Afrikaanse Digkuns in Een Les

  • 1

linkerhands:
Die Groot Verseboek,
oopgeslaan
by TT Cloete
Breytenbach
Andre Le Toit
Leopoldt
en die goete.
regterhands:
‘n lat
vir insig in metafore,
vergelykings, alliterasies,
assonansies
en voetnotas
van bekende literatore
: trek uit die tekkies
Van jou verdwaalde rympies
op webblaaie
soos graffiti langs
openbare paaie
: want jy staan nou
op heilige stront!

Amen.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top