Bravo Ian, Niek en Amore!

  • 2

Ian Wessels het in een van sy programme 'n Engelse e-pos gekry en in Afrikaans gelees.  Mooi so, Ian!  Dis verfrissend anders as die meeste RSG-omroepers wat elke geleentheid aangryp om hulle pretensieuse Engels ten toon te stel.  Vir elke gas of inbeller wat sê sy Afrikaans is swak, is daar tientalle luisteraars wie se Engels net so swak as daardie gas se Afrikaans is.  So hoekom moet hulle, partykeer minute aanmekaar, na Engels op 'n Afrikaanse stasie luister? 

Niek de Jager het 'n Spaanse titel gelees en gesê op die gevaar heen van pretensieus te klink, gaan hy nie die Spaanse lispel gebruik nie; hy gaan die titels op Afrikaans uitspreek.  Mooi so Niek!  Ek hoop ander omroepers luister en staak hulle geforseerde gebruik van die Engelse 'r' (en natuurlik die Spaanse 'th') wanneer hulle Engelse woorde gebruik.  Terloops, daardie lispel het sy oorsprong in die feit dat een of ander Spaanse koning weens 'n spraakgebrek gelispel het en mense wat geag wou word (of uit simpatie, soos die dra van fetusse op hulle koppe in die program South Park?) het toe die koning nage-aap.

Amore se aandeel in hulpprogramme soos beesvoer verskaf aan die boere in drooggeteisterde gebiede is prysenswaardig.  Sy het destyds dieselfde gedoen ten opsigte van die nood in Karatra en die waternood in Beaufort-Wes.  Amore is 'n pronkperd (pronkmerrie is seker die regte woord maar netnou lees sy hier en neem aanstoot).

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Jan Rap

    Ons Afrikaanse lesers op hierdie forum Bravo saam met jou! Jy maak ons trots op ons taal asook effe versigtig, moet ek sê. Jou skrywes is foutloos en iets om te begeer. Dankie vir die standaard. 

  • Dankie Trienie maar ek verdien nie eintlik die kompliment nie; my manier van skryf is ..... nie so goed nie.  Iemand wat wel goed skryf hier (onder andere, hier's 'n hele paar) is Dirk Rigter.  Hy skryf nou wel, na my mening, 'n klomp twak maar hy dis dit in baie keurige Afrikaans op.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top