Dit het onlangs bekend geword dat Beeld die moontlikheid ondersoek om sy kunsblad te sluit. Dit sal seker ook nie lank vat voordat Die Burger en Volksblad dieselfde doen nie. Dis
ontstellend dat 'n mens nêrens kommentaar lees van mense wat hierdie toenemende neiging na fillistynse barbarisme in die Afrikaanse media veroordeel en hulle daarteen verset nie. Of gee niemand net nie meer om nie? Hoekom swyg PEN Afrikaans daaroor? Hoekom sê ons skrywers en digters niks? Kan 'n mens sulke kulturele verval en agteruitgang duld? Is nuus oor Hollywood dan regtig belangriker? Wat 'n skande.
Gysbrecht Edelhart
Northcliff


Kommentaar
Moenie bekommerd wees nie. Ons sien nog net die ore van die seekoei. Ek wil jou ook tog waarsku dit is 'n baie gevaarlike stelling wat jy maak. Daar is mense wat jou sal wil stenig. Dit is maar tipies van die "hedendaagse Afrikaner". Rugraatloos. As jy iemand wil berispe is jy regs verkramp verstok anti transformasie en vooruitgang. Mens mis mos niks alvorens dit weg is nie.