Hello,
Dit is inderdaad so dat die meeste van my briewe beskryf kan word as, 'jou (Wouter) bydraes mbt enige onderwerp hier op die net is meerendeels ander se nagevorste sieninge'. Dit is sonder twyfel so en is ek glad nie 'n natuurlike skrywer nie en sien ek my hoofsaaklik as iemand wat hier deel wat ek gelees het en dan hoe ek dit verstaan in die konteks van die onderwerp onder bespreking. Daar is dus geen poging van my kant af om oorspronklik te wees of uit die hart te skryf nie, daarvoor is die bestaan buite my net te groot. Daar is geen twyfel dat Margaret Atwood 'n gerekende skrywer is nie en is daar die stukkie advies wat aan sy skrywers bied wat waardevol is:
You most likely need a thesaurus, a rudimentary grammar book, and a grip on reality. This latter means: there's no free lunch. Writing is work...Other people can help you a bit but essentially you're on your own.
Dit is daardie houvas op realiteit wat die kruks is vir myself, daarom dan die nagevorsde sieninge van ander. Daar is nie genoeg tyd en bestaan om alles vir jouself te gaan ontdek nie en moet daar gedraai word na die wie se werk dit is om 'n vakgebied te ondersoek of dan in die geval van Pous Francis die wat 'n onderhoud met hom kon voer.
Bogenoemde dan net die inleiding. Vir 'n hele ruk nou al soek ek na 'n goeie artikel oor die epidemie van korrektiewe verkragting maar kon tot op datum nie 'n artikel spoor wat die menslike aspekte daarvan hier in Suid-Afrika bespreek nie. In die New York Times van 28 Julie 2013 was daar toe uiteindelik so 'n artikel en hopelik is daar lesers hier wat belang in dit het. Die titel is “The Brutality of ‘Corrective Rape’” geskryf deur Clare Carter en kan hier gevind.
Die artikel open met die stelling dat verkragting epidemies is in Suid-Afrika en begin dan soos volg wat die korrektiewe verkragting aanbetref en word die belangrikste temas hier uitgelig maar is die artikel daar vir die wat in detail dit sou wou lees:
Just as disturbing is a practice called “corrective rape” — the rape of gay men and lesbians to “cure” them of their sexual orientation. In 2008, Eudy Simelane, a lesbian, was gang-raped and stabbed to death. Her naked body was dumped in a stream in the Kwa Thema township outside Johannesburg. A soccer player training to be a referee for the 2010 FIFA World Cup, she was targeted because of her sexual orientation. In 2011, Noxolo Nogwaza, 24, was raped, and stabbed multiple times with glass shards. Her skull was shattered. Her eyes were reportedly gouged from their sockets. Ms. Nogwaza had been seen earlier that evening in a bar with a female friend. Over two years, it became evident to me that multiple layers of South African society were responsible for the epidemic of corrective rape and that bias, apathy and culpability ran deeper than I could have imagined: in educational and religious institutions, the criminal justice system, and even within families. I met victims whose loved ones let rapists back into their homes, or even abetted the sexual assaults, sometimes under the influence of local ministers. Police officers did not document or investigate these assaults.
Dan word die verhaal van Pearl vertel:
But Pearl’s mother kicked her out of the house and took her baby from her. “I cannot touch the child, I cannot bathe him or feed him because I am ‘going to make him gay too.’ I cannot touch him or kiss him or anything”.
Daar word afgesluit met Funeka Soldaat:
“It’s as if you are sitting like a time bomb. You don’t know when it’s going to explode. You are just waiting for it to be your turn. And you won’t get any support from the community, as the community thinks homosexuality is un-African. Homophobia is going to take time to go away, if it ever does.”
Pous Francis word aktief hier bespreek onder SêNet-briewe en is daar 'n artikel in vandag, 29 Julie 2013 se New York Times waar Pous Francis 'n ope onderhoud met joernaliste voer op pad terug na Rome toe en kan hier gevind word.
Striking a breathtakingly conciliatory approach to a hot-button issue that has divided Catholics, Pope Francis on Monday said that he would not judge priests for their sexual orientation. “If someone is gay and he searches for the Lord and has good will, who am I to judge?” Reporters on the plane said that the pope had been candid and high-spirited and did not dodge a single question, even thanking the person who asked about reports of a “gay lobby” inside the Vatican, and about Italian press reports that one of the advisers he had appointed to look into the Vatican Bank had been accused of having gay trysts. Francis said he had investigated the reports and found them groundless. He added that while such a lobby would be an issue, he did not have anything against gays and that their sins should be forgiven. He said that while homosexuals should be treated with dignity, using sexual orientation for blackmail or pressure was a different matter. He also told reporters that while Pope John Paul II had definitively closed the door to female priests, Francis sought a “theology of women” and a greater role for them inside Catholic life.
Hierdie kom kort op die hakke van Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu wat in 'n verklaring meer bied as wat hier elders in 'n brief geplaas is en is Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu aan die woord:
“Hoe in die naam van alles wat goed is, kan mense stilbly wanneer mense weens hul seksuele oriëntasie vervolg word? Dit is heeltemal onregverdig en onbillik, net soos rassisme. Daarom steun ek dié veldtog met alles wat ek het – ek wil spring van vreugde. Dink net hoeveel kinders is deur die jare verneder, geboelie en gespot oor wie hulle is. En dít oor hoe God hulle gemaak het? Elke liewe een van hulle is kosbaar.”
The Arch is a peaceful man & gives me hope Joanna ...
Daar dan in geen onduidelikheid 'n teenspraak teen rassisme en homofobie. Volgens 'n skrywe hier moet Pierre De Vos eerder nie Annelie Botes aanvat nie aangesien Pierre De Vos verlang dat die heteroseksuele persoon die homoseksuele persoon ook moet ag. Dit is genoegsaam om dit te stel dat indien Pierre De Vos se skrywes in oorweging gebring is dat beide rassisme en homofobie vir hom onaanvaarbaar sou wees.
Die eerste impuls van my kant was om die hele Botes-debakel te ignoreer, want alhoewel sy dalk 'n dood goeie mens mag wees is daar tog nog 'n klankie in die lug:
Die onderhoud van 2010 is soos volg en hierdie is 'n persoon wat haar daarop roem dat sy rou eerlik is:
Van watse mense hou sy nié?
Sy gee ’n snuif. Vou haar hande. Dink.
“Ek gaan nou verskriklik eerlik wees. En láát dit maar hierdie land skok.
“Ek hou nie van swart mense nie.”
So byna laat fotograaf Nasief Manie sy kamera val.
“Ek verstáán hulle nie!
“In my grootwordjare op Uniondale was daar geen swart mense nie. As daar een rondloop, was dit ’n bandiet wat dros. En dan moet jy hárdloop, want hy gaan jou vang, nè.
“Ek wéét hulle’s net sulke mense soos ek. Ek wéét hulle’t dieselfde regte as ek. Maar ek verstáán hulle nie. En dan … hou ek nie van hulle nie. Ek vermy hulle, want ek’s bang vir hulle.”
Ruk sy weer ’n roof af.
“My buurman is wreed vermoor. Vir wat? As swart mense honger is, hoekom breek hulle nie soos in die ou jare in, steel die yskas leeg en loop nie?
“Ek weet waarvandaan dié woede kom. Dit het f*kol meer met apartheid te doen. Hulle’s woedend oor hulle eie on-be-kwaam-heid.”
Haar hand klap die lettergrepe uit op die tafel. Om ons staan die boeke in die rakke. Stomgeskrik.
“Ná 16 jaar is die paaie in hulle moer, hospitale, skole, álles. En wie’t dit gedoen? Húlle!
Maar sy nie 'n rassis nie.
Goed, wat is sy dan?
Dan kom die boek en die onderhoud en hierdie uit die onderhoud in Beeld:
’n Slip of the tongue .?.?. Dit was ’n woordongeluk. Of ’n woord-asprisheidjie. Of ’n yslike woord-strontspul. Daar was al baie kere in my lewe dat ek nie my woorde reg uitgekry het nie. And so say all of us .?.?.
Maar nog 'n raaisel is dat Annelie nie meer kwaad is vir Hanlie Retief nie:
Ek’s lankal nie meer kwaad vir haar nie. Want dalk het sy my die grootste guns van my lewe bewys. As ek iets saam met haar móét drink, sal dit sommer ’n hele bottel hanepoot wees. Sommer so uit die bottel.
Daarom dan Pierre De Vos se brief. Annelie Botes het geroem oor hoe eerlik en reguit sy is en nou is dit 'n 'slip of the tongue' en is Hanlie Retief vergewe.
Daar word afgesluit met gebeure in die VSA, die dood van Trayvon Martin, 'n swart seun van 16 jaar wat vermoor is en sy moordenaar nou vrygespreek onder selfverdediging. Hierdie het Barack Obama genoop om weer 'n toespraak oor rasseverhoudings en kan hier gevind word in die Washington Post.
Van dit wat uitstaan is soos volg:
You know, when Trayvon Martin was first shot, I said that this could have been my son. Another way of saying that is Trayvon Martin could have been me 35 years ago. There are very few African-American men in this country who haven’t had the experience of being followed when they were shopping in a department store. That includes me. And there are very few African-American men who haven’t had the experience of walking across the street and hearing the locks click on the doors of cars. That happens to me, at least before I was a senator. And you know, I don’t want to exaggerate this, but those sets of experiences inform how the African-American community interprets what happened one night in Florida.
En is die laaste gedagtes soos volg: (Malia & Sasha is Barack Obama se twee dogters)
Each successive generation seems to be making progress in changing attitudes when it comes to race. I doesn’t mean that we’re in a postracial society. It doesn’t mean that racism is eliminated. But you know, when I talk to Malia and Sasha and I listen to their friends and I see them interact, they’re better than we are. They’re better than we were on these issues. And that’s true in every community that I’ve visited all across the country. And so, you know, we have to be vigilant and we have to work on these issues, and those of us in authority should be doing everything we can to encourage the better angels of our nature as opposed to using these episodes to heighten divisions.
Wat bevestig hierdie? Dat ras en dan sekerlik so ook homofobie 'n probleem in menige samelewing is en is dit dan dood goeie mense is wat rassisties en homofobies is en nie besef hoeveel werk dit verg om teen die euwels van vooroordeel te veg nie.
Daarom skop 'n mens nie 'n mens wat op die grond is nie maar laat dit wel ruimte om te vra, nou as dit nie rassisme en homofobie is nie, wat is dit dan?
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Beste Wouter,
Dankie vir hierdie besonderse, en sinvolle bydrae.
Miskien verbaas dit jou, maar dit wat ek hier lees, voel ek kom uit jou hart - en waarvan die hart van vol is...
En, om met jou hart in iets te leef, is inderdaad so eenvoudig soos dit...
Maar, niemand ken eens hul eie hart nie!
Wees dus gerus dat niemand jou ook 'n bordjie om die nek sal kan hang oor dit wat jy uit jou hart, hier gedeel het nie - daar is menige geheim en diep verborge in jou hart, wat net deur God geken kan word!
Bordjies en lapelle is gewoonlik net nodig vir dit waaraan ons DINK en dit wat ons DOEN ... soos byvoorbeeld die tipe kwalifikasie, ander intellektuele vermoëns waaroor ons mag beskik, en alles wat ons aanvang in die lewe.
Wel, daarmee het ek genoeg gedweep.
Wat ek jou wel graag wil vra (as jy nog bereid is om my te antwoord); hoe pas jou beeld "Daarom skop 'n mens nie 'n mens wat op die grond is nie"? Wat op aarde bedoel jy daarmee?
Cornelius Henn
Hello,
Daardie "Daarom skop 'n mens nie 'n mens wat op die grond is nie", in verband met die inleidende brief verwys na Annelie Botes wat baie kritiek ook kry en alhoewel bogenoemde brief bedoel is om krities te wees is die oogmerk nie op Annelie Botes te hammer nie.
Wouter, ek sou dit nooit kon dink nie! Dit maak steeds nie sin nie; selfs al probeer ek dit op die res van jou onderwerp pas...
Wat laat jou dink Annelie Botes was "op die grond"?... Is "dood goeie mense", wat dalk "rassisties en/of homofobies" is, op die grond (soos met hulle voete op die aarde)?... Of voel jy persoonlik "op die grond geskop" jeens al die (verdiende) kritiek wat jy kry?
Hallo Wouter, dit lyk of Anneli Botes 'n reguit en moeilike/emosionele mens is – ek dink haar man het dit al 'n bietjie ontgeld. Sy het egter erken dat sy verkeerd was in 2010 en het 'n duur prys daarvoor betaal. As sensitiewe kunstenaar het sy dit beleef dat haar buurman vermoor is – eintlik moes sy dit as 'n normale NSA-situasie beskou het want selfs net effens krasse reaksies daaroor word as “rassisties” veroordeel.
Iets wat ook nie in ag geneem word nie is dat menige van ons ouer wordende Kapenaars swart mense nie geken het toe ons kinders was nie – dit was net blankes en bruines – haar oorspronklike kommentaar moet ook in die lig gesien word. Wat my pla en dit lyk nie of mense hiervan kennis neem nie is die dubbele standaarde waarmee rassisme by verskillende groepe gemeet word. As 'n vooraanstaande swart kunstenaar soortgelyke emosies oor wit mense kwytgeraak het sou presies niks gebeur het nie, maar Anneli is wit en toe is die hel los. George
George
Ek reken jy slaat die spyker op die kop. Ek is van mening die meeste blankes, indien eerlik met hulself, hou nie van swartes nie, asook anders om, sonder om mekaar se menseregte enigsins te wil ontsê of te skaad.
Verdraagsaamheid onderling is daar wel, maar sosiale gemeenskaplikheid, behalwe in die werkplek, ontbreek meerendeels tussen die rasse.
Jaco Fourie
Hello George,
SCALIA OFFERS TO HELP POPE JUDGE GAYS
Wouter, ek weet nie wat anders jy daarmee bedoel nie, maar die woord "nuanse", impliseer gewis skynheilig; of te wel, geveinsdheid in die sin wat jy dit hierbo gebruik.
En dis nie my mening nie; dis 'n feit in die verklaring daarvan!
"Dit is wat Annelie Botes gedoen het, nuanse is uit die deur na Hanlie Retief ingekom het vir die onderhoud", lees dus " ... skynheiligheid is uit die deur na Hanlie Retief ingekom het vir die onderhoud"...
Lees dan weer jou voorafgaande paragrawe saam met jou bogenoemde stelling "Dan is daar die persentasie van elke bevolking wat krimineel is en kan die persentasie wat elke groep tot die totale kriminele syfer bydra ondersoek word. Om dan die kriminele aspek te projekteer op 'n enkele bevolkingsgroep is onregverdig teen 99% van daardie bevolkingsgroep. Dit is wat Annelie Botes gedoen het, [haar] geveinsdheid het uit die venster geglip toe Hanlie Retief vir haar gaan kuier het. Dit is apart van die rassisme wat dalk diep in elke hart skuil. Dan is daar die leierskap van ons geliefde land en weereens is dit onregverdig teen die 99.90% van die 'massa' om die mislukkings van die leierskap te projekteer op die bevolkingsgroep in sy totaliteit. Dit is wat Annelie Botes gedoen het, [haar] skynheiligheid is uit die deur na Hanlie Retief ingekom het vir die onderhoud".
En, dis presies wat ek nog altyd gedink het; gebreinspoelde slimjanne huigel as dit by die werklikhede van ons "demokrasie" kom.
Anneli Botes, was dus EERLIK, omtrent die werklikheid in ons samelewing - EN, so ook volgens jou, in jou aanstellerigheid!
Cornelius Henn
Ai tog, lees asb my brief Voksblad 15 Augustus 2013. Ek hou ook nie van ALLE swart mense nie soos ek ook nie van ALLE wit mense hou nie. HANLIE HET DIT VIR EIE GEWIN GESKRYF, SHAME, BOU TOG LIEWERS AAN DIE BIETJIE WAT NOG IN SUID-AFRIKA OORBLY!