because why hoekom

  • 0

nôba haar Ov’rsprong, dié v’n “Moed’r se Tong”,
H2O (stroom)(borr’l)(vloei), onn’r yt, m’sleur’nd,
re Afrika-taal-status, meerd’rheid goedkeur’nd,
want Afrika, dis mos waar Afrikaans hoort, jong

spiritueel migrasie, onkund’-ontkenn’nd, wêr’ldnasie,
Millennium Drie Homo Sap-Sap, inne vreemd situasie,
niks meer nes’t was, selfs nie fiksie v’n “ras”-’n-“klas”,
ong’lyk speelveld, ’t’s v’r b’nadeelde wragt’g onvanpas

kanti, post-“isiBhulu” lykie toekoms bai’ blenk,
in Afrikaans Mens, Hamdrilah, lekke renkenk,
via Afrika Afrikaans Mens ’n nuwe lewe skenk

Mens Mens dus toespits’p Veritas, ’p Waarheid,
ontslae t’raak v’n struktuurg’weld, v’n apartheid,
b’reid tot afskeid, van sup’r-ultra-ytg’diendheid

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top