Byvoeging tot my brief gister oor Dirk se 'Opsomming'

  • 0

Dirk sê (29 Oktober), toe hy begin afsluit:

Kortliks nog ‘n kwessie: Enigiemand wat dink die status quo (‘n wit minderheidsregering) kon na 1994 gehandhaaf word, lewe in ‘n gekkeparadys. Apartheid se tyd was finaal verby, finish en klaar. Slegs die mense op die regse lunatic fringe het anders gedink, en kyk hoe’t hul lyke gelê langs die flentergat Mercedes-Benz na die slag van Bophuthatswana. Tragies as mense die gety verkeerd lees.

Hy mag reg wees maar dis bloot 'n opinie want die enigste rede vir hierdie stelling (behalwe nou 'finish en klaar') is die " ... lyke .. langs die flentergat Mercedes."  Dink Dirk nou werklik die paar AWB's wat Bophuthatswana ingevaar het, het 'apartheid' beëindig?  Ek sit 'apartheid' in aanhalingstekens want Dirk het nie verduidelik wat hy daaronder verstaan nie.

Wat mens wel met sekerheid omtrent 'n gekkeparadys kan sê is dat diegene wat gedink het 'bevryding' gaan 'n alternatief wees, en dat dit die wêreld lief gaan maak vir ons, en voorspoed en vrede gaan bring is toe dié wat in 'n gekkeparadys geleef het soos gesien kan word aan die huidige toestand in die land.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top