aysh, ayna

  • 0

’s hierie blues wat Mens so bleddie hartseer maak,
magt’loos mag-loosheid, ’n sup’r-ultra-waarheid,
“regstel”-nagmerrie, trippel-B-dubb’l-E-apartheid,
Self-bann’l’ng, ver weg, innie byteland, zero g’traak

in Europa, Brittanje, Kanada, VSA, Australia,
oud-Broerbonn’rs, inne bonn’l, vort, yt Azania,
kanti, lees mos nog graag wat gat in Orania aan,
issie terroriste al neo-Verwoerdiaans v’rslaan?

maar onn’rdrukk’ng, via mag, ’t kannie,
nie innie praktykie, nog minn’r in teorie,
g’steeld’ land, ’t’s is noggie t’rugb’sôre,
wat’t nà nu v’n Konsiënsie g’wôrre?

v’rkrimpte dialekties ontsteld, re ytkoms, v’n struktuurg’weld,
v’r veels t’lank moes Naaste superioriteitsindroom ontgeld

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top