byna so goed soos Hollywood

  • 0

kapitaal lat hoog brand, vreugdevuur,
een land narie ann’r val in byrie plan,
g’koöpteerde-koalisie, ’n g’dugt’ span,
steunboodskap heen-’n-weer g’stuur

magsblok t’rdeë b’wus v’n Millennium Drie Krisis,
oorlogsb’nardv’rwardheid, ’n legitimiteitsp’narie,
onn’r onkund’-ontkenn’ngsekspertpressie, g’dorie,
skryf revisioniste, retrogressief, revisie van storie

sied, woed, gier, v’rwoes, (tipies) struktuurg’weld,
slagoff’r altyd anoniem, lyd’ng (tipies) onv’rmeld,
moordwap’n g’skik, g’pas, doelspesifiek, ry-’p-ry,
Mens, sonn’r waard’gheid, p’r definisie, so “onvry”

v’rsoen’ng, vol g’regt’gheid, twintig ligjare weg,
slegs wet’nskapl’k verifieerbaarheid g’ag’s eg,
tyd v’r b’slegt’ng, vannie kwestie, ’s noggie reg

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top