Ark v’n Hoop

  • 0

Self-d’struksiwiteit, aysh, ysl’k naarheid,
lat Mens Mens Self onnod’gl’k v’rontreg,
mishann’l, b’hann’l, “onn’r-hanne”-b’leid,
disse stryd, g’slag, op g’slag, onb’voorreg

Mens Mens Self viktimiseer, byrie afgrond af,
“Duiw’lspiek”, voor God, sowaar onaang’raak,
hoofikoon g’wet’nloos, bowe sjy dissip’ls waak,
Mens Mens Self, so sup’r-ultra-submissief straf

onkund’-ontkenn’ngskunde, niemand kry iets in sak,
moord, doodslag, g’regt’gheid hang iew’rs aan ’n tak,
g’wet’nlose sien mossie Self: Homo Sapiens isse wrak

kanti, ytkoms inn’rdaad ommie draai,
yebo, wyl Moed’r Aard voort roteer,
Ark v’n Hoop nog glattie in Haar maai

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top