chaoties ‘mismatch’-missie

  • 0

selfs vóór rekonsiliasie, ’n veel grot’r “r”,
glansblink, klink’nd, soos ’n aandster,
dié warr’t laaiks, versus dié wie nie
kennis dra, re herwinn’ngsteorie

dié “r” nes Willie le Roux, seepgladglibb’r’g,
laat kollig val oppe sprank’lnuut dimensie,
spelplan, maneuv’r, taktiek, toepass’ng,
oorwinningsdéjà vu dan mos g’n v’rrass’ng

kanti, dié “r” is onomkeerbaar, progressief,
meeste sou sê: “Daa’s nu g’n alternatief,
virre insurreksie, opstand, proto-rewolusie,
Duiw’lspiek t’b’stry, post-Self-d’struksie”

mampara-paloeka-mugu-sk’benga, minus-zero visie,
subiet-resoluut oppe sup’r-ultra-‘mismatch’-missie

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top