Beste Angus
Ek reageer op jou kommentaar onderaan my brief van 19 deser.
Jy sê ek verstaan nie die linguistiese beginsels waarop jou 'argumente berus' nie. Daar is geen linguistiese beginsels ter sprake waar geradbraakte taal gepraat word nie. Miskien sosiale beginsels, gebrek aan kennis, omhelsing van 'n gewaande superieure kultuur, so iets maar beslis nie linguistiese beginsels nie.
Jy wil weet wat my stelling oor die 'kennis van Engels' beteken. Snaaks dat jy dit vra want jy is die ou wat aangevoer het dat Gert die vreemde woorde in Steve se teks MOET verstaan omdat Gert in Suid-Afrika bly en dus Engels sal ken.
Jy wil ook weet wat ek bedoel met 'outomaties suiwer Afrikaans'. Wel, jy is die ou wat geradbraakte Afrikaans probeer verdedig het deur vreemde woorde as leenwoorde te klassifiseer. Die gebruik van woorde soos 'achieve', 'goals', 'set' en 'usually' het jy dus nie as geradbraakte Afrikaans beskou nie, jy het aangevoer dis Afrikaans. Afrikaans teenoor geradbraakte Afrikaans is dus suiwer Afrikaans.
Jy vra wie die spreker van "usually, as ek vir my goals geset het, achieve ek hulle" was. Snaaks dat jy dit op hierdie stadium vra want tot nou toe het jy dit verdedig as nie-geraadbraakte Afrikaans. Ewentwil, die ou was 'n chef op KykNet. Om jou vraag te beantwoord oor wie die hoorder was, dit was die onderhoudvoerder op KykNet en, natuurlik, aangesien dit op televisie was, was almal wat daardie aand TV gekyk het ook hoorders.
Angus, ek bewonder jou eierdans; jy is nie 'n ou wat maklik besgee nie maar dink jy nie dis tyd dat jy erken dat daar wel so iets soos geradbraakte Afrikaans bestaan nie?
Groetnis
Jan Rap

