Ek stem heelhartig met Hans saam dat die Amerikaners nie die wêreld se polisman is nie. Hulle dink in elk geval so maar ek dink daar is 'n verrassing wat op hulle wag.
As mens die Amerikaners se geskiedenis lees, is die enigste oorlog wat hulle ooit gewen het die vryheidsoorlog. Ek kan nie dink aan een oorlog wat die manne al ooit gewen het nie, nie dat daar gewoonlik 'n wenner of verloorder is nie.
Oral waar hulle hul neuse ingedruk het, het hulle teenspoed opgetel. Wat ek hulle krediet kan gee is dat hulle in ander lande kan aanjaag. Jy kan sien in Panama. Hulle het Noriega wat teen die destydse regering gekant is opgelei en terug gestuur. Hulle het gehelp met die omverwerping van die regering en Noriega gehelp om aan bewind te kom. Die het in Liberië en in Zaire gebeur. Nou onlangs in Egipte. Die dame in Ghana is ook 'n produk van die VSA. Sy het daar studeer en is gehelp om aan die bewind te kom.
Die Amerikaners het hierdie taktiek by die Britte geleer. Die moere het die "divide and rule" strategie vervolmaak. Jy saai onmin in 'n land dmv nie-regeringorganisasies. Hulle is die voetsoldate om sogenaamde humanitêre hulp te verleen. Ons kan dink hier aan ons eie geagte Thabo wat sedert 1958 in Engeland was. Hulle het hom geskool en terug gestuur. Die manne wat grondonteiening in die land voorstaan is 'n Britse NRG wat die organisasies finansieel steun wat die inisiatief ondersteun. Elke land se regering is deur die "bevolking" verkies. Sodra daar iets is wat die Amerikaners soek, bv olie, word die betrokke regering diskrediteer en 'n rebelle-organisasie word op die been gebring. Die rebelle "veg" teen die "onwettige" regering en word ook sommer van wapens voorsien. Dan raak Amerika kwaad en moet die bevolking gaan help. Wat my verstand te bowe gaan, wie gee die Amerikaners die reg om in 'n ander land in te gryp. Elke staat het die plig om sy bevolking te beskerm en reg en orde te skep.
Dit kom by die huidige situasie in die land. Wat maak jy as jy 'n land wil "oorneem". Jy saai onmin onder die bevolking. Jy dryf 'n wig tussen die verskillende bevolkings en etniese groepe in. Eerstens stig jy wantroue en afguns, die rassekaart kom ook dan ter sprake. In al die Afrika-lande is dit duidelik. Die Weste pomp dermiljoene Dollars en Euros in die lande in, vir wat, die grondstowwe. Hulle het nie 'n saak wie regeer nie, solank dit hul man is.
Iemand gaan eendag net moer pluk en die Amerikaners ordentlik gas gee. Mens weet net nie wie nie.
Reusedwerg


Kommentaar
Beste Reusedwerg,
My komplimente oor jou insig en skerp opmerkings oor die VSA en sy buitelandse beleid. Suid-Afrikaners het groot geword met 'n Anglo-Amerikaanse propaganda-pers wat die ware motiewe van hierdie lande se buitelandse beleide mooi verdoesel en verpak het, en die spreekwoordelike "bottom line" was maar altyd eiegewin: die beskerming en uitbreiding van hulle ekonomiese mag en slaankrag.
Nou wag ek vir die dag wanneer hulle met China begin neuk want niemand het ooit gereken tot watter mate hierdie land kan ontwikkel, en só vinnig, en dit maak die VSA baie senuweeagtig.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Wat verwag mens dan andersins van die Witte Weste met sy kak geskiedenis in die opsig?