doktor Nelson Rohlihlahla Mandela,
rus nou in vrede, nie soos’p Aard’
naaste, mede-Mens, nie g’weeg na waard’,
elkeen v’r hom-, haar-, Self, virrie duiw’l,
let wel, noggie b’sleg, hoe Mens hann’l,
styf bo-lip, skewebek, sleeptong, momp’l,
onn’r Jehova Water Waarheid w’l domp’l,
nes een w’t sjatansv’rskrik’s, heel sjemp’l
maar u wil was meerd’heid s’n, g’wis,
analis’t Self deegl’k daaroor v’rg’wis,
navors’ng saamg’vat inne publikasie,
t’veel nog oning’lig, re ong’lykheid
elk soustrein ramm’l v’rby g’regt’gheidstasie,
lat ghettob’won’r net verd’r hlopekha, kr’peer,
ai, sjatansubmissiewes Godswil net ignoreer
nie noodwenn’g toe soos deur u b’geer,
wêr’ldburg’rskap triomfantl’k t’paradeer,
Homo Sosio-Spiritueel, Mens, t’waardeer
Jacobus Faasen

