CBC Ideas: CS Lewis and The Inklings

  • 2

Hello Kobus et al, 

Ek wou hierdie al eerder geplaas het aangesien die tweede episode van die reeks die naweek opgekom het in my ITUNES en dit beteken die twee programme kan nou as 'n geheel aangebied word. Indien 'n biografiese nota van my kant geoorloof is wil ek noem dat CS Lewis is in my bewussyn al van jongs af en nog steeds is die belangstelling van my kant af in CS Lewis nog sterk en het ek hom nooit ontgroei nie. 

Sy pad na geloof is 'n fassinerende pad en 'n voorbeeld waar 'n grootste intellek gebruik was eers as 'n argument teen geloof en dan uiteindelik vir geloof en is dit sy 'Mere Christianity' wat iemand verduidelik het beteken suiwer christenskap indien die oorsprong van die woord mere sou ondersoek word. 

Daarmee is die uitbeelding van Anthony Hopkins in Shadowlands nou nog 'n gunstelingfilm. CS Lewis het al hier deurgeloop in 'n brief waar daar gepoog was om te toon dat hy nie so heilig was nie. In die glansmedia, word dit 'n 'takedown piece', genoem of selfs 'n 'hatchet job'. Hierdie poog nie om dit aan te spreek nie, maar is CS Lewis 'n figuur wat werd is om te ondersoek en daarmee tesame wat sy te logiese denke is, heilig of onheilig dan afgemaak. 

CS Lewis is nie 'n 'simplistiese evangelis' nie en beskou Genesis byvoorbeeld as 'n teks wat nie letterlik opgeneem word nie, beskou godsdiens as die mite wat waar is. Hierdie is die mite wat waar is en het sterk menings oor die vroulike en manlike aspekte van geloof en hoe dit uitspeel en word byvoorbeeld vergestalt in Aslan en word dit bespreek in die programme. 

Die programme is werklik waar werd om te luister en kan hier gevind word: 

 

CS Lewis and The Inklings, Part 1
Frank Faulk first explores the early life of CS Lewis, and the experiences that would shape him on his journey to becoming one of the 20th century's greatest thinkers and writers on Christianity.

http://www.cbc.ca/player/Radio/Ideas/ID/2411499215/

CS Lewis and The Inklings, Part 2
CS Lewis, JRR Tolkien, Owen Barfield and Charles Williams were the core of the legendary literary group The Inklings at Oxford University. They were united by a love of myth and the belief that it is through the imagination that reality is illuminated.

http://www.cbc.ca/player/Radio/Ideas/ID/2412729330/

Baie dankie

Wouter

 

Naskrif: 

Vir die wat belangstel tesame met bogenoemde het BBC Radio 4 'n program oor JRR Tolkien gehad wat ook laat verlede week vrygestel is: (In Lord of Rings en Tolkien kon ek nie kom nie, maar as deel van die Inklings is dit toevallig dat die twee programme kon saamval.)

Beyond Belief: (CS Lewis oorlede 50 jaar gelede)...
40 years since the death of JRR Tolkien many people remain as spell bound as ever by the richly detailed world he created in his epic works of fantasy fiction. The books are among the nations most loved and 150 million copies have been sold worldwide. The Peter Jackson films, first 'The Lord of the Ring' series and now The Hobbit, have been among the highest-grossing films of all time.
What underlies this enduring appeal? Tolkien, a devout Catholic, described The Lord of the Ring in a letter as "a fundamentally religious and Catholic work".

How are we to interpret the theology of Tolkien's world of 'Elves' and 'Orcs', 'Froddo' and 'Gollum', darkness and light? How do we reconcile Catholic symbolism with the magic and mysticism that lean to a more pagan reading of his stories? And what do these epic battles of good versus evil tell us about Tolkien's own faith and world view?

Joining Ernie Rea to discuss the religious and philosophical nature of J.R.R. Tolkien's literary works are Joseph Pearce, writer in Residence and Fellow at Thomas More College and author of 'Tolkien: Man or Myth'. Ronald Hutton, Professor of History at Bristol University, specialising in ancient and medieval paganism and magic. And Rev Dr Alison Milbank, Associate Professor, Department of Theology and Religious Studies, Nottingham University and author of 'Chesterton and Tolkien as Theologians'.

http://www.bbc.co.uk/iplayer/episode/b03bqchj/

  • 2

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Dankie vir die uiteensetting.

    C S Lewis is, net soos ons ander Christene, nie 'n perfekte Christen nie. Die enigste Een Wie perfek is, is ons HERE en kan ons slegs daarna streef en in SY genade en Krag nader en nader aan daardie status beweeg om uiteindelik soos HY te wees - heel haalbaar, met die regte toewyding en met SY Krag.

    Maar die belangrike van Lewis is dat hy dit reggekry het om die logiese in te sien, dat dit onmoontlik is dat God nie bestaan nie. Hy het dus voldonge tot die Godsbesef gekom en daardeur uit sy agnostiese kokon van inperking gebreek. Daarna lê vir hom, soos vir enigeen wie tot die geloof en bekering kom, 'n lang en interessante pad voor om te groei van baba-geloof tot volwasse geloof op die HERE se pad.

    Sy eerste stap was om die spiritualiteit te ontdek en terdeë te benut. Sy Christelike oortuiging is en die beginsels daarvan is deurvleg in die Chronicles of Narnia, waarvan hy basies die outeur is - daar het hy fabel, fantasie en mite ingespan om die Christelike beginsels deur te werk.

    Ongelukkig vir Lewis, het die bekering redelik laat in sy lewe gekom en was hy nog op die opwindende pad van groei en verlustiging in die wêreld wat spiritualiteit bied, toe hy as gelowige, dus geredde, tot sterwe kom.

    Mens moet dus die aan- en opmerkings wat hy gemaak het, in die korrekte perspektief  sien - oorblyfsels van vorige agnostisisme wat gaandeweg deur die vrug van geloof afgestroop word met opmerkings en uitlatings wat spore van beide laat op die pad soos hy gevorder het.

    Hy het ook besef dat Godsdiens beslis nie God is nie, maar die mens se spirituele manier om tot God te nader. Iets wat baie mense blykbaar net nie begryp nie.

    As ek so na die agnostici kyk, soos Redelinghuys, bou hulle hul hele kaartehuis van kritiek teen God en sake Gods daarop, wyl dit met God werklik niks te make het nie. Die doel van ware Godsdiens is juis om mense in staat te stel om te nader tot God, dit wil sê, om meer en meer soos HY te wees, om soos die HERE te wees. In die proses raak mense in die loop van die geskiedenis verward met dinge wat werklik verwyderd is van die Evangelie en bedryf dit dan saam  met hulle Godsdienssake, met die gevolg dat dit 'n gemors word omdat hulle suiwer en toegewyd begin, maar dan verval in al die ou verlokkinge wat gepaard gaan met mag en aansien en dan weer later deur 'n moeilike proses moet gaan om weer by die suiwerheid uit te kom- tipies van die Katolieke kerk in die Middeleeue en die meer moderne pogings om weer op spoor te kom. Maar die tipiese agnostikus verstaan van hierdie proses en dinamika niks en sal gedurig mense en kerke se struikeling uitsoek en voorhou om God mee te probeer bykom, sonder om ook die mooi en goeie, waarvan daar massas inligting oor bestaan, ook uit te wys om die werklike perspektief te bewerkstellig.

    Terloops, ek het Tolkien se The Hobbit besonder baie geniet - die man het 'n sonderlinge skryftalent en vrugbare talente gehad. Die fabelagtige 'magic' wat daarin vervat is, is duidelik onskadelike fabel aangesien dit geen verband hou met die tegnieke en resultate van die werklike satanistiese heksery, nie. Die aspek wat nou die tipe fantasie laat deurgaan, is dat daar nêrens in die storietjies enige aanbidding of rituele is wat kan aanstoot gee nie. Die 'magic' wat gebeur is maar meer 'n fabelagtige sameloop van natuurkragte sonder om aan die oorsprong daarvan te raak en dus 'n soort van neutrale posisie daaromtrent skep. Die trilogie, Lord of the Rings, was vir my egter gans te langdradig en mens verloor maklik belangstelling.

    Kobus de Klerk

  • Hello Kobus, 

     
    Baie dankie vir die reaksie. Dit is maar net my mening maar is ek nou nog beïndruk met dit wat Lewis voor staan en het nog steeds 'n 'sagte plek'  vir hom as persoon en sy denke, soos reeds bevestig was Lewis 'n konstante in my bewussyn van jongs af en nou nog steeds. 
     
    Na die program het ek die 'Cambridge Companion to CS Lewis & Theology of CS Lewis' aangeskaf, twee aparte boeke om 'n dieper gevoel van sy denke te kry. Wat uitstaan van die deel wat ek gelees het is die mening van die ontleders van sy uitsonderlik skryf talent en wat ek weet van ervaring hoe, welbelese en 'geletterd' CS Lewis is en het hierdie dit weer bevestig . 
     
    'n Paar jaar terug het ek wel 'n biografie van CS Lewis gelees en wou die uitreksel wat oor sy pad na geloof geplaas het met jou oorspronklike brief maar het teen dit besluit. 
     
    Die vrees was een van te veel inligting. 
     
    Ongelukkig kon ek nog nooit in Tolkien se werke kom en het die kopie wat ek van die trilogie gehad het geruil vir 'n boek oor bestuurskonsultante by my buurvrou waar ek gebly het. Ek kon ook nie eers deur die flieks kom nie, maar Aslan uit Lewis se verhale was 'n ander storie en het ek dit geniet. 
     
    Die middel paragraaf kan ek seker meer in akkoord wees, want daar is meer en meer die denke dat dit eerder God as godsdiens wat die kern van geloof moet wees en is die paradoks ook dat Lewis van Henn se argumente op 'n manier verwoord. 
     
    So ja, dinge is nooit eenvoudig nie. Mites, digkuns en die 'sprong', 'die verbeelding'  dat daar iets meer moet wees. Alles deel van die mensdom se kompleksiteit. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top