Millennium Drie Homo Sap-Sap kapp’t nat,
oorlog, Self-d’struksie, in situ’s kwaai b’nard,
uitbuit’r, uitg’buit’ne, albei ewe veel v’rward,
kitssatisfaksie-orgasmeuforie, in hoogst’ rat
rolmodel, voorbeeld, struktuurg’weldsindroom,
v’rkrag-’n-moor Mens onskuld, sonn’r t’skroom,
hulp’loosheid, ja, laat voel ou’r garde onmagt’g,
“Duiw’lspiek” so mooi misg’kyk, Allah Kragt’g
hier’p Aard dryf magskapitaal ontwikk’l’ng,
meerd’rheid oning’lig, re G’-herwinn’ng
toegee, soos ’n Askari: NDR’t g’n keer,
BSB-drom’r nagmerrieus, erg, v’rsteur
beste Pad, dié na Twee, Tweede Lewe,
glo Mens glo: g’loof’s ware strewe
Jacobus Faasen

