Ek hoor vandag op Loslip oor die draadloos dat die gesprek gaan oor die senior boer, Jan, wat met die dames kortaf was. Ek het toevallig die program gekyk. Ek het die program gemis waar die een dame sou geseg het sy gaan nie dit of dat op die plaas doen nie. Nodeloos om te seg dat sy nie op die plaas uitgekom het nie.
Ek wil nie sê dat Jan reg of verkeerd was nie. Volgens my het hy sy standpunt ferm dog beskaafd oorgedra. Daar sou dan geen misverstand daarna wees oor sekere moets en moenies nie.
Ek het die Neiderlandse Boer zoekt een vrou gekijk. Een ding wat my opval is dat die dollas in Neiderland nie op die plase gekuier het nie. Daardie dollas het gewerk, soos in gewerk. Geen pieknieke, partytjies en "quadbike"-uitstappies nie. Een program wat ek nooit sal vergeet nie. Die een dolla het met waterstewels en oorpak in die koeistal gestaan en die beesmis optel en skoonmaak. Goed mens moet appels met appels vergelyk. Hul omstandighede is verskillend van ons, maar op die plaas rondtrippel met opgeklitste hare tot 'n ligte sousie, en skerppunt skoentjies en heuphang-denims was daar nie sprake nie. Ek het van daardie dames jammer gekry. Ek dink van daardie Neiderlandse boere was onredelik en hard, maar so is die lewe maar. Hulle het saam met die boer opgestaan en begin werk. Nie in die kamers rondgehang en eers "war paint" of polifilla aansmeer nie.
My ma het gewoonlik die bees, vark of skaap bewerk as dit slagtyd was. Sy het my geleer hoe om die regte snitte te maak. Daar is seker jong dames wat dit kan doen, maar die poppe van die dorp/stad gaan dit nie maak nie.
Volgens die program dink ek ons dames is bevoorreg/bederf. Daar is mos nie meer diskriminasie teen vrouens nie. Hulle wil mos op gelyke voet hanteer word.
So as jy nie saam met die groot honde kan loop nie, sit jy op die stoep.
Staan sterk Jan. Op daai plaas is jy baas. 'n Plaas kan nie met meer as een baas nie.
Reusedwerg


Kommentaar
Mooi so Reusedwerg! Jy praat waar ou swaer ...
Reuse klein dwergie, Male Chauvinest Pig is te 'n sagte beskrywing vir hierdie geskriffie. (Waarskynlik sal jy nie weet wat dit beteken nie.) Span in jou wa en osse en trek die toekoms tegemoet. Dit wag op jou. O hel, die toekoms is reeds by jou verby! Gaan luister verder draadloos, TV is te dekadent en progressief vir jou. Jy't te veel beesmis opgetel in die koeistal. Geen vrou sal jou gelyke wil wees nie, jy ruik te sleg! En los tog asseblief Mammie se rokspante en spoeg die tiet uit, soos in uitspoeg, of hoe sê jy?
Ai nig Dirkie, skud tog asb jou kop/hoof dat jou ore jou wakker klap. Moenie 'n biets wees nie.
Daar is 'n verskil tussen die begrip "Boervrou" en "Boer se vrou", soos ek die tante voor die kerkdeur Sondag vir haar vriendin hoor sê.
Plaas daarvan dat ek na die herder se pleidooi aandag skenk, sit ek en dink toe hieroor na. Toe kyk my vrou en ek die program. Lyk vir my meer na 'n plaaspadstal waar negosie beskikbaar en uitgestal word.
Gmmmfff !
Raed-na-Gael
Reusedwerg,
Nig Dirk, ek is mos maar stadig van begrip. Ek sit toe en dink ek wonder hoekom het jy nie ingeskryf vir Boer soek 'n vrou nie?
Reuse klein dwergie, nou weet ons: Jy's een van daai paternalistiese bliksems wat glo dat vrouens, soos katte en honde, huisdiere is en so behandel moet word. (Jy lyk alte veel na 'n fan van Angus Buchan). Wat se ding is 'n "dolla" wat..."in die kamers rondgehang het en eers war paint of polifilla aansmeer..." en..."opgeklitste hare tot 'n ligte sousie..."?? O ja, en "...hulle wil mos op gelyke voet behandel word..." Hoe reken jy, moet mans vroue darem so af en toe as gelykes behandel?
Het jy 'n minderwaardigheidsgevoel jeens vroue omdat jy aan jou mammie se rokspante gehang het toe sy jou leer vleis werk het terwyl julle siembamba "oor die draadloos" geluister het?
En vir Trienie "jy praat waar ou swaer" die volgende: Gaan tel op jou man se vuil sokkies en sy nat handdoek in die badkamer, dis mos hoekom jy hom getrou het.
Reusedwerg
Ai nig Dirkie, jy is darem aggresief jong. Wil jy daaroor praat? Oppas dat jou grimering nie uitval as jy my met die handsak wil bykom nie. Kry 'n lewe of kry net iets. Ek lees tussen die lyne in jou briefie wat my erg bekommer. Gaan kry hulp of berading.
Klein dwergie, is dit nie interessant dat elke keer as jy beledigend wil wees jy die vroulike vorm daarvoor inspan nie! Jy fel 'n verdoemende oordeel oor jou paternalistiese self. Genoeg gesê ...
O, so terloops, sinsnedes soos..."Oppas dat jou grimering nie uitval as jy my met die handsak wil bykom nie..." is hoërskoolgedrag, so min of meer tot graad 8, en as jy besonder onvolwasse is, dalk graad 9. Niks hoër nie. Waar pas jy in??
Alhoewel 'n voordeel, is Afrikaans sekerlik ook nie juis 'n kwalifikasie om Boervrou te wees nie ... die passie om raak te kan skiet en 'n vis uit die water te pluk, is veel belangriker ... hierdie dame:
http://www.melissabachman.com/
https://www.facebook.com/DeadlyPassionMelissaBachman
... herinner my sterk aan my eie niggies wat ook maklik kaalvoet oor die berg sou trek en nooit hul neus (so ewe met kamera om die nek) vir lewe en dood sal optrek nie ... ek is geseënd met so 'n lewensmaat aan my sy wat alles wat ek huis toe bring, in 'n feesmaal kan omskep ... Boervroue, is kosbaarder as goud ...
Julle is verniet so fyngevoelig teenoor mekaar. Sien bietjie die humor ook in mekaar se briewe raak, of positiewe. My opmerking was heel humoristies bedoel Dirk, verskoon as jy meen dit het met vuil sokkies te doen gehad. Klink my ek was uit lyn uit, want ek kyk nie na Boer soek 'n vrou nie. Het rerig nie tyd nie. Geniet dus jul program verder.
Reusedwerg, versigtig. Moenie jou gesindheidstoetse dop, asb. Jy kan beter.
Dankie tog Trienie. Soos die spreekwoord lui, 'n goeie begryper het 'n halwe woord nodig. Soos die armes van gees onder ons, kry jy die humorloses en selfaangestelde morliteitspolisie en regters. Gelukkig steur ek my nie aan diesulkes nie. Die lewe is daar om te geniet en sien ek gewoonlik die humor in goed raak. Ek kry die humorloses baie jammer. Ai wat kan mens seg.