aysh, Allah

  • 0

sou Mens, Self, net sien hoe d’struksie vord’r,
sou Mens, m’t struktuurg’weld nie meer bodd’r,
aaire, yttjek, wie’s volg’ne, Oorwinn’ng t’proe,
hoe kennis sprei, Kaap tot Kaïro, via Timbuktu

as ateïs Gondwana-g’skied’nis sou erken,
as theïs G’wete net weer t’rug wou wen,
sou Wese lag-lag Wese v’n ubuNtu b’gryp,
dan glattie kans v’r wegkom, of net ‘escape’

“Duiw’lspiek”-siek loep ultra-diep innie Vlak,
g’sondheid, v’n g’loof, rêrig sup’rswak

meerd’rheid word sosio-afstandl’k b’heer,
aan onkund’-ontkenn’ngskunde nu g’n keer

dié wat weer in Paradys, Jena, wil gat woon,
as idiote uitg’kryt, g’treit’r, b’spot, g’hoon

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top