Brief antwoord op: 'Help ou TV-reeks: Misdaad"

  • 2

Ek weet die antwoord is dalk so ’n paar jaar te laat.

Misdaad was / is  ’n oorgeklankte Duitse reeks "Tatort", wat nog steeds elke week in Duitsland loop. Elke Duitse Federale Staat produseer ’n paar vollengte films ’n jaar, elk met sy eie regionale inspekteurs.

Inspekteur Haverkamp, soos genoem in die brief, was vertolk deur ’n gesiene Duitse akteur, Hansjörg Felmy, wat ’n paar jaar terug oorlede is.

Ek woon nou in Duitsland en hoor nog elke Sondag aand dieselfde temamusiek.

Harry Klein van Derrick was gespeel deur Fritz Wepper, en het die laaste tien jaar sy eie reeks "Um Himmels Willen"

Groete,

Colin Roets

  • 2

Kommentaar

  • Michael Pedro

    Hello daar, ek soek ook vir Derrick en misdaad Afrikaanse oorgeklankte reekse. Kan u laat weet van koste en beskikbaarheid asb. Sal dit regtig waardeer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top