Daar’s my drome weg

  • 1

Eish oom Jan, ek het die gaafste drome vir my toetrede tot die musiekwêreld gehad totdat ek oom se brief gelees het. Ek het klaar alles in plek gehad. Ek het nuwe jannas gekoop, T-hemde se moue afgesny, iemand het my met 'n nat strokiesprentjieboekie op die bors en arms gemoer, ek was koel man koel. Het my hare bo borselkop gesny met langerige slierte in die nek. My vrou seg ek lyk groot. Die paar waaiers wat ek het, reken ek lyk soos 'n kombinasie van McGuiver en Jimmy Abbot. Ek het 'n bestuurder/promotor aangestel wat my in die landbouskoue se vermaaklikheidsboekies sou inkry. Ek het hard geoefen om my bewegings te koördineer. Dit gaan bietjie moeilik met die ou rugbybeserings. Ek het nog nie 'n orkes nie en het iemand met 'n doefkas gekry. Die ou het nogal baie liedjies op die doefkas maar hy het nie my genre se musiek nie. Ek het 'n kombinasie van zef rots met 'n knippie kontrei in. Die mense wat my al gehoor het is nogal opgetrek met my uitvoerings. Tydens my opvoerings lyk dit asof die ouens meer drink. Mammie staan gedurig op om nog ys te gaan haal en pappie raak al hoe meer luidrugtig. Ek weet nie of dit 'n goeie teken is nie. Die mense skree ook baie. Ek weet nie of hulle op my skree of vir my skree nie. Die musiek doof gewoonlik die geskreëry. Ek sukkel om nog 'n verhoognaam vir myself te kry. My vriend het 'n orkes met die naam van die Verwoede Slakke gehad. Ek het gedink aan die Magse ou Jan, die Lawweklier of selfs die Timlike Noebatroer.

Ek hou ook vet mooi nokkol van die jong seuns en dogters wat snaakse Ofrikaans praat. Daar is dan nog Ingels ook in. Ek verstaan nie mooi nie. Ek wil net sing en lawaai maak.

Hou die spasie dop.
Reusedwerg

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top