b’sonn’rs watwonn’rs

  • 0

aysh, nu lat als g’prefabriseer, voorafv’rvaard’g,
kosmeties v’rseël, inne b’waarmidd’l g’(k)week,
muthi GM-l’k, frackl’k, voortkloon, Self afwat’r,
submissief aan wil-’n-wee (sjatan s’n) oorgee

hele droom, v’n Hem’l, lendawu, ’p Aard,
Mens Mens Self, buit’nspor’g b’daard,
aan vryheid, v’n g’lykheid, g’regt’gheid,
onn’rwerp, introduseer (mensl’k b’reid)

want slegs langs Skepp’r se “Long Walk”
s’l Mens sien, waar is Mens se Werk

opdoen v’n kennis, g’leerdheid, topprioriteit,
slegs via wysheid wen Mens enige stryd

só word g’loof, hoop, wet’nskapl’k, b’sonn’rs,
Lewe Een metafisies, spiritueel, watwonn’rs

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top