“Boesman”

  • 0

iemand ann’s was aan b’wind, doerie tyd,
aysh, glorie g’dorie, haat, nyd, bitt’rheid,
Mens Naaste totte “boschman” reduseer,
slaafnaam v’r oran utan in Afrika figureer

Eerstes nog heel laaste, heel agt’r in g’lid,
word daa’ mos nooit virrie /Xam g’bid,
virrie volksmoord (nie self-dood) ervaar,
“Boschjesman” dood g’sig in moes staar

miskien’t Rohlihlahla iew’rs, êr’ns, v’rgeet,
uitwiss’ng gat g’paard m’t pyn, bitt’r leed,
wragt’g, ’n streek b’kint’s “Boesmanland”,
hou Mens’t só, sosio-geografies in stand

Khoisankunst’naarskets, plus !ke e: /xarra //ke,
Eerste Mens wou toent’rtyd al saam-saam hê

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top