Ek het nie die begrafnisdiens in die sokkerstadium verlede week gekyk nie. Ek het die nuus gesien dat Jacob Regop Stortkop (JRS) uitgejou is en dat daar 'n potsierlike mannetjie stuiptrekkings op die TV gekry het. Hulle het genoem dat hy gebaretaal gepraat het.
Ek sien almal en alles (politieke ontleders en gesaghebbendes) is nou kwansuis onthuts oor die voorval dat Jacob (JRS) uitgejou is. Ek glo daaraan dat graffiti die arm man se koerant is. Ek glo ook daaraan hoe meer jy jou burgery vertrap en onderskat hoe groter word jou weersin in jou leiers.
Ek is trouens verbaas dat daar nie al lankal radikale optredes vanuit die gepeupel gekom het nie. Ek sien dit met die e-toll stelsel. Goed en wel die ding kom al 'n lang tyd en nou ewe skielik skrik almal wakker. Die regime het vir die mense gelieg. Die regime lieg elke dag vir die mense. Die gepeupel raak onrustig. Soos die Ingelse spreekwoord lui, of iets in dier voege, "you can bullshit a lot of people a long time, but you can not bullshit everybody all the time".
Die "swoeg en sweet" (struggle) tyd het die mense geleer om burgerlike ongehoorsaamheid aan te leer en toe te pas. Dit klop aan die huidige regime se deur. Hierdie keer is dit nie net broers in die verdrukking nie maar deur die bank. Die gepeupel/burgery is om die minste te se, gatvol. Gatvol vir die onbekwaamheid, self verryking, bevoordeling en plein alles. Ek sien die heer Peter Hain nou die aand op die TV. Ek kon die donner nie glo wat die moer kwytgeraak het nie. Ja deesdae is dit beter hier. Sus en soveel meer mense het water en krag. Goed en wel. Wie betaal daarvoor? Iets wat my maag ook erg omkrap is die alewige genasiebouery op die rugby, sokker of krieketveld. 'n Sportbyeenkoms gaan nie die land red nie. Nog minder gaan dit 'n nasie bou.
Al wat hierdie land gaan red is ingryping van ons Hemelse Vader. Geen anti-chris, aties, anargis of iemand anders kan hierdie stront uitsorteer nie. Eerstens moet ons onsself eers uitsorteer en voordat dit nie gebeur het nie gaan hier vet mooi nokkol gebeur.
HKGK (hier kom gawe Krismis) Die moer met die wit baard en rooi jas se pak is ook nader as sy volgende bord kos. Hy vee sy vet stert aan my briewe, vonkposse, smse, fakse en boodskappe af. Ek skiet sommer een van daai bokke vir biltong.
Reusedwerg

