Antwoord vir Dirk (Chaos-en-verval-is-goed-want-ek-het-myself-daarvoor-beywer) Rigter

  • 1

Dirk, in antwoord op jou brief van 13 deser, 'n paar gedagtes vir jou en jou mede-ontkenners en –gebreinspoeldes om aan te kou.

Op 'n punt van orde: Niemand het stemreg van die volke "wat al eeue in die land woon" weggeneem nie want hulle het in elk geval nog nooit in al daardie eeue gestem nie. Die feit dat hulle nooit gestem het nie was nie omdat hulle nie stembriefies, stemhokkies en potlode gehad het nie maar omdat stem inherent is aan 'n regeringsvorm wat bloot, "deur die eeue", net nie vir hulle gewerk het nie.

Bietjie meer oor jou "land van geboorte": Van Vila Real in Portugal tot Aachen in Duitsland is, padlangs, 2 009 kilometer en die pad vat jou deur Spanje, Frankryk en België. As jy wil kan jy bietjie van 'n ompad ry en deur Italië, Switserland en Luksemburg ook ry.

Van Thohoyandou tot Kaapstad is padlangs min of meer dieselfde as van Portugal na Duitsland (Googlemaps – eerste roete het gewys 2 029, toe later 1 942). Dit sal dus glad nie ongewoon wees om verskillende lande op so'n teë te kom nie. Die feit dat jy in elk geval 9 of 10 tale op jou tog gaan raakloop dui daarop dat daar in elk geval 9 of 10 lande was, en dus behoort te wees.

Op die manier was daar dan ook nie sprake van om, soos jy beweer, 11 000 mense te verskuif nie want hulle is reeds daar soos byvoorbeeld Swaziland en Lesotho. Diegene van hulle wat hulself in ander lande bevind weens werk of iets, soos byvoorbeeld 'n Swazi in Lesotho of 'n Afrikaner in Venda, is steeds welkom; hy kan net nie daar stem nie want hy is nie 'n burger van daardie land nie. Eenvoudig nè, presies soos 'n Duitser wat nie in Portugal kan stem nie.

Deur weer die lande daar te stel sou meer prakties en regverdig wees; dit sou die ideaal van demokrasie vervul het en lewensgehalte en menswaardigheid aan die hand gewerk het, die juiste idee waarom daar so regeringstelsel soos demokrasie is. Dit werk korrupsie teë deur te sorg dat 'n regering wat nie presteer nie uit die saal gelig word.

Die 'demokrasie' waarvoor jy jouself beywer het, daarenteen, is 'n gemors. Korrupsie is aan die orde van die dag, die ekonomie is in sy peetjie en onderwys en gesondheidsdienste bestaan byna nie meer nie. Lewensgehalte van veral die swartes het drasties afgeneem. Die 'stem' wat hulle toe gekry het, en waaroor jy so hoog opgee, is niks werd nie: Dag vir dag (met ander woorde DAAGLIKS) is daar opstande, betogings, bandebrand- en klipgooiery JUIS omdat die regering nie sy kant bring nie en, kyk nou mooi, WEER EENS gaan die regering die meeste stemme kry.

As jy werklik dink die nuwe bedeling is teweeggebring omdat mense nie stemreg gehad het nie hang jy, om nou jou woorde te gebruik, 'n 'bankrot argument' aan. Jy is dan selfs naïewer as wat ek gedink het.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Jan Rap, kom ons ontleed onderstaande stelling van jou:

    ..."Op 'n punt van orde: Niemand het stemreg van die volke "wat al eeue in die land woon" weggeneem nie want hulle het in elk geval nog nooit in al daardie eeue gestem nie. Die feit dat hulle nooit gestem het nie was nie omdat hulle nie stembriefies, stemhokkies en potlode gehad het nie maar omdat stem inherent is aan 'n regeringsvorm wat bloot, "deur die eeue", net nie vir hulle gewerk het nie..."

     

    Jou argument is dus:

    1. Die feit dat mense oor jare nie in hul geboorteland kon stem nie, regverdig hierdie onreg in die oneindigheid in.

    2. Swart, Bruin en Indiërs is inherent nie bekwaam om te stem nie, want so 'n regeringsvorm het ..."deur die eeue net nie vir hulle gewerk nie.." (Hoe rasneerhalend is jou stelling nie. Ten minste is jy eerlik oor wat jy van hierdie mense se vermoëns dink).

    Wat van die Swart, Bruin en Indiërs wat nie ..."reeds daar..." was nie. Waar moes hul hul regmatige burgerregte uitoefen sonder gedwonge verskuiwing? Bv. die miljoene, gebore en getoë in die stedelike gebiede van die RSA? (Teloops, waar is "reeds daar"?)

     

    Jy sê verder: ..."die ekonomie is in sy peetjie en onderwys en gesondheidsdienste bestaan byna nie meer nie. Lewensgehalte van veral die swartes het drasties afgeneem. Die 'stem' wat hulle toe gekry het, ... is niks werd nie..."

     

    1. Absolute nonsens: Spasie ontbreek vir meer inligting, maar lees die volgende wat op 26-11-2013 deur die Universiteit van Kaapstad gepubliseer is:
    2. "Recently released studies by the University of Cape Town’s (UCT) Unilever Institute of Strategic Marketing found that the black middle class population had grown to 4.2-million. This increase from the 1.7-million in 2004 goes hand in hand with increased spending power. The black middle class spends R400-billion annually, far more than the R323-billion spent by the historically wealthier white middle class. The UCT study classified South Africa’s middle class as households earning between R15,000 and R50,000, with their own transport, a tertiary education, employment in a white-collar job and owning their home or spending more than R4,000 a month on rent. (Ekonomie in sy peetjie??)

    2. Gaan vra énige Swart, Bruin of Indiër persoon  wat nie voor 1994 kon stem nie, of hulle weer na die ou 
        Apartheidsbedeling wil terugkeer omdat ..."hul stem niks werd is nie.."  Hoe naief is jy?
     
    Wees absoluut eerlik: Die rede waarom jy en eendersdenkendes so terugverlang na Apartheid, is omdat julle die post-apartheid gelyke behandeling van alle landsinwoners nie kan verdra nie. Punt

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top