onderhandeling be-invloed, miskiens selfs tot die uiteindelike nadeel van die Afrikaner. Natuurlik was daar nie te wagte dat aan AL hulle vereistes aan voldoen sou word nie.  Dieselfde het gegeld vir al die partye daar.  Al het hulle net 5% aan hulle verwagtinge verkry, sou dit beter gewees het as NIKS.

    Was die gays nie  by die onderhandelings nie, het die gays niks vir hulself vermag nie.  Inteendeel. Die gays het die beste oplewering ter wêreld vir hulself beding.

    Vir die wegbly span was dit 'n geval van "All or Nothing".  Wel op die ou einde, as gevolg van hulle dom toedoen, sit hulle toe en vandag nog, met NOTHING.  Nou 20 jaar later probeer hulle 'n voortbestaan regverdig met hulle "ons was slim, julle dom" en om ander vir hulle onvermoens te blameer.  Vir die intellegente in die samelewing is dit ooglopend dat hulle gekke van hulself gemaak het, vandag steeds.  Dus die benaming "gekkegrens".

    Jy sing dieselfde liedjie oor en oor, net elkekeer op 'n ander deuntjie.

  • CorneliusHenn

    ... kan dit dieselfde Jaco wees wat so volhou met sy onsin oor KODESA wat ook in sy kommintaar hier blerts: "Kom by ou.  Kodesa is 20jaar gelede se antieke geskiedenis.  Bring tog asseblief iets oorspronklik tot die debat" ... ? ... dink net, as Jaco wel self geglo het wat hy so gereeld hier kwytraak, dan sou hy sekerlik lankal sy  onsin omtrent KODESA gelaat het ... hoe belaglik tog? ... wharhahahahahahaah!!!!!

  • Jaco, dit lyk my die pennie wil maar net nie "drop" nie. Kom ons kyk maar weer na jou logika: As ek volstrek weier om deel te neem aan die weggee van my vryheid en ek weier die oorgawe en verraad van skoenlekkers en jellievisse, dan is EK skielik die verraaier en jellievis?! Hoe kom jy daarby uit? 

    Jaco, jy skrywe: "Almal was op gelykevoet, die DA opposisie ook.  Die wegblyspan was ook op gelykevoet genooi." Nee, dis mos nie waar nie, Jaco. Dis mos loutere nonsens wat jy skrywe. 1) Die NP was die leiers van die onderhandelingspan by Kodesa. 2) Die besluit was klaar geneem in 1989, broer. FW de Klerk se toespraak was gelewer op 2 Februarie 1990, twee jaar voor Kodesa. 3) Die teenstanders van daardie eerlose kapitulasie is uitgekryt as "onregdenkendes", dws bedenkers van "onreg". Op welke wyse sou daardie mense se weerstand teen die NP (en DA) se kapitulasie enige verskil hoegenaamd kon maak? Dis pure selfbedrog en dagdromery aan jou kant. 'n "Reality check" laat daardie pypdrome soos mis voor die son verdwyn. Die DA was eintlik saam met die ANC, want die DA wou presies dieselfde as die ANC gehad het, selfs nog minder as die paar krummels wat die ANC aan die NP afgestaan het. Selfs vandag, 20 jaar later, is die DA steeds net die "ANC Lite".

  • Gawerjal

    Ek gaan nie verder aan met wat nou 'n sirkeldebat geword het nie.  Die lesers moet elk afsonderlik hulle eie gevolgtrekkings oor jou en my stellings maak.

    Vir my is die verlede vir atlyd verby waaraan niks aan gedoen kan word nie.  Ons kan weer gesels wanneer aspekte vir Afrikaner TOEKOMS onder bespreking is.

  • Jaco, dis net jy wat dit nou skielik 'n "sirkeldebat" noem. Jy is ontwykend oor jou skeefgetrokke logika wat ek vroeër uitgewys het. Jy vermy daardie ou puntjie vir die vale.

    Nou skryf jy weer: " Vir my is die verlede vir atlyd verby waaraan niks aan gedoen kan word nie".
    Maar vroeër hierbo het jy geskryf: " Nêrens het ek voorgegee dat geskiedenis ooit vergeet moet word nie."
     
    As dit darem nou nie twee ernstige teenstrydige stellings is nie, dan wil ek graag weet wat is? Nee wat, regtig, Jaco, as jy jouself in 'n hoek vasgeverf het, moet jy mans genoeg wees om dit erken. Maar van jou is dit seker te veel gevra, nie waar? 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top