selfs spinsangomas voer m’t Self, ’n intra-debat,
as rasionalisasie, v’rlegitimiser’ng, vanne leuen,
waar’p Mens, onvoorwaard’l’k-submissief steun,
sit ’n tob, re eie lot, peins’nd, saans laat innie bad
want struktuurg’weld, oorlog, d’struksie, nihilisme,
wann’r moord oorlog is, oorlog moord, ’n “-isme”,
tussen aanhal’ngstek’ns, noggie sistemies ing’burg’r,
impak, v’n Duiw’lspiek-siek, wyd ’n syd, al hoe erg’r
uitkoms, antwoord, oploss’ng v’r “tjêllins” afwes’g,
spiritueel d’mensie kontensieus, affekteer hele spul,
net Mens m’t G’wete s’l eksistensie-krisis deursien
kapitaalslawe, aysh, m’t onkund’-ontkenn’ng t’bes’g,
deur die bank sit’l oppe wit klip, ied’r sjatansdissip’l,
kry nu honn’rd p’rsent wat’l honn’rd p’rsent v’rdien
Jacobus Faasen

