Bill Maher het gewis 'n paar raakvatte in sy veronderstellinge, maar val ietwat plat in die ware sin van die woord ateïs - naamlik bedoelde en Godslasterlike aktivisme.
Sien, as iemand gewoon nie in, of aan God glo of so bely nie (byvoorbeeld babas), dan het jy met 'n ander soort ateïsme te make wat hoegenaamd nie naastenby iets religieus is nie.
Maar wanneer iemand so doelbewus 'n bespotting van God probeer maak soos menige verwaande ateïs wel doen, dan is dit gewis 'n saak van bloot die anderkant van dieselfde munt - en impliseer dit selfs ook DIENS aan God!
Ja, nes Farao van ouds se verharde hart God gedien het, net so dien Godslasteraars en selfs Satan, ons almal se Skepper.
Dis regtig nie maklik om soveel tyd hier en elders op my weg aan die Evangelie te wy nie.
Maar, dis my vreugde; net dit waarvoor ek opoffering maak, swaarkry en moeite doen, maak my lewe werd!
Dankbaar vir die vreug in my hart in onse Skepper, kan ek ook heelhartig getuig dat ateisme, gans en veels te maklik is om waarde in my bestaan te heg.
Briljant, en val dit glad nie plat nie en is dit kritiek wat die ergste vergrype van godsdiens toekom en verdien.
Die Palin's die Falwell's, die Kobusse met hul eindelose briewe oor homoseksualiteit en voorskrifte oor alles en nog wat en oor hoe die samelewing moet leef. Met 'n geskiedenis wat Adam en Eva, Noag en ander mites as werklik sien. Opgeskryf in die geskiedenisboeke. Nie een geskiedenisboek in my versameling begin in Eden, gaan verby Noag en bevestig die mensdom soos dit vandag is, as afstammelinge van die wat oorleef het in 'n groot vloed.
So ook Henn wat met 'n skepping hier rondhang wat vreemder as vreemd is maar volgens sy vertellings bestaan hierdie skepping al van die begin van tyd en is daar 'miljoene katolieke'.
Maar kan nie 'n instelling bevestig wat 'daar buite' is nie.
Die vraag is soos altyd, alhoewel daar 'n plek vir godsdiens, wanneer gaan dit beter word.
Van die aansprake is net te dik vir 'n daalder.
Kritiek op hierdie belaglike aspekte, is nie spot nie, maar slegs kritiek.
Kommentaar
Beste Leon,
Menige waarheid word in 'n grap vertel ...
Bill Maher het gewis 'n paar raakvatte in sy veronderstellinge, maar val ietwat plat in die ware sin van die woord ateïs - naamlik bedoelde en Godslasterlike aktivisme.
Sien, as iemand gewoon nie in, of aan God glo of so bely nie (byvoorbeeld babas), dan het jy met 'n ander soort ateïsme te make wat hoegenaamd nie naastenby iets religieus is nie.
Maar wanneer iemand so doelbewus 'n bespotting van God probeer maak soos menige verwaande ateïs wel doen, dan is dit gewis 'n saak van bloot die anderkant van dieselfde munt - en impliseer dit selfs ook DIENS aan God!
Ja, nes Farao van ouds se verharde hart God gedien het, net so dien Godslasteraars en selfs Satan, ons almal se Skepper.
Dis regtig nie maklik om soveel tyd hier en elders op my weg aan die Evangelie te wy nie.
Maar, dis my vreugde; net dit waarvoor ek opoffering maak, swaarkry en moeite doen, maak my lewe werd!
Dankbaar vir die vreug in my hart in onse Skepper, kan ek ook heelhartig getuig dat ateisme, gans en veels te maklik is om waarde in my bestaan te heg.
Namaste!
Cornelius Henn
Hello,
Dankie Leon - ek het nou heerlik gelag!!!
Hello Leon
Hierdie een van George Carlin was nog altyd my gunsteling:
http://www.youtube.com/watch?v=OpL2m6XJhQw