Chris Dippenaar,
Ek het reeds menigmaal my vrede met 'n ander se geloof, en ongeloof hier betuig -ook joune.
Dis egter nou reeds geruime tyd wat jy my respek vir 'n ander se hart, met die laagste vorme van onredelikheid, belediging en verdagmakery ontsier.
Jou ergerlikheid het ontstaan omdat ek gedurig my bedenkinge spreek omtrent Dolf van Loggerenberg, Trienie Mahne en Kobus de Klerk se minagting vir ander se harte.
Dis duidelik dat jy hoëre waarde aan hierdie infernale strooipoppe heg.
Dis ook ewe duidelik dat my vrede in ons Skepper vir 'n ander se hart, jou siek agenda om Godsdiens te ondermyn bedreig.
Dis alles nog okei Chris Dippenaar - die geloof in my hart is nie myne om te gebruik en te misbruik tot my eie eer nie - dis genade uit die hand van onse Skepper; daar vir enigeen om te bevraag en 'n vreugde vir my om (aanhoudend) te verantwoord en te bely.
Maar dink jy nie ook jou mensehaat oorskry alle perke van ordentlikheid as jy selfs 'n tienerdogter die voorreg om hul hart op LitNet te deel, te probeer onderdruk nie Chris Dippenaar?
Sonder skroom borrel jou sterk afkeur (haat) aan 'n dertienjarige dogter: "As ek [Chris Dippenaar] verkeerd is, en Cherissa lees hierdie, hoop ek sy verwyder hierdie brief van LitNet se werf. As jy wil getuig van jesus, is hierdie die verkeerde manier om dit te doen." (sic)
Jy probeer selfs my vaderskap daarby sleep en soek my saam agter die deur van jou vervalle verbeelding.
Wie de hel dink jy is jy Chris Dippenaar?
Nee, Chris Dippenaar, ek is in menige opsig anders as jy en sal ook NOOIT byvoorbeeld my dogter in die sorg van 'n takhaar vol selfbejammering, of promiskue homoseksueel se sorg laat nie - al "ken" ek hulle kamstig hoe goed ...
My verbeelding oor ander se seksualiteit is ook nie so maklik op hol soos joune, Jaco Fourie en Wouter Ferns nie. As 'n grootmens, gaan ek gemaklik en verantwoordelik daarmee om.
Jy verkeer duidelik in 'n patologiese waan rakende menige kwessie op die werf Chris Dippenaar.
Ek stel egter voor dat jy (as volwassene?) minstens verskoning sal vra aan die dogter en haar pa wie jy so in jou besoedelde verbeelding in die openbaar beswadder het Chris Dippenaar.
Besorgde groete,
Cornelius Henn


Kommentaar
Cornelius, jy speel uit jou beurt uit. Die volgende skuif het behoort aan Cherissa. As sy, vir watter rede ookal, besluit om nie te reageer nie, is dit goed met my. Ek gaan haar nie gebruik as 'n bal om speletjies te speel met jou nie.
... of te wel Chris Dippenaar; meen jy as ware ongelowige dat Cherissa jou 'n verskoning skuldig is omdat sy dit durf waag het om Jesus as haar troos en saligmaker te noem?
... jy's doer onder iewers (soos in laakbaar) Chris Dippenaar ...
Ja, wees 'n man (sodat ek minstens ook beter voel om hoegnaamd met jou rede te voer), en vra haar verskoning ...
Cornelius Henn
... en o ja, let asseblief dat ek 'n volledige bydrae omtrent my gevoel gemaak het, juis om verdere verleentheid aan Cherissa se moedige bydrae te spaar (probeer om nie verder agter twak te probeer wegkruip nie Chris Dippenaar).