b’zar relasie

  • 0

Millennium Drie Krisis, hoe’k’l b’skou, een b’nard situasie,
meer sjelt, meer pl’sier, oorlog, armoed, in b’zar relasie,
meerd’rheid steeds oorg’laat aan minn’rheid se kil g’nade,
eerl’k onkwantifiseerbaar, wêr’ldwye struktuurg’weldskade

Gini-koëffisiëntkloof, ’t groei net wy’r en wy’r,
wie sou wou sien lat’t onstuitbaar voortgaan,
groot-kapitaal-gasbore privaat-Karoo ingaan,
g’loof, nukleus-’n-al, voor “Duiw’lspiek” stei’r

mette dollar-’n-dag kan Mens ma’ bra min eet,
uitbreek v’n een’f ann’r opstand onafwendbaar,
al w’t oorbly, as oploss’ng: G’wete-herwinn’ng

t’n minste een profeet p’r eeu, iemand wat iets weet,
dié wie hoor, nie v’rgeet, sien w’t Mens in g’sig staar,
koms v’n uitkoms, ’t verg absoluut omvatt’nd b’sinn’ng

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top